Wo­z­ni­acki ‘luis­ter mooi na haar lig­gaam’

Volksblad - - Sport - – Reu­ters

Om ’n Grand Slam-ti­tel vir die eer­ste keer te ver­de­dig, voel soos ’n lek­ker uit­da­ging, sê Ca­ro­li­ne Wo­z­ni­acki, die Aus­tra­lie­se O­pe­kam­pi­oen.

Die wê­reld se nr. 3-spe­ler be­gin van­dag in Mel­bour­ne haar veld­tog om die ti­tel te ver­de­dig. Ru­ma­to­ïe­de ar­tri­tis is in 2018 by haar ge­di­ag­no­seer.

Na­dat sy in Ok­to­ber in Sin­ga­poer in die groep­fa­se van die WTA-eind­stryd uit­ge­ska­kel is, het die 28-ja­ri­ge Deen die nuus oor haar me­die­se toe­stand be­kend ge­maak. Sy het ver­le­de jaar die Aus­sie Ope, haar eer­ste Grand Slam-ti­tel, ge­wen.

“Jy moet maar net pro­beer uit­vind wat werk en wat werk nie vir jou nie.

“Luis­ter na jou lig­gaam en pro­beer din­ge an­ders doen om te sien of dit dalk be­ter re­sul­ta­te het,” het Wo­z­ni­acki gis­ter in Mel­bour­ne ge­sê.

“Vir my gaan dit net oor goeie be­han­de­ling, mas­seer­ses­sies, ys­bad­dens, baie strek en om als meer deeg­lik te doen as wat in die ver­le­de die ge­val was.

“Dan moet jy ook baie mooi luis­ter wat jou lig­gaam vir jou sê. As jy een dag nie te waf­fers voel nie, be­na­der als dan bie­tjie rus­ti­ger. Ek leer nou om be­ter na my lig­gaam te luis­ter.”

Na­dat sy in No­vem­ber in Sin­ga­poer uit­ge­ska­kel is, het Wo­z­ni­acki vir ’n ruk­kie op­ge­hou speel om haar “bat­te­rye te her­laai”.

Sy is ’n groot Li­ver­pool-on­der­steu­ner en het by An­field be­soek af­ge­lê om die P­re­mier­liga-sok­ker­span in ak­sie te sien.

Sy het eers weer op 1 De­sem­ber be­gin oe­fen.

Wo­z­ni­acki, wat die nr.1-spe­ler ter wê­reld, Si­mo­na Ha­lep, ver­le­de jaar om die Aus­sie Ope-kroon ge­klop het, se eer­ste stryd in Mel­bour­ne is teen die Belg A­li­son Van Uyt­vanck.

Met Ha­lep wat van ’n rug­be­se­ring her­stel het en nou op haar eie is na­dat haar en die af­rig­ter, Dar­ren Ca­hill, se paaie ge­skei het, is haar nr.1-po­si­sie dalk in an­der spe­lers se vi­sier. Maar dis nie iets waar­oor Wo­z­ni­acki tob nie.

“El­ke keer as ek vir ’n toer­nooi aan­tree, wil ek wen. Ek weet ek moet op my bes­te wees om dit te be­reik en, eer­lik­waar, dis al waar­oor dit vir my gaan, om tro­feë te wen.

“Ek is baie op­ge­won­de om as ver­de­di­gen­de kam­pi­oen hier aan te tree. Ek be­skou dit as ’n lek­ker uit­da­ging. Ek het da­de­lik op my ge­mak ge­voel in die oe­fen­ron­des op die Rod La­ver-baan. Ek is po­si­tief oor die week wat voor­lê.”

In­tus­sen het die Aus­tra­lie­se ten­nis­le­gen­de Mar­ga­ret Court voor­spel dat se­nu­wees Se­re­na Wil­li­ams se on­der­gang kan be­te­ken in haar jag­tog na haar 24ste Grand Slam-en­kel­spel­ti­tel. Dié een sal die A­me­ri­ka­ner met Court se re­kord van 24 ge­lyk laat trek.

Court sê be­roeps­wed­ders sit die pot mis dat Wil­li­ams een van die groot guns­te­lin­ge is.

“Ek dink dis moont­lik vir Se­re­na om 24 Grand Slams te wen en as ie­mand dit kan doen, is dit sy. Maar sy is ge­wis nie die guns­te­ling hier in Mel­bour­ne nie.

“Ek dink dis ’n baie on­voor­spel­ba­re toer­nooi vir vroue en ek dink ook ’n bui­te­perd gaan die ti­tel wen.”

Die 37-ja­ri­ge Wil­li­ams het 23 Grand Slams se­dert 1999 ge­wen – se­we in die Aus­tra­lie­se Ope, drie Fran­se O­pes, se­we op Wim­ble­don, ses Fran­se Ope-ti­tels en net so­veel in die A­me­ri­kaan­se Ope.

Court, nou 76 jaar oud, het haar 24 ti­tels tus­sen 1960 en 1973 ge­wen.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ca­ro­li­ne Wo­z­ni­acki, die ver­de­di­gen­de Aus­tra­lie­se Ope-kam­pi­oen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.