Klag teen me­tro oor wa­ter­kri­sis

Ol­ly sal ook aan NRP moet ver­dui­de­lik

Volksblad - - Voorblad - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Vuis­voos Bloem­fon­tei­ners is nou keel­vol vir ’n mu­ni­si­pa­li­teit wat nie eens ba­sie­se diens­te kan le­wer nie na­dat som­mi­ge in­wo­ners die af­ge­lo­pe 17 maan­de reeds 44 dae son­der wa­ter moes klaar­kom.

Bloem­wa­ter het Son­dag weens wan­be­ta­ling die wa­ter­le­we­ring aan Bloem­fon­tein vir die so­veel­ste keer tot 30% ver­min­der weens so­wat R449 mil­joen wat Man­gaung hom skuld.

Die plaas­li­ke ra­di­o­per­soon­lik­heid Ber­nie Nau­dé is so ra­de­loos dat hy gis­ter ’n klag van dief­stal by die Park­weg-po­li­sie­kan­toor teen die me­tro in­ge­dien het om­dat hy ge­reeld son­der wa­ter sit, maar ge­trou sy wa­ter­re­ke­ning be­taal.

Nau­dé sê hy word reg­streeks ge­raak, want die sui­de­li­ke woon­buur­te, waar hy woon, loop die erg­ste deur. (Be­rig op bl. 9.)

Ros­souw Bo­tes, DA-raads­lid, sê hy het die af­ge­lo­pe drie dae in die so­veel­ste wa­ter­kri­sis in die Man­gaung-me­tro “al­les moont­lik” ge­doen om wa­ter by in­wo­ners te kry.

Ar­mand Cloe­te van die VF Plus, lid van so­wel die Na­si­o­na­le Raad van Pro­vin­sies (NRP) as die pro­vin­si­a­le wet­ge­wer, sê die NRP gaan be­slis met die be­stuur­van die me­tro praat wan­neer die raad bin­ne­kort ’n oor­sig­be­soek aan Man­gaung bring.

“Ol­ly Mlam­le­li, die uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter, sal moet ver­dui­de­lik waar­om in­wo­ners van Bloem­fon­tein nie wa­ter het nie.”

Bo­tes sê hy het Son­dag 18 op­roe­pe na se­ni­or amp­te­na­re van die me­tro ge­maak, on­der an­de­re adv. Tan­ki­so Mea, mu­ni­si­pa­le be­stuur­der, en Mlon­do­lo­zi Nd­lo­vu, hoof van in­fra­struk­tuur. Hy wou re­ël dat wa­ter aan­ge­ry word na ge­meen­skap­pe wat son­der wa­ter ge­laat is, maar nie­mand het hul te­le­fo­ne be­ant­woord nie.

Bo­tes sê om­dat nie­mand op sy op­roe­pe ge­re­a­geer het nie, het hy Maan­dag om 07:30 in die stads­be­stuur­der se kan­toor gaan sit en vir se­ni­or amp­te­na­re ge­wag so­dat wa­ter­kar­re ge­re­ël kon word.

Uit­ein­de­lik het twee wa­ter­kar­re Maan­dag om 15:15 in Pel­lis­sier op­ge­daag vir in­wo­ners wat 32 uur son­der wa­ter was.

“Die eer­ste wa­ter­kar se wa­ter was sjo­ko­la­de­bruin en is te­rug­ge­stuur om­dat dit nie vir mens­li­ke ge­bruik ge­skik was nie. Die twee­de wa­ter­kar se wa­ter was ’n bie­tjie be­ter.”

Bo­tes sê die wa­ter­kar was skaars 25 mi­nu­te daar, toe wou die amp­te­na­re weg­ry om­dat hul­le nie ná 16:00 oor­tyd be­taal word nie.

Hy het eg­ter op­roe­pe ge­maak om te re­ël dat met die nood­wa­ter­le­we­ring voort­ge­gaan word.

Bo­tes wil weet hoe lank die be­las­ting­be­ta­lers nog die swak diens met ba­sie­se diens­le­we­ring moet ver­duur. “Ek praat nie eens van ge­spe­si­a­li­seer­de diens nie. Die bes­te sal wees om die lig­te af te sit, die deu­re te sluit en om te wag tot­dat kun­di­ges aan­ge­stel word.

“My hart is stuk­kend oor Bloem­fon­tein.”

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Die plaas­li­ke ra­di­o­per­soon­lik­heid Ber­nie Nau­dé het ’n klag van dief­stal teen die me­tro in­ge­dien om­dat hy ge­reeld son­der wa­ter sit, maar ge­trou sy wa­ter­re­ke­ning be­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.