Taks­be­drog: Ek het my seun ver­trou, sê pa

Volksblad - - Voorblad - Mi­ke van Rooy­en

Hy het sy seun ver­trou en ge­glo hy weet wat hy doen, het ’n be­woë Nor­man Del­port (68), ’n oud­po­li­sie­man van Wa­ver­ley in Bloem­fon­tein, gis­ter ter ver­sag­ting van sy von­nis in die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein ge­tuig.

Hy het be­ken dat hy roe­ke­loos was in die han­te­ring en be­heer van t­wee trusts en ’n maat­skap­py. Dit het sy seun, Ma­ri­us (37), ’n hoen­der­boer, in staat ge­stel om Jan Taks met 136 BTW-ei­se uit R60,3 mil­joen te be­drieg.

Ma­ri­us, aan die an­der kant, het gis­ter weer voor waar­ne­men­de reg­ter Hen­ri­ët­te Mur­ray pro­beer om sy pleit na on­skul­dig te ver­an­der.

“My Chris­te­li­ke ge­loof ver­bied my om skul­dig te pleit op iets wat ek nie ge­doen het nie.

“Ek kan nie hier staan ter­wyl die skul­di­ge wat die geld ge­steel het, vry bui­te rond­loop nie.”

Hy is se­dert sy skul­dig­be­vin­ding vroe­ër van­jaar in aan­hou­ding.

Mur­ray het sy aan­soek, net soos die vo­ri­ge een, ge­wei­er en oor sy aan­soek om ver­lof om te ap­pel­leer, ge­sê hy kan dit ná die von­nis­ver­rig­tin­ge doen.

Sy pa het e­mo­si­o­neel ge­tuig hy het nooit be­sef wat­ter ge­vol­ge sy ag­te­lo­sig­heid sou hê nie. “Ek wens ek het die ge­leent­heid ge­had om dit al­les reg te maak.

“Ek be­sef nou eers wat­ter ver­lie­se die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens, ban­ke en my ge­sin ge­ly het.”

Lui­dens’ n voor von­nis ver­slag van Jo­han­nes van der Mer­we, hoof van maat­skap­li­ke diens­te van die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te in die Groot­vlei-ge­bied, het Nor­man en sy vrou, Jo­han­na, al­les ver­loor wat hul­le be­sit het.

Hy het sy huis ver­koop en sy pen­si­oen­geld vir sy seun ge­gee om sy on­der­ne­ming te be­gin. Hul­le het in een van sy seun se hui­se in die spog­land­goed Wood­land Hills gaan woon.

Hul­le leef nou van ’n staats­pen­si­oen en woon in ’n ka­mer ag­ter hul dog­ter se huur­huis.

Nor­man was die di­rek­teur en trus­tee van die maat­skap­py Two S hip sT ra ding 373, die D el port fa­mi­lie trust en die Eden Rock­trust waar­deur die be­drog tus­sen 2009 en 2015 met val­se BTW ei­se ge­pleeg is.

Adv. Wellington Sam­pi­si tree vir die staat op. Da­wie Rey­ne­ke van Regs­hulp SA tree na­mens die pa op.

Die von­nis ver­rig­tin­ge duur voort.

Fo­to: MI­KE VAN ROOY­EN

Nor­man Del­port (links) in die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein. Regs is sy seun, Ma­ri­us, met sy vrou, Jo­han­na, in die mid­del ag­ter hul­le be­sig met haar sel­foon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.