Kal­mer se vo­ëls g’n lig­te flad­de­ring nie

Met In ’n land son­der vo­ëls bied Har­ry Kal­mer ’n ryk­dom dis- of an­ti-u­to­pie waar­in die le­ser haar of hom nuus­kie­rig kan ver­lus­tig, skryf Johan Myburg.

Volksblad - - Boeke - Johan Myburg is ’n dig­ter en kuns­skry­wer van Jo­han­nes­burg.

‘‘ Ná hoe­veel boe­ke weet Kal­mer nie net wie sy le­sers is nie, maar ook waar sy mees­ter­skap lê.

Toe­koms­fik­sie

In ’n land son­der vo­ëls Har­ry Kal­mer PENGUIN, R280

Op die vraag vir wie hy dan skryf, het Har­ry Kal­mer ’n ruk ge­le­de in ’n on­der­houd ge­sê ná ne­ge (in­tus­sen meer) boe­ke het hy ’n goeie i­dee wie sy le­sers is. “Hul­le is nuus­kie­rig, ge­niet goeie sto­ries en waar­deer dit dat ’n nuwe boek nie nood­wen­dig soos ’n vo­ri­ge een lees nie.”

Tak­seer jy sy jong­ste boek aan die hand van die laaste op­mer­king gee jy hom in­der­daad ge­lyk. Ten op­sig­te van sy ver­ha­len­de werk het Kal­mer on­der meer kort­ver­ha­le ge­bun­del (Die waar­heid en an­der sto­ries)

en Gro­ce­ries – 56 sto­ries oor huis­hou­de­li­ke pro­duk­te, ver­ha­le met speur- en span­nings­ly­ne ge­pu­bli­seer (X-Ray Vi­sa­gie en die Vin­gers van God en K­nie­diep) en ’n ste­wi­ge li­te­rê­re prys ver­werf met die ver­taal­de weer­ga­we van sy stads­ro­man ’n Dui­send sto­ries oor Jo­han­nes­burg. Vroe­ër van­jaar het hy saam met die vi­su­e­le kuns­te­naar Han­ne­lie Coet­zee Die ag­ste plaag die lig laat sien, ’n boek wat die grens na die kuns­te­naars­boek ge­mak­lik oor­steek.

Dit be­te­ken nie dat die nuwe boek, In ’n land son­der vo­ëls, só an­ders is dat die nuus­kie­ri­ge (of eer­der wak­ker) le­ser nie die spo­re van vo­ri­ge ka­rak­ters gaan te­ë­kom nie. Die eg­go’s is daar, hoe­wel Kal­mer die le­ser ’n nuwe rig­ting stuur – dié van die toe­koms.

“Dit was die vyf­tien­de jaar van e­ko­no­kra­sie. Vyf­tien jaar na­dat ons ons de­mo­kra­sie vir die Kor­po­ra­sie ver­ruil het. Die po­li­tiek is ge­pri­va­ti­seer. Nes ons po­li­sie­diens en hos­pi­ta­le, de­ka­des vroe­ër. Dank­sy teg­no­lo­gie, die sty­gen­de re­ën­val, die ver­an­de­ren­de kli­maat, kon die land aan der­dui­sen­de ys­koue, dank­ba­re A­me­ri­ka­ners en Ka­na­de­se bly­plek bied. Vir bei­de die aan­ko­me­lin­ge én die ge­ves­tig­de in­wo­ners het voor­spoed en ’n be­ter le­we aan­ge­breek.”

Maar as jy dink Kal­mer het nou ’n blik op die u­to­pie ge­kry, sal hy soos Bart Nel jou daar­op wys: “Ek is nog hy.”

Ná die Cha­os (min of meer die tyd waar­in ons tans leef) was die Kor­po­ra­sie (’n to­ta­li­tê­re be­stel) toe nie be­ter nie. Ver­gry­pe het nie ver­dwyn nie. Son­skyn het skyn­son ge­word. In ’n land son­der vo­ëls kan ’n mens kwa­lik ’n u­to­pie ver­wag. En ge­trou skryf Kal­mer s­teeds sy te­rug­ge­houe sin­ne wat in die ge­stroopt­heid daar­van juis so sid­der van moont­lik­he­de. As voor­beeld di­a­loog met vier sin­ne: “Hoe noem ek jou?” “A­dam. A­dam Bur­ger.” “Kom jy met tjips?” “Een op el­ke skou­er.”

Die “be­ter le­we” wat aan­ge­breek het, is die soort toe­koms­be­staan wat Al­dous Hux­ley be­skryf het in sy Bra­ve New

Wor­ld van 1932, ’n boek waar­van hy self die aard be­vraag­te­ken het: Is dit sa­ti­re, ’n pro­fe­sie of ’n blou­druk? Kal­mer se jong­ste ro­man laat ’n mens flad­der tus­sen dié moont­lik­he­de en laat jou heim­lik hoop op sa­ti­re. Wat jou laat twy­fel, is ’n op­mer­king soos: “Dalk is dit in die aard van be­ska­wings om on­be­skaafd te wees.”

Aan die woord is A­dam Bur­ger, soos Hux­ley se hoof­ka­rak­ter ’n soort al­fa-man met in­he­ren­te ge­bre­ke, wat as hy vir hom ’n nom de guer­re moet kies, te­rug­val op die naam Sie­ner van Rens­burg (hy kon net so­wel X-Ray Vi­sa­gie ge­kies het). Hoe­wel Bur­ger nie meer van­dag se kind is nie – hy het sy kwo­ta man­ke­men­te, on­der meer swak oë – het hy die visa­ge van Ja­mes Bond, Mick Jag­ger en straks Pe­ter Pan.

“Ek praat dalk die taal van onthou, maar ek het my lees­bril ver­geet,” sê Bur­ger vroeg in die boek en kom la­ter mank en met ’n kie­rie oor die weg. Dat hy ver­lie­se ge­ly het, soos die By­bel­se Job, blyk uit die naam van sy dog­ter, Je­mi­ma (wat ter­loops tor­tel­duif be­te­ken).

Hy is al­leen – sy men­se het hy ver­loor, nee, hul­le is van hom weg­ge­neem – en hy raak be­trok­ke in ’n ne­wel­wê­reld, ’n nag­mer­rie­wê­reld waar­toe hy toe­gang kry soos A­li­ce na haar Won­der­land deur ’n ton­nel, kom­pleet met ’n sak­kie “drink my”-poei­er, in sy ge­val ge­merk “vir die ou­er ul­trasport­man”.

Maar dan is hy ook Faus­tus en les bes, ge­red deur ’n man met die naam Mo­ses, sélf Mo­ses in sy hang­mat­bed­jie. Na­me en die be­te­ke­nis­wê­reld van na­me in dié ro­man ra­kel ’n pa­ral­lel­le be­staan van sy eie op, maar so ook die mag­dom mul­ti-betekeniss­e wat dik­wels ge­woon ter­sluiks ge­noem word.

Hoe­wel die ver­haal in die toe­koms af­speel, is die ro­man ge­an­ker in ’n her­ken­ba­re (Suid-A­fri­kaan­se) land­skap met ruim be­skry­wings van ’n hin­ter­land met fau­na en flo­ra en he­den­daag­se pro­duk­te, wat nog­al dik­wels as “ou­tyds” be­skryf word. Daar­mee saam be­tree jy te­ge­lyk die on­be­ken­de, wat jou ver­sig­ti­ger laat lees en twee maal laat dink voor jy aan­vaar jy snap vol­le­dig.

In we­se is die boek veel ly­wi­ger as wat ’n mens kry tus­sen voor- en ag­ter­blad. Re­ken jy die wê­rel­de van die ver­wy­sings in, ver­al na mu­siek (moont­lik ook as ’n soort klank­baan) én gods­diens­be­skou­ings en gods­diens­ti­ge do­ku­men­te, kom jy on­der die indruk van die ver­wik­kel­de aard van dié ro­man, van die ge­laagd­heid en die on­der­be­klem­toon­de maar se­ku­re hand waar­mee Kal­mer skryf. Ná hoe­veel boe­ke weet hy nie net wie sy le­sers is nie, maar ook waar sy mees­ter­skap lê.

Kal­mer bied ’n ryk­dom disof eer­der an­ti-u­to­pie waar­in die le­ser nuus­kie­rig haar of hom kan ver­lus­tig. Bo en be­hal­we die goeie sto­rie wat Kal­mer ver­tel. Die boek het im­mers die op­drag: “Vir my le­sers”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.