Vry­staat­se Rug­by­u­nie, C­hee­tahs ont­ken in hof ras­voor­val

Volksblad - - Voorblad - Mi­ke van Rooy­en

Die Vry­staat­se Rug­by­u­nie en die Vry­staat C­hee­tah-maat­skap­py ont­ken e­ni­ge aan­spreek­lik­heid in ’n ho­feis van meer as

R1,1 mil­joen teen hul­le oor ’n be­weer­de ras­se­voor­val ná ’n rug­by­wed­stryd in die Vry­staat-sta­di­on in Bloem­fon­tein.

Die u­nie en die maat­skap­py ont­ken in hof­stuk­ke dat die be­weer­de voor­val ge­beur het waar­in I­saac Mo­la­po (35), ’n kli­ën­te­diens­be­amp­te van die Bram Fis­cher-lug­ha­we bui­te die stad, glo erg by die sta­di­on aan­ge­rand en ras­sis­tie­se woor­de toe­ge­snou is om­dat hy ’n skeids­reg­ters­hemp ge­dra het.

Die man wat hom na be­we­ring aan­ge­rand het, is S­chü­bel

O’Reil­ly, ’n voor­ma­li­ge be­stuur­der van die Vry­staat­se skeids­reg­ters en ’n amp­te­naar van die u­nie.

O’Reil­ly staan ook die eis teen, lui ’n ken­nis­ge­wing van sy pro­ku­reur, A­drie Hech­ter van A­drie Hech­ter-pro­ku­reurs, in die hof.

Lui­dens die u­nie en die C­hee­tah-maat­skap­py se ver­weer­skrif in die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein

was die maat­skap­py op 15 Ok­to­ber 2016 in be­heer van die sta­di­on.

Mo­la­po be­weer in sy eis hy is dié dag eers deur O’Reil­ly op die mond ge­slaan en toe teen ’n hei­ning vas­ge­druk.

Daar­na het O’Reil­ly en an­der mans hom na be­we­ring ge­wurg en ge­slaan tot­dat hy ge­val het en hom aan­hou­dend ge­skop.

Ge­du­ren­de die sla­ne­ry het O’Reil­ly en van die an­der glo ras­sis­tie­se woor­de ge­bruik. Hul­le het hom glo be­skul­dig dat hy die skeids­reg­ters­hemp wat hy aan­ge­had het, ge­steel het.

Die u­nie en die C­hee­tah-maat­skap­py ont­ken al hier­die be­we­rings.

Hul­le ont­ken ook dat hy kneu­sings en skra­pe en ’n per­ma­nen­te be­se­ring aan sy lin­ker­knie op­ge­doen het en nie meer aan sport kan deel­neem of sy by­na vol­tooi­de stu­dies in sport­be­stuur kon voort­sit nie.

Hul­le ont­ken ook dat hul­le hom moet ver­goed vir die ska­de wat hul­le in elk ge­val ont­ken hy ge­ly het.

El­sie Louw van Lo­vi­us Block­pro­ku­reurs is die u­nie en die maat­skap­py se pro­ku­reur.

Her­mann Fou­rie van Ja­cobs Fou­rie-pro­ku­reurs is Mo­la­po se pro­ku­reur.

■ Die voor­val het glo ná die half­eind­stryd om die Cur­rie­be­ker tus­sen die C­hee­tahs en die Goue Leeus in 2016 ge­beur.

■ O’Reil­ly, ’n oud­po­li­sie­man, woon en werk glo nou in Kim­ber­ley.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.