‘Nee vir skiet en slaan’ Men­se is bang, sê SA be­vel­voer­der

Volksblad - - Voorblad - Verslagspa­n – Isabel Ven­ter, A­ri­sa Jan­se van Rens­burg, Den­nis Del­port en L­le­wel­lyn P­rin­ce

Op die voor­aand van Suid-A­fri­ka se staat van in­per­king het pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa die­ge­ne be­soek wat hom gaan by­staan om die Co­vid-19-pan­de­mie te be­veg.

Ra­map­ho­sa het gis­ter­aand sol­da­te van die Suid-A­fri­kaan­se weer­mag by die Doorn­kop-weer­mag­ba­sis in So­we­to be­soek om hul­le voor te be­rei op hul taak.

“Dit word van jul­le ver­eis om 57 mil­joen Suid-A­fri­ka­ners se le­we te red. Hul lot rus op jul skou­ers. Jul­le het ’n amps­eed af­ge­lê dat jul­le Suid-A­fri­ka se men­se sal ver­de­dig en aan grond­wet­li­ke waar­des sal voor­skryf.

“Die eed is nie net om men­se in oor­loë te ver­de­dig nie, maar ook teen die ge­vaar wat ons tans in die ge­sig staar. Dit is ’n vi­rus wat die he­le wê­reld aan­ge­val het,” sê Ra­map­ho­sa.

Hy het sol­da­te toe­ge­spreek in weer­mag­drag. “Ek dra die­self­de kle­re as jul­le om­dat ek deel is van jul­le. Ek is jul hoof­be­vel­voer­der en ek be­veel jul­le om hier­die mis­sie met die groot­ste wils­krag aan te pak,” sê hy.

Ra­map­ho­sa sê die land se men­se ver­wag dat die weer­mag hul­le red. “Dit is nor­maal dat hul­le vrees sal hê wan­neer jul­le met ge­we­re rond­loop, maar stel hul­le ge­rus en help hul­le om te ver­staan jul­le is hier om hul­le te help.”

Ra­map­ho­sa wil hê dat die weer­mag­le­de die pu­bliek met re­spek be­han­del en sal on­der­steun. “Nou is nie die tyd vir skiet en don­ner nie. Ek wil hê jul­le moet ons land dien met vrien­de­lik­heid. Die men­se het dit no­dig, want hul­le is bang vir die vi­rus.”

Hy s­tuur sol­da­te af met die woor­de: “Maak se­ker dat ons le­wens red. Maak se­ker dat ons ná 21 dae kan te­rug­kom en men­se hul le­we kan te­rug­kry en dat ons e­ko­no­mie weer op dreef sal kom. Gaan uit en red Suid-A­fri­ka.”

Ra­map­ho­sa het gis­ter­mid­dag ook die Suid-A­fri­kaan­se Po­li­sie­diens in P­re­to­ria toe­ge­spreek.

“Jul­le gaan mid­der­nag op­ge­roep word om oor­log te voer teen ’n on­sig­ba­re vy­and, naam­lik

‘‘ Jul­le gaan mid­der­nag op­ge­roep word om oor­log te voer teen ’n on­sig­ba­re vy­and, naam­lik die ko­ro­na­vi­rus. — Pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa

‘‘

Ek dra die­self­de kle­re as jul­le om­dat ek deel is van jul­le. Ek is jul­le hoof­be­vel­voer­der en ek be­veel jul­le om hier­die mis­sie met die groot­ste wils­krag aan te pak.

die ko­ro­na­vi­rus. Jul diens gaan die le­we van mil­joe­ne Suid-A­fri­ka­ners red,” sê Ra­map­ho­sa.

Le­de van die taak­mag, groep­be­heer­een­heid en ver­keers­po­li­sie het op aan­dag on­der ’n wolk­breuk aan­dag­tig na die p­re­si­dent ge­luis­ter.

Ra­map­ho­sa maan die po­li­sie om hul werk met deer­nis, be­grip en re­spek te doen.

“Jul­le moet vrien­de­lik wees en die men­se help. Ons men­se is tans ver­skrik. Ons moe­nie e­nig­iets doen as staats­amp­te­na­re of po­li­sie­le­de om die si­tu­a­sie sleg­ter te maak nie. Siel­kun­dig is ons men­se erg ge­raak. Hul­le vrees dat hul­le die vi­rus kan kry, hul werk kan ver­loor en siek word in hul hui­se en nie hos­pi­taal of kli­niek toe kan gaan nie,” sê hy.

Ra­map­ho­sa sê hy het ook op­ge­merk dat die stra­te reeds stil­ler is en dit is vir hom ’n te­ken dat Suid-A­fri­ka erns­tig is om die ko­ro­na­vi­rus te oor­kom.

Hy maan die po­li­sie om steeds waak­saam te wees teen kans­vat­ters “wat kort­paaie wil vat en doel­be­wus die staat sal wil uit­daag”.

“Ons sal nie die­ge­ne duld wat die men­se van die land nie erns­tig op­neem nie.”

Ra­map­ho­sa het vroe­ër die dag by die Re­ser­we­bank ge­sê sy ver­ga­de­rings met on­der­skei­de­lik gods­diens­lei­ers, die A­fri­ka-U­nie en die G20-lan­de gis­ter­og­gend het glad ver­loop. “Die ont­byt met die gods­diens­lei­ers was ver­troos­tend.

“Ons wil pleit dat Suid-A­fri­ka­ners bid vir dié wat deur die vi­rus ge­ïn­fek­teer is, vir hul fa­mi­lies en ook vir die he­le land wat vir die eer­ste keer in sy ge­skie­de­nis ’n staat van in­per­king weens ’n siek­te het.”

Suid-A­fri­ka­ners het Ra­map­ho­sa

se plei­dooi ge­hoor­saam en daar is gis­ter tus­sen 18:00 en 18:30 ge­bid. Ra­map­ho­sa sê die A­fri­kaU­nie en die G20-lan­de het be­sluit om te ver­e­nig om die siek­te te be­veg.

“Die A­fri­ka-U­nie het be­sluit dat daar ’n taak­span moet wees vir elk­een van die vyf stre­ke wat die mi­nis­ters van al die be­trok­ke lan­de moet be­vat,” sê hy.

Die A­fri­ka Ko­ro­na­vi­rus-fonds is ook hier ge­stig waar­voor daar reeds $17 mil­joen in­ge­sa­mel is.

Fo­to: FELIX DLANGAMAND­LA

Pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa spreek gis­ter sol­da­te in Doorn­kop, So­we­to, toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.