‘On­ge­loof­li­ke voor­reg om so ’n ou­ma te kon hê’

Volksblad - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

‘‘ Sy het so baie vir my be­te­ken. Sy was al­tyd lief­de­vol. Ons het lek­ker ge­sels en oor ver­skeie on­der­wer­pe ge­de­bat­teer. — I­sa­beau S­teyt­ler

Dit was ’n on­ge­loof­li­ke voor­reg om haar as ou­ma te hê.

Só het I­sa­beau S­teyt­ler, kleindogte­r van Elsa Joubert (97), Maan­dag ge­sê na­dat die fa­mi­lie Son­dag van dié ge­lief­de skry­wer, ma en ou­ma af­skeid ge­neem het.

Ni­co S­teyt­ler, die skry­wer se seun, sê sy ma is Son­dag om­streeks 15:00 in die Me­di­cli­nic Kaap­stad oor­le­de.

Joubert was ’n in­wo­ner van die Berg­hof-af­tree­oord in Tui­ne, Kaap­stad. Sy het se­dert 2001 daar ge­woon ná die af­ster­we van haar eg­ge­noot, Klaas S­teyt­ler, ook ’n skry­wer en oud­re­dak­teur van Huis­ge­noot.

S­teyt­ler sê sy ma het op Woens­dag 3 Ju­nie siek ge­word. Co­vid-19 is op Sa­ter­dag 6 Ju­nie by haar ge­di­ag­no­seer. Sy is kort hier­na in die hos­pi­taal op­ge­neem om­dat haar ver­sor­ger by die ou­e­te­huis moes sel­f­i­so­leer na­dat sy po­si­tief ge­toets is.

Volks­blad het in Mei ’n brief van Joubert ge­pu­bli­seer waar­in sy ge­vra het dat die streng in­per­kings­maat­re­ëls vir be­jaar­des buig­sa­mer moet wees so­dat be­soe­ke toe­ge­laat word.

“Mens­lik ge­spro­ke is ons in die laaste maan­de en we­ke van ons le­we. En ons wat in te­hui­se en in­rig­tings bly, hoe won­der­lik ook al, is to­taal van ons fa­mi­lie­le­de af­ge­sny.”

Joubert se woorde is deur S­teyt­ler her­haal. Hy sê dit was vir die fa­mi­lie on­rus­ba­rend dat hul­le Joubert se­dert Maart nie kon be­soek nie.

Die laaste keer dat I­sa­beau haar ou­ma ge­sien het, was op 1 Ju­nie toe die in­per­kings­re­ëls van vlak 4 na vlak 3 ver­laag is.

“Ons het af­ge­stap na Berg­hof en daar het haar ver­sor­ger haar na bui­te ge­neem. Dit was ’n won­der­li­ke, son­ni­ge dag en ek is so bly ons kon haar sien,” sê sy.

Vol­gens S­teyt­ler is van die in­per­kings­maat­re­ëls i­ro­nies. Be­jaar­des mag by­voor­beeld nie be­soe­kers by die ou­e­te­huis ont­vang nie, maar word toe­ge­laat om in­ko­pies te gaan doen.

“Ek dink nie men­se ver­staan hoe moei­lik dit vir hul­le (be­jaar­des) is in hier­die tyd nie. Hul­le is heel­te­mal af­ge­son­der van hul fa­mi­lie. Jy pro­beer te­le­fo­nies kon­tak be­hou, maar dit is die vi­su­e­le as­pek van jou ge­lief­des sien wat hul­le mis en no­dig het.”

Hy voel ou­e­te­hui­se moet ’n plan be­dink so­dat fa­mi­lie­le­de by hul ge­lief­des kan gaan kui­er. Al is dit net vir ’n kwar­tier in ’n vei­li­ge ruim­te in die oord, want dit sal die wê­reld se ver­skil vir hul­le maak.

I­sa­beau sê sy en haar broer, Ni­co­las, was be­voor­reg om hul ou­ma na­by hul­le te hê in hul groot­word­ja­re.

“Sy het so baie vir my be­te­ken. Sy was al­tyd lief­de­vol en on­der­steu­nend. Soos wat ek gro­ter ge­word het, het ons ver­hou­ding ook ver­an­der. Sy was steeds lief­de­vol, maar ons het lek­ker ge­sels en oor ver­skeie on­der­wer­pe ge­de­bat­teer. Sy het my me­ning ge­re­spek­teer en my erns­tig op­ge­neem,” sê I­sa­beau.

“Dit was won­der­lik om met so ’n in­tel­lek en ver­stand te kom­mu­ni­keer.”

Joubert het twee woon­stel­le in Berg­hof ge­had – een waar­in sy ge­woon het en die an­der wat haar werk­ruim­te was.

“Dit was baie be­lang­rik vir haar om te werk om­dat sy ge­voel het sy kon ver­der gaan met haar loop­baan. Sy het al­tyd vir ’n paar uur per dag ge­sit en skryf,” ver­tel I­sa­beau.

Die laaste paar jaar het Joubert al hoe moei­li­ker ge­tik en I­sa­beau het in­ge­spring en haar ge­help.

“Dit was baie be­lang­rik vir haar dat ek haar ge­help het om S­per­tyd te tik toe sy nie meer kon nie.”

Joubert het in 2018 die kykNET-Rap­port-boek­prys vir nie­fik­sie vir haar 23ste boek, S­per­tyd (Ta­fel­berg), ont­vang. I­sa­beau het die prys na­mens haar ou­ma ont­vang.

Joubert sou in Ok­to­ber 98 jaar oud ge­word het.

Een van die wer­ke waar­voor sy die mees­te ver­eer is, is Die swerf­ja­re van Pop­pie Non­ge­na, wat in 13 ta­le ver­taal en on­langs ver­film is.

Weens die pan­de­mie is die rou­dien­sen ver­as­sing­re­ë­lings nog on­se­ker, maar die fa­mi­lie sal ’n vir­tu­e­le af­skeid hou.

Eers la­ter wan­neer om­stan­dig­he­de dit toe­laat, sal ’n be­hoor­li­ke af­skeid vir Joubert ge­hou word.

Joubert laat haar drie kin­ders, ses klein­kin­ders en vier ag­ter­klein­kin­ders ag­ter.

Fo­to: NATALIE GABRIELS

I­sa­beau S­teyt­ler en haar ou­ma Elsa Joubert. Die fo­to is in Fe­bru­a­rie ge­neem, ’n paar we­ke voor­dat die staat van in­per­king be­gin het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.