Ro­ger het min ske­te dank­sy ‘ge­luk’

Volksblad - - Sport - – Reu­ters

Met die res van die ten­nis­wê­reld wat nog die on­ver­wag­se uit­tre­de van die S­kot An­dy Mur­ray pro­beer ver­werk, het die ve­te­raan Ro­ger Fe­de­rer be­sin oor die “ge­luk” wat hom tot op sy ou­der­dom nog so me­de­din­gend maak.

Die S­wit­ser sal van van­dag in die Aus­tra­lie­se Ope in ak­sie wees en is op soek na sy der­de op­een­vol­gen­de ti­tel in die eer­ste Grand Slam-toer­nooi van die jaar.

Mur­ray (31) het van­dees­week ver­ras met die aan­kon­di­ging dat sy ver­sky­ning op Mel­bour­ne Park dalk sy laas­te be­roeps­toer­nooi sal wees. Hy suk­kel met ’n kna­en­de heup­be­se­ring en ver­duur ge­wel­dig baie pyn.

Die aan­kon­di­ging maak die 37ja­ri­ge Fe­de­rer se loop­baan so­veel meer ver­stom­mend.

Hy jag in Mel­bour­ne sy 21ste Grand Slam-kroon en sy se­wen­de in die Aus­sie Ope. Dis sy 20ste ver­sky­ning hier en hy spring van­dag uit die blok­ke teen De­nis I­sto­min van Oe­z­be­ki­stan.

Hoe­wel die S­wit­ser deur sy loop­baan met die ti­pe py­ne en ske­te moes saam­leef wat eie is aan be­roep­sten­nis, was sy e­nig­ste werk­li­ke groot on­der­bre­king vir ’n be­se­ring in 2016.

Iro­nies ge­noeg het hy dié knie­be­se­ring op­ge­doen toe hy ’n bad wa­ter vir sy twee­ling­dog­ters in­ge­tap het.

Dit het ge­beur ’n dag na­dat hy in die half­eind van die Aus­sie Ope teen No­vak D­jo­ko­vic, die uit­ein­de­li­ke wen­ner, vas­ge­val het.

’n Jaar la­ter was hy weer te­rug op die baan.

Hoe­wel hy die be­per­kings van sy lig­gaam oor die ja­re leer ken het, is Fe­de­rer eer­ste om te er­ken ge­luk het ’n groot rol ge­speel het dat hy vir so lank re­la­tief be­se­rings­vry kon deel­neem.

Mur­ray was nie so ge­luk­kig nie. ’n Groot heu­po­pe­ra­sie ’n jaar gelede het nie die kon­stan­te pyn wat hy ver­duur ge­keer nie en die drie­ma­li­ge Ma­jor-wen­ner nou tot op die rand­jie van uit­tre­de ge­dwing.

“Ek was te­leur­ge­steld en hart­seer, ’n bie­tjie ge­skok eint­lik, om te hoor An­dy oor­weeg dit om uit te tree,” sê Fe­de­rer.

“Maar in een of an­der sta­di­um gaan ons al­mal die pad stap,” sê Fe­de­rer.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ro­ger Fe­de­rer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.