K­rie­ket­koors in Dur­ban

En­gel­se wen ril­ler op re­kord­dag

Volksblad - - Voorblad - Chris­to Bu­ch­ner

Jong krie­ket­on­der­steu­ner­tjies gis­ter­aand op Kings­me­ad in Dur­ban by Suid-A­fri­ka se twee­de T20-krag­me­ting teen En­ge­land.

Dit was ’n Va­len­tyns-par­ty­tjie wat in die krie­ket-he­mel af­ge­speel het.

En­ge­land het ’n merk­waar­di­ge T20-wed­stryd gis­ter­aand in Dur­ban met twee lo­pies ge­wen.

Na­dat die En­gel­se 204/7 ge­kry het, is Suid-A­fri­ka be­perk tot 202/7.

Die tuis­span moes 15 lo­pies van die laas­te boul­beurt aan­te­ken, maar Tom Cur­ran (2/45) het twee paal­tjies in daar­die boul­beurt ge­neem en Suid-A­fri­ka is net voor die wen­streep ge­stuit met drie wat van die laas­te bal be­no­dig is.

So­wat van dra­ma is lank­laas ge­sien en het selfs ver­be­ter op die eer­ste krag­me­ting Woens­dag wat Suid-A­fri­ka met een lo­pie ge­wen het.

Die En­gel­se to­taal het soos ’n ge­mak­li­ke wen­tel­ling ge­lyk.

Quin­ton de Kock (65, 22 bal­le) het eg­ter met sy re­kord­beurt, die vin­nig­ste vyf­tig­tal nog vir Suid-A­fri­ka in ’n T20-stryd van slegs 17 bal­le, die grond­slag saam met Tem­ba Ba­vu­ma (31) help lê om die tei­ken te be­reik.

Ras­sie van der Dus­sen (43*, 26 b) het saam met D­wai­ne P­re­to­ri­us (25, 13 b) hard pro­beer om die on­waar­skyn­li­ke se­ge te be­haal, maar dit was uit­ein­de­lik nie vir hul­le be­stem nie.

Te mid­de van al die dra­ma kan die vraag ge­vra word: Waar op dees aar­de was Da­le S­teyn? Die P­ha­la­bor­wa Ex­press se af­we­sig­heid in die Suid-A­fri­kaan­se span vir die wed­stryd gaan die ver­stand te bo­we.

Dit was nou nie as­of hy ’n drin­gen­de Va­len­tyns­dag-af­spraak ge­had het om na te kom nie. Met dié Lamborghin­i van die Suid-A­fri­kaan­se bou­l­aan­val ska­de­loos in die mo­tor­huis weg­ge­steek, het En­ge­land se kol­wers ge­sê baie dan­kie en die bes­te van die saak ge­maak.

S­teyn is uit­ge­laat ten kos­te van die draai­er B­jorn For­tuin, wat uit­ein­de­lik self net twee boul­beur­te ge­boul het en 15 lo­pies af­ge­staan het.

Beuran Hen­dricks, wat mens voel eer­der die slag­of­fer moes wees om vir For­tuin plek te maak na­dat daar be­sluit is om met ’n ek­stra draai­er te speel, het ’n al­le­min­ti­ge 45 lo­pies in net drie beur­te af­ge­staan.

Lun­gi N­gi­di het wel drie paal­tjies ge­neem, maar was self aan die duur kant en het 48 lo­pies af­ge­staan.

En dan kan die vraag ook ge­vra word hoe­kom die mees e­ko­no­mie­se bou­ler, D­wai­ne P­re­to­ri­us (1/17 in 3), nie sy vier­de boul­beurt ge­boul het nie?

Hy is uit die aan­val ont­trek om vir Hen­dricks te­rug te bring, wat toe vir 21 in sy der­de beurt ge­piets is.

Na­dat De Kock die loot ge­wen en be­sluit het om te boul, het die En­gel­se kol­wers be­hoor­lik in­ge­klim.

Ben S­to­kes (47*, 30 b), Ja­son Roy (40, 29 b) en Moeen Ali (39, 11 b) was ver­woes­tend en het die raai­sel al hoe meer laat ver­diep hoe­kom S­teyn nie daar was nie. En nee, dit is nie dat hy be­seer is nie. Hy het dro­ë­bek in die kleed­ka­mer ge­sit.

Dit was soos om daar­die blink­ge­poets­te sport­mo­tor in die mo­tor­huis te hê, ter­wyl jy om die hoek ry met ’n ou ske­donk wat dan die gees gee.

En­ge­land het die grens­houe laat re­ën en daar is 14 vie­re en 13 ses­se ge­slaan in sy ver­woe­de aan­slag. En­ge­land se tel­ling was die twee­de hoog­ste nog op Kings­me­ad. Die wed­stryd het al­te­saam 28 ses­se op­ge­le­wer.

Die be­slis­sen­de stryd in hier­die ril­ler­reeks is mô­re in Cen­tu­ri­on.

■ Pi­te van Bil­jon sal weens n hand­be­se­ring waar­skyn­lik ook die der­de en laas­te wed­stryd mis­loop.

Hy is met oe­fe­ning die dag voor die eer­ste wed­stryd in Oos Lon­den be­seer.

Fo­to: REUTERS

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Pro­te­as se kap­tein Quin­ton de Kock het gis­ter­aand ’n Suid-A­fri­kaan­se T20-re­kord, die vin­nig­ste vyf­tig­tal van net 17 bal­le ge­mo­ker in die twee­de wed­stryd teen En­ge­land in Dur­ban voor hy vir 65 lo­pies van 22 bal­le uit­ge­haal is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.