Aus­sies se ge­skors­te S­mith on­der mes

Volksblad - - Sport - – Reu­ters

Die ont­eer­de Aus­tra­lie­se kap­tein Steve S­mith sal die oor­bly­wen­de deel van sy jaar lan­ge skor­sing pro­beer om weer sy fiks­heid te her­win, met ’n elm­boog­o­pe­ra­sie dié week sy voor­land.

Die 29-ja­ri­ge S­mith is in 2018 saam met Da­vid War­ner en Ca­me­ron Ban­croft ge­skors ná die veel­be­spro­ke bal­peu­te­ry-skan­daal in Suid-A­fri­ka.

S­mith, wat deur Krie­ket Au­stra­lië (KA) ver­bied is om in­ter­na­si­o­na­le of plaas­li­ke eer­ste­rang­se krie­ket te speel, het die be­se­ring in Bangla­desj op­ge­doen waar hy in ’n T20-li­ga ge­speel het.

Vol­gens ’n woord­voer­der van KA het hy die af­ge­lo­pe na­week na Aus­tra­lië te­rug­ge­keer, waar ’n skan­de­ring ge­wys het dat hy li­ga­men­te in sy reg­ter­elm­boog be­seer het. Hy sal mô­re ’n o­pe­ra­sie on­der­gaan.

Ná die o­pe­ra­sie sal sy arm ses we­ke lank in ’n hang­ver­band wees, waar­na hy met re­ha­bi­li­ta­sie sal be­gin.

Sy skor­sing ver­stryk op 28 Maart en KA hoop om hom weer deel van die na­si­o­na­le op­set te maak, met die Wê­reld­be­ker-toer­nooi en die reeks om die As (ná die WB-toer­nooi), wat van­jaar in En­ge­land voor­lê.

Ban­croft se skor­sing het aan die ein­de van De­sem­ber ver­stryk en hy vind tans weer sy voe­te in die Big Bash Le­a­gue, Aus­tra­lië se T20-reeks.

S­mith en War­ner het be­ne­wens hul be­trok­ken­heid in ’n paar oor­se­se T20-li­gas ook klubkrie­ket in Syd­ney ge­speel in ’n po­ging om wed­stryd­fiks te bly.

Se­dert S­mith en War­ner se skor­sing het Aus­tra­lië erg klei­ge­trap op die in­ter­na­si­o­na­le ver­hoog.

Hy het die laas­te toets teen die Pro­te­as (op die Wan­de­rers) en so­doen­de ook die reeks ver­loor.

Die Aus­sies het daar­na ’n toets­reeks teen Pa­ki­stan in die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te ver­loor en toe boon­op ook die eer­ste keer op tuis­bo­dem teen Indië ’n pak slae in ’n toets­reeks ge­kry.

Aus­tra­lië het wel sy een­dag­reeks teen Indië Sa­ter­dag op ’n wen­noot be­gin toe hy met 34 lo­pies in Syd­ney ge­wen het.

Die WB-toer­nooi be­gin van­jaar op die 30 Mei en die eind­stryd word op 14 Ju­lie be­slis.

Die reeks om die As vind in Au­gus­tus en Sep­tem­ber plaas.

Aus­tra­lië sal aan die ein­de van A­pril sy WB-groep aan­kon­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.