Volksblad

Uit­mun­ten­de kwilt­werk op uit­stal­ling

- El­re­tha B­ritz

Net 30 kwil­te is in die Suid-A­fri­kaan­se K­wil­ters­gil­de se rei­sen­de uit­stal­ling te sien, maar dié 30 ver­teen­woor­dig die heel boon­ste la­gie van die kan room.

So be­skryf die uit­stal­lings­ko­ör­di­neer­der Re­nee de Bey­er die uit­stal­ling wat van van­dees­week in Bloem­fon­tein be­sig­tig kan word.

Die kuns­wer­ke is ge­kies uit so­wat 300 kwil­te wat vir die vo­ri­ge na­si­o­na­le kwilt­fees in 2017 in Port E­li­za­beth in­ge­skryf is. Dit is ’n twee­jaar­lik­se ge­leent­heid en gaan el­ke keer met ’n kom­pe­ti­sie ge­paard.

Die uit­stal­ling met die te­ma We Cre­a­te be­staan uit muur­be­hang­sels wat “uit­mun­ten­de voor­beel­de van ver­skil­len­de kwilt­teg­nie­ke ver­toon”.

Dit sluit in tra­di­si­o­ne­le ont­wer­pe, hand- en ma­sjien­werk, las­lap­pie­werk, lap­kuns waar­van som­mi­ge met bor­duur­werk of ta­pis­se­rie-ste­ke ver­sier is en an­der “waar­oor ’n mens die han­de sal saam­slaan”, sê De Bey­er.

Sy sê die teg­nie­se be­skry­wing vir ’n kwilt is ’n werk wat uit drie lae lap be­staan. Par­ty kwil­te lyk soos skil­de­rye, soos die een wat smel­ten­de ys­lae voor­stel, maar aan­ge­sien dit met drie lae lap uit­ge­voer is, kwa­li­fi­seer dit as ’n kwilt.

Tien muur­be­hang­sels in die uit­stal­ling is “fi­b­re art” deur mees­ter­k­wil­ters. Dit is dié kuns­wer­ke wat par­te speel met jou oë – dis moei­lik om te glo dit is uit stuk­ke lap ge­maak.

De Bey­er sê be­lang­stel­len­des kan ge­rus die vol­gen­de na­si­o­na­le fees in Sep­tem­ber in Mid­rand be­soek en al die in­skry­wings sien waar­uit die so­wat 30 bes­tes vir die vol­gen­de rei­sen­de uit­stal­ling ge­keur word.

Ná Bloem­fon­tein word We Cre­a­te na Kaap­stad en Oos-Lon­den ge­neem waar die twee jaar lan­ge reis deur Suid-A­fri­ka en Na­mi­bië af­ge­sluit word.

Die nu­we si­klus met die te­ma In­ter­chan­ge be­gin met die na­si­o­na­le fees in Sep­tem­ber.

■ 12 A­pril tot 5 Mei in die O­lie­wen­huis-kuns­mu­seum, Bloem­fon­tein. ■ Wes-Kaap: Mei, Ju­nie en Ju­lie by die Goeie Hoop­gil­de en klei­ner groe­pe waar be­lang­stel­len­des vir be­sig­ti­ging en ’n be­spre­king van die wer­ke by­een­kom. ■ Oos-Lon­den: Be­sig­ti­ging en ’n be­spre­king by ’n tuis­te wat die gil­de be­kend maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa