Ge­lief­des in­der­haas ge­groet ná frats­on­ge­luk­ke

Volksblad - - Voorblad - A­let van der Walt

Twee Vry­sta­ters wat weens frats­on­ge­luk­ke op pla­se dood is, is gis­ter be­gra­we, kort voor­dat die al­ge­he­le in­per­king weens die Co­vid19-pan­de­mie die by­wo­ning van be­graf­nis­se sou be­perk.

Mar­lé C laas en ,’ n twee­de­jaar land­bou stu­dent van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, is Dins­dag in die Chris­ti­a­na-om­ge­wing dood toe ’n he­li­kop­ter se lem haar ge­tref het.

Sy was saam met haar pa, Jo­hann,

toe die on­ge­luk ge­beur het.

Vol­gens in­lig­ting het die he­li­kop­ter met die lan­ding ge­kan­tel en het die lem­me in die grond vas­ge­slaan. ’n Stuk het haar in die ka­juit ge­tref.

Min be­son­der­he­de is be­kend en die fa­mi­lie het ge­vra dat hul pri­vaat­heid ge­re­spek­teer word.

Mar­lé is gis­ter­mid­dag be­gra­we in Pe­trus S­teyn, waar die ge­sin woon.

Jo­hann word as ’n me­ga­boer be­skou en is een van die groot­ste aar­tap­pel­pro­du­sen­te in die land.

Mar­lé word ook oor­leef deur haar ma, Han­li, en ’n broer en sus­ter.

Ni­co Bo­tha, ’n boer van Bult­fon­tein, is be­gra­we son­der dat ’n diens in ’n kerk vir hom ge­hou kon word.

Bo­tha het ’n paar we­ke ge­le­de sy nek be­seer toe hy uit ’n boom ge­val het ter­wyl hy tak­ke af­ge­saag het. Sy rug­murg is be­ska­dig en sy a­sem­ha­ling is be­lem­mer.

Die diens vir Both­ma is op Pent­z­plaas ge­hou ter­wyl wer­kers nog be­sig was om sy graf op die fa­mi­lie­plaas, Ge­gund, voor te be­rei en uit te mes­sel.

Boe­re van die om­ge­wing het ook nie al­mal die be­graf­nis by­ge­woon nie om te ver­se­ker dat die wet nie oor­tree word nie.

’n Lei­er­boer wat Both­ma goed ge­ken het, sê hy was ’n wa­re kerk­man en dit is hart­seer dat men­se nie op ’n kerk­diens van hom kon af­skeid neem nie.

Rene Fou­rie, ei­e­naar van ’n be­graf­nis­on­der­ne­ming in Heil­bron, sê die staat het baie s­treng rig­ly­ne vir be­graf­nis­se in­ge­stel.

Tot gis­ter kon 99 men­se ’n be­graf­nis by­woon, maar nou sal net 50 toe­ge­laat word, die be­graf­nis­on­der­ne­ming se per­so­neel, pre­di­kant en spy­se­niers in­ge­sluit. Be­graf­nis­gan­gers moet te al­le tye min­stens 1 m van an­der bly.

Geen nag­wa­ke word toe­ge­laat nie. Siek men­se mag nie be­graf­nis­se by­woon nie en men­se mag ook nie han­de in ’n ge­meen­skap­li­ke was­kom was nie.

As kos be­dien word, moet dit voor­af ver­pak wees soos weg­neem­e­tes.

Fo­to: VER­SKAF

Mar­lé Claas­en, ’n land­bou­stu­dent aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, is Dins­dag dood.

Fo­to: VER­SKAF

Die ken­nis­ge­wing van Ni­co Both­ma se be­graf­nis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.