K­wik­sil­wer-Quin­ny her­in­ner op­nuut aan A­dam

Volksblad - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Toe die laas­te afle­we­ring van Fa­heem Ashraf se 12de boul­beurt blits­vin­nig te­rug ver­by die bou­ler skiet op pad grenstou toe, kon ’n mens uit Quinton de Kock se re­ak­sie sien wat dié hon­derd­tal vir die paal­tjie­wag­ter be­te­ken.

Vir t­wee jaar, se­dert Ja­nu­a­rie 2017, moes De Kock wag om sy vier­de toets­hon­derd­tal vir SuidA­fri­ka aan te te­ken. In­tus­sen was daar die frus­tra­sie van t­wee tel­lings in die 90’s, van swak spel­peil, van spra­ke dat Hein­rich Klaas­en sy plek in die toets­span be­dreig en van die Da­vid War­ner-trap­pe-on­der­on­sie ver­le­de jaar in Dur­ban.

Toe De Kock Fa­heem gis­ter­mid­dag vir ’n reg­uit-vier dryf, en die af­wag­ten­de Wan­de­rers sy voe­te en stem eu­fo­ries vind, het al daar­die frus­tra­sie ui­ting ge­vind.

De Kock se skit­te­ren­de beurt van 129 (138 bal­le; 18x4, 6x1) op dag drie van die der­de toets teen Pa­ki­stan, het die Pro­te­as ge­help om ’n twee­de­beurt-tel­ling van 303 aan te te­ken. Die be­soe­kers is so­doen­de die ui­ters uit­da­gen­de tei­ken van 381 ge­stel.

Hoe­wel Pa­ki­stan se beurt goed be­gin het met ’n ven­noot­skap van 67 om die eer­ste paal­tjie tus­sen I­mam-ul-Haq (35, 65 b; 4x4) en S­han Mas­ood (37, 66 b; 4x4), het t­wee paal­tjies deur Da­le S­teyn (2/37 in 12 boul­beur­te) dié span te­rug op die ag­ter­voet ge­plaas.

Du­an­ne O­li­vier (1/41 in agt bbe.) het nog ’n paal­tjie plat­ge­trek om Pa­ki­stan na­der aan die plan­ke te dwing.

A­sad S­ha­fiq (48*, 47; 8x4) en Ba­bar A­zam (17*, 21 b; 4x4) sal die be­soe­kers se beurt van­dag, dag vier, op 153/3 her­vat. Dié duo het laat in die dag mooi te­rug­ge­veg deur po­si­tief te kolf en vin­nig lo­pies aan te te­ken.

Pa­ki­stan is eg­ter steeds 228 lo­pies kort van die tei­ken en die Pro­te­as sal voel een of t­wee paal­tjies sal ’n to­ta­le in­een­stor­ting – en ’n skoon­skip-reeks­se­ge – mee­bring.

De Kock en Hashim Am­la (71, 144; 14x4) het die Pro­te­as se oor­nag­tel­ling gis­ter­og­gend van 135/5 tot 195 ge­voer. Hul ven­noot­skap van 102 het slegs 130 bal­le in be­slag ge­neem.

Na­dat Am­la uit is, het De Kock so te sê ’n al­leen­stryd ge­voer om Suid-A­fri­ka se voor­sprong ver­by 350 te stoot.

Hy het skit­te­rend saam met die stert ge­kolf en eers ’n ven­noot­skap van 28 saam met Ver­non P­hi­lan­der (14, 33 b) ge­deel, en toe ’n ven­noot­skap van 79 met Ka­gi­so Ra­ba­da (21, 62 b) saam­ge­slaan.

De Kock het die ska­re ge­trak­teer op krag­ti­ge hou­e­spel. Ver­al net ná die mid­dag­e­te het hy die lang­steel be­hoor­lik in­ge­lê en hom­self vin­nig op 99 be­vind.

Met dié se­nu­ter­gen­de sy­fer ag­ter sy naam, het Fa­heem be­gin in­stoom vir sy 12de boul­beurt. De Kock het die eer­ste bal ver­de­di­gend ge­speel en die twee­de afle­we­ring reg uit die mid­del van sy kolf te­rug ver­by die bou­ler ge­slaan.

Die op­ge­won­de toe­skou­ers was vas oor­tuig die bal is reg­uit op pad grenstou toe, maar toe kom De Kock se kolf­maat, Ra­ba­da, se lang be­ne in die pad.

De Kock moes nog drie se­nu­ter­gen­de af­le­we­rings trot­seer voor­dat hy in vreug­de kon spring en sy kolf in waar­de­ring na sy span­maats kon lig.

Dié beurt het uit­ste­kend ge­ïl­lus­treer waar­om dié 26-ja­ri­ge so be­lang­rik vir Suid-A­fri­ka is.

Toe hy in­ge­stap het, het SuidA­fri­ka 93 lo­pies op die tel­bord ge­had – ’n voor­sprong van slegs 170, met vyf paal­tjies plat. Am­la het boon­op ver­sig­tig ge­kolf, dus het die lo­pies nie juis ge­vloei nie.

De Kock het eg­ter ge­speel soos wat hy al­tyd speel – met in­stink, son­der ket­tings wat hom vas­hou of ver­smo­ren­de druk.

Hy het Suid-A­fri­ka ge­help om ’n by­kans on­aan­veg­ba­re po­si­sie in dié toets in te neem. In die pro­ses het hy vir al­mal wat straks die laas­te 24 maan­de ver­geet het, her­in­ner waar­om hy met die le­gen­da­rie­se Aus­sie­paal­tjie­wag­ter A­dam Gil­christ ver­ge­lyk word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.