Ge­dig kom van ‘iets wat jou aan­gryp, wat jy sien’

‘My po­ë­sie nie méér per­soon­lik as e­ni­ge vrou­e­dig­ter s’n’ Die dig­ter Lina Spies is van­dag 80 jaar oud en sy er­vaar groot waar­de­ring en dank­baar­heid. Maar tot van­dag toe het sy nog nooit be­sluit om ’n ge­dig te skryf nie. Sy het met AJ Op­per­man ge­sels.

Volksblad - - Kollig -

Van­dag, op die be­kroon­de dig­ter prof. Lina Spies se 80ste ver­jaar­dag, gaan haar skryf­loop­baan on­ge­hin­derd voort, maar sy skryf ge­wis nie el­ke dag po­ë­sie nie.

“Ek het nog nooit in my le­we op ’n dag be­sluit van­dag gaan ek nou ’n ge­dig skryf en voor ’n pa­pier gaan sit en woor­de neer­skryf nie,” sê Spies.

Sy lees am­per el­ke dag po­ë­sie, ’n ge­dig per dag, min of meer, maar met die skep van ge­dig­te is sy vol­ko­me af­hank­lik van in­spi­ra­sie.

“Ek dink ek wil dit ver­dui­de­lik: Dis nie ’n bo­na­tuur­li­ke ding nie. Dis iets wat jou aan­gryp, iets wat jy sien, wat jy hoor, ’n koe­rant­be­rig wat jou boei. Dit kom op al­le ma­nie­re na jou. Ek dink in vers­re­ëls. Daar kom ’n re­ël by my op na aan­lei­ding van ’n waar­ne­ming of ’n er­va­ring.”

Sy be­skou dit as ’n gen­re waar­in troos ook op­ge­sluit is. Spies se de­buut­bun­del, Dig­by ver­ge­noeg, is in 1971 uit­ge­reik. Die dig­ter D.J. Op­per­man het ’n groot in­vloed op die aan­loop tot haar de­buut­bun­del ge­had. Spies was lid van sy eer­ste Let­ter­kun­di­ge La­bo­ra­to­ri­um aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Sy was la­ter ook sy as­sis­tent. Haar ge­dig “Vir An­ne Frank van Het Ach­ter­huis” is die eer­ste ge­dig wat Op­per­man vol­ko­me aan­vaar het.

“Hy het drie van my ma­nu­skrip­te ge­lees. Hy wou hê dat ek ’n sterk de­buut moes hê.

“Hy was el­ke keer sim­pa­tiek oor die ma­nu­skrip wat ek voor­ge­lees het. Hy het my op ’n dag be­soek en ge­sê: ‘Ek kan vir jou mô­re ’n uit­ge­wer kry.’ Maar toe het hy my aan­ge­raai om te wag en te gaan kyk wat doen Ne­der­land. Toe het ek sy wy­se raad ge­volg.” Dig­by ver­ge­noeg is met die Ing­rid Jon­ker-prys en die Eugè­ne Ma­rais­prys be­kroon.

“Dis nog al­tyd een van die sterk­ste bun­dels in my oeu­vre. Dit gaan nie by men­se ver­by nie, want hul­le bloem­lees aan­me­kaar (die ver­se) ‘ ’n Pa­ter­nos­ter vir Suid-A­fri­ka’ en ‘Vir An­ne Frank van Het Ach­ter­huis’.”

Dit bring ons ge­sprek by ’n saak wat sy nie heel­te­mal be­gryp nie.

“Daar word al­tyd ver­wys na Lina Spies se baie per­soon­li­ke po­ë­sie. Dis vir my ’n frus­tra­sie dat ek op daar­die ma­nier uit­ge­son­der word, want per­soon­li­ke ver­se kom tog in e­ni­ge vrou­e­dig­ter se werk voor. Jy kry te­mas by hul­le al­mal wat by die be­ly­de­nis­vers ska­kel. Met hul kin­ders, in my ge­val waar ek nie kin­ders het nie, die huis­hou­ding.

“En tog is al my be­kend­ste ver­se, wat my ’n plek in die A­fri­kaan­se li­te­rê­re tra­di­sie ge­gee het, bo per­soon­li­ke ver­se. Soos ‘Vir An­ne Frank van Het Ach­ter­huis’ en ‘Lied van die kin­ders’.”

Spies is ont­set­tend dank­baar vir die waar­de­ring en er­ken­ning wat sy kry.

Sy woon al ja­re in S­tel­len­bosch, maar het in Au­gus­tus na ’n nu­we bly­plek hier ver­huis.

“Ek kon ge­luk­kig al my boe­ke be­hou en my kat, Mouschi, is nog ab­so­luut deel van my daag­lik­se be­staan, hoor!”

Die naam Mouschi sluit weer aan by An­ne Frank.

“Ek het ja­re lank met die naam in my kop ge­loop en be­sluit ek mag nie ’n kat so noem nie, want dit was Pe­ter van Pels (wat ook een van die in­wo­ners in Die Ag­ter­huis was) se kat se naam. Hy het sy kat saam­ge­vat na Die Ag­ter­huis.

“Die dag toe die Ge­sta­po in­ge­val het, het Mouschi ag­ter­ge­bly. Toe het een van die vroue wat vir hul­le by­ge­staan het, Mouschi on­der haar vlerk ge­neem. Toe het ek ge­wag vir die dag wat ek ’n kat moes red.”

Sy het haar Mouschi ge­red toe ’n vrou wat ’n klomp kat­te aan­ge­hou het, ver­huis het.

Spies het as kleu­ter twee jaar in S­tel­len­bosch ge­woon, maar sy het in op Har­ri­smith in die Vry­staat groot­ge­word.

“Oor S­tel­len­bosch sê ek al­tyd dat ek nie die pie­ke of die prag­ti­ge ak­ker­bo­me ont­hou het nie, maar die skil­paaie in die Jan Ma­rais-park. Maar erns­tig, dit was iets van die at­mos­feer. Har­ri­smith is ook ’n mooi dorp. Dis in die Oos-Vry­staat.

“Ek het nou die dag vir vrien­de ver­tel hoe ek my ’n Ka­pe­naar voel, en toe sê die vrou vir my: ‘Lina, ont­hou net, jy sou nie ‘ ’n Pa­ter­nos­ter vir Suid-A­fri­ka’ ge­skryf het as jy nie in die Vry­staat groot­ge­word het nie’.”

Spies het steeds ’n ge­hegt­heid aan Har­ri­smith, maar “ek het op 16 laas vir die Vry­staat­se rug­by­span ge­skree”.

Sy het in die ver­le­de dik­wels graag saam met vrien­de tyd op Nu­we­land deur­ge­bring.

Sy het ook ’n i­ro­nie­se ge­dig ge­skryf, “By die dood van N.P. van Wyk Louw”, met die vers­re­ël “Die gees van my land is ’n voet­bal”.

“En toe sien ie­mand wat die ge­dig ken my die dag op die pa­vil­joen en dink, lie­we va­der, maar sy ge­niet die rug­by en sy skree. En dan sê sy ’n na­re ding oor rug­by in ’n ge­dig...

“Toe het ek vir haar ge­sê moet nooit die mens en die dig­ter 100% met me­kaar i­den­ti­fi­seer nie.”

Dit kom op al­le ma­nie­re na jou. Ek dink in vers­re­ëls. Daar kom ’n re­ël by my op na aan­lei­ding van ’n waar­ne­ming of ’n er­va­ring.

— Lina Spies

Fo­to: WER­NER HILLS

Prof. Lina Spies, S­tel­len­bos­ser. Sy het in Har­ri­smith in die Vry­staat groot­ge­word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.