Kuns­te­naar Petronel Baard ge­sels

Die ta­lent­vol­le kuns­te­naar Petronel Baard ge­sels met Chris­ti­aan J de S­wardt oor die draai van haar heel­al

Vrouekeur - - INHOUD - Fo­to’s Jo­ri­na K­riel

“Ek is tevrede. Dit het lank ge­neem, maar ek is lie­wer vir my­self om­dat ek meer deer­nis met my eie fou­te het,” ver­tel Petronel Baard (42). “Ek is nie al­tyd so self­ver­se­kerd as wat ek lyk nie. Ek het em­pa­tie met men­se om­dat ek so met my ge­moed ge­suk­kel het en soms s­teeds suk­kel. Dit ver­oor­saak by tye ’n diep on­se­ker­heid wat ek dees­dae met groot deer­nis in my­self en an­der han­teer.”

Petronel se splin­ter­nu­we al­bum, Die heel­al draai, is ’n klank­skets van haar le­we en word deur kri­ti­ci met ’n vyf­ster­stem­pel goed­ge­keur.

Sy wéét waar sy nou in haar le­we en loop­baan is: op ’n tevrede plek. Al­les het ’n be­gin en vir dié ar­ti­kel kron­kel ons te­rug na waar haar heel­al be­gin draai het.

Pe­tro­nel­la Ma­ria is op Ri­vers­dal in die Wes-kaap aan die voet van die be­ken­de berg Sleep­ing Beau­ty ge­bo­re.

“My ou­ers het op Heidelberg (Kaap) ge­bly, maar moes Dal toe vir my ge­boor­te, want die naas­te hos­pi­taal was daar.”

Die ge­sin het kort daar­na Kim­ber­ley toe ge­trek. Petronel ver­tel die krie­ket­spe­ler Boe­ta Dip­pe­naar was toe ook nog ’n klein ba­ba.

“Ons ou­ers was vrien­de en sy ma het my een­keer by ’n Ga­riep­fees ver­tel dat ek hom rond­ge­dra het – tot haar groot be­kom­mer­nis om­dat ek ook nog ’n kleu­ter was!” ver­tel sy lag­gend.

Teen haar vier­de ver­jaar­dag het die ge­sin weer ge­trek. “Ek was baie hart­seer, want ek het ge­dink ons trek uit Suid-a­fri­ka. My pa het toe ver­dui­de­lik die land is gro­ter as dit! My vol­le skool­loop­baan, van voor­skool tot ma­triek, het ons op Vil­liers­dorp in die O­ver­berg ge­woon. Ek het baie sto­ries oor die mooi dorp en haar men­se en is ’n trot­se ‘Oud-ak­ke­dis­sie’ soos oud­sko­lie­re be­kend is.”

Petronel was hoof­dog­ter, a­ka­de­mies sterk en re­de­lik goed in sport, ver­al net­bal. “Ek was nie baie mal oor at­le­tiek nie, hoe­wel ek op la­er­skool nog­al vin­nig was. Daai skoot wat klap as jy moet be­gin hard­loop, het al­tyd op my se­nu­wees ge­werk. Ek kon met so­veel waar­de­ring An­tjie Krog se mooi sto­rie lees oor die eer­ste ‘oop’ at­le­tiek­by­een­koms in Kroon­stad, waar die ar­me kinders heel­te­mal weg­ge­hard­loop het toe die skoot klap! Ver­staan dit goed. Ek doen s­teeds Cal­la­ne­ti­cs, wat ek al van skool af doen, en stap en swem graag.”

Sy was in­tens by kul­tuur be­trok­ke – en na­tuur­lik het sy graag ’n show op­ge­sit.

Toe vat Petronel weer die pad; dié keer S­tel­len­bosch toe. “Jong, ja, dit was won­der­lik. U­ni­ver­si­teit is in­der­daad ook ’n groot hup­stoot in mens se ont­wik­ke­ling.”

Maar sy het eers di­rek ná skool re­ke­naar-se­kre­ta­ri­eel aan S­tel­len­bosch Col­le­ge stu­deer. “Ek ge­bruik s­teeds daar­die ken­nis, want baie van my werk is sui­wer ad­mi­nis­tra­sie! In daar­die sta­di­um was ek on­se­ker oor wat­ter rig­ting vol­gen­de is. Ek het ge­weet dis in die kuns­te, maar soos ons weet, is dit ’n groot uit­da­ging. In Au­gus­tus daar­die jaar het ek by my ou skool op­ge­tree en ons was dit eens: dra­ma is my pad en in 1996 kon ek tot my groot vreug­de dra­ma aan Ma­ties gaan stu­deer.”

Sy was by al­les be­trok­ke: kam­pusto­neel, die KKNK, Gra­ham­stad, ’n rol­prent in sa­me­wer­king met Ci­ty Var­si­ty en toe wen sy die Atkv-cres­cen­do in 1999. Daar­uit het ’n Sa­ma-be­noe­ming vir haar de­buu­tal­bum, Lank al, ’n Vi­ta-be­noe­ming vir ka­ba­ret en die Ge­raas­mu­siek­toe­ken­ning vir haar al­bum Dé­jà Vu ge­spruit.

En sy moes weer trek, dié keer op haar eie, Goud­stad toe. “Ek het reg aan die be­gin be­sluit ek gaan net drie jaar daar woon.

Dit het al­les be­gin en ek het won­der­li­ke men­se ont­moet. Die tyd in Jo­han­nes­burg was be­son­ders. Ek kyk met lief­de te­rug na die jong mei­sie wat so dap­per stap­per die Goud­stad in­ge­vaar het. Ek is s­teeds vrien­de met baie men­se wat ek toe ont­moet het. Daar was on­ge­loof­li­ke ver­to­nings en kre­a­tie­we sa­me­wer­kings en al­les was een groot ont­dek­kings­tog. Dan was daar meer pri­va­te hoog­te­pun­te – as­ook laag­te­pun­te – en ek deel so ’n bie­tjie van daar­die tyd en wat daar­na ge­volg het op my nu­we al­bum, Die heel­al draai. Ek kon des­tyds en kan nou nog nie son­der in­ten­se mooi na­tuur om my be­staan nie.”

Daar­om woon Petronel nou in Ree­bok op Mos­sel­baai in die Suid-kaap.

“Ek het dit so ge­kies om­dat ek baie op die pad is en baie van my werk via die in­ter­net doen. My ruim­te is piep­klein en my kla­vier staan am­per die he­le huis vol. Wan­neer ek daar werk, waai daar ’n palm­boom doer on­der by die bu­re en op ’n mooi dag hoor en sien ’n mens die dol­fy­ne en wal­vis­se wan­neer hul­le ver­by­trek. Mos­sel­baai skit­ter

saans regs op my ho­ri­son en Groot­brak se mooi­ste heu­wels en heer­li­ke kof­fie­win­kels is net oor die bult. Om die voor­deur van ons ge­rief­li­ke, bak­steen­warm nes­sie op die wyd­heid van die see oop te maak, is be­ter as e­ni­ge ryk­dom!”

Petronel be­skou haar ge­lief­des ook as deel van haar le­wens­kat. Haar ma, Wie­na, ’n nooi Vlok van die Noord-kaap, het op P­rie­ska skool­ge­gaan en op ’n plaas na­by Koe­gas­burg en langs die Oran­je­ri­vier groot­ge­word. Sy woon op die erf ’n ent­jie van Petronel se huis af.

“My hart, soos hare, is ook in stuk­kies vas­ge­vang daar en ek het ’n klip­pie – wat soos die punt van ’n hart lyk – van Nu­we­vlei, haar ge­boor­te­plaas, in my ka­mer. My ge­lief­de, Ja­co Swart, en ons kat, Moo, drink el­ke og­gend eers by my ma se huis kof­fie voor ons die dag aan­pak. Dit is ’n voor­reg wat nie­mand jou kan te­rug­gee wan­neer sy nie meer daar is nie en ons is al­mal ver­sot op haar. Sy is ’n rock­ster! Selfs Moo stem saam. Sy re­geer die werf, maar slaap graag on­der by Ou­ma se plek. Ek terg al­tyd en sê die kat word al weer af­ge­vry!”

Ma Wie­na se sus­ter, E­li­ze, bly ook om die draai en Petronel se broer en sy vrou het ’n huis ’n ent­jie ver­der weg in Terg­niet. “Ons is ’n baie heg­te familie wat maar saam­kloek en ge­reeld saam­kui­er. My ma se e­nig­ste klein­kind, Em­ma, woon in die ver­re A­me­ri­ka en sy is my oog­ap­pel.”

Daar is ’n ver­lan­gen­de heim­wee in Petronel se stem wan­neer sy oor haar pa, Ber­tie, ge­sels. Hy is 2015 oor­le­de. Hy was ’n Wes­kus­klong en het op die plaas T­re­kos­kraal groot­ge­word.

“Hy was reg­tig ’n dar­ling! As die snoek loop, kon hy nie stil­sit nie. Ons is al­tyd vir ten min­ste ’n lang­na­week V­re­den­burg toe om by ou­ma Baard te gaan kui­er. Haar hui­sie is van­dag as na­si­o­na­le mo­nu­ment ver­klaar om­dat dit so mooi be­waar ge­bly het; sy was ook só – mooi be­waar en hel­der tot op die dag van haar dood. Ek is haar trot­se naam­ge­noot.

“Wan­neer my pa – ja­re lank die skool­hoof by La­er­skool De Vil­liers Graaff op Vil­liers­dorp – die Wes­kus be­soek het, het hy da­de­lik sy ‘r’ be­gin bry. Daar het hy ge­skar­rel vir ’n snoe­kie, vis­kui­te en vars brood met kor­rel­kon­fyt. Ek het nie nood­wen­dig sy lief­de vir see­kos ge­ërf nie, maar so ’n iet­sie van die stil­te van die Wes­kus woon ook in my – én sy on­ge­loof­li­ke lief­de vir men­se. Na­tuur­lik was ek ook ’n leer­der in daar­die skool – van voor­skool tot ma­triek in 1994. By die huis was hy eg­ter net pa; nie ‘die skool­hoof’ nie. Wan­neer hy ge­braai het, het ek kla­vier ge­speel. Hy was my groot­ste fan!”

Petronel het haar nu­we al­bum en die in­stru­men­ta­le kla­vier­snit ge­ti­teld “en draai” aan hom op­ge­dra. “Daar was net een soos hy. Ek kan eer­lik sê my ou­ers se voor­beeld van lief­de is ’n ge­na­de. Lief­de ver­an­der al­les en ek is dank­baar vir hul mens­heid.”

Dié deer­nis­vol­le vrou, die jong­ste van drie kinders, se pa en ma was al­bei deel van ge­sin­ne met ses kinders. “My ooms en tan­nies is vol hu­mor en dier­baar­heid en ons nig­gies en ne­fies is baie lief vir me­kaar. Hul­le woon die he­le wye aar­de vol, is vol ta­len­te en goed­heid en ek is ein­de­loos trots op en lief vir hul­le.”

Haar sus­ter, So­ri­ta, die oud­ste, het ’n dok­tors­graad in te­o­lo­gie aan P­rin­ce­ton ver­werf en woon saam met haar man en dog­ter in A­me­ri­ka.

“Sy was po­li­ties, te­o­lo­gies en ook wat kul­tuur­bloot­stel­ling be­tref ’n groot in­spi­ra­sie vir my. Sy het klein­tyd saam met ons kon­sert ge­hou, my die eer­ste keer bi­bli­o­teek toe ge­neem om die wê­reld van boe­ke vir my oop te maak en haar sag­te hart het my vroeg laat be­sef dat die le­we om ons nie so on­skul­dig was soos ons dit wou sien nie.”

Hul broer, Da­nie, is die t­wee­de oud­ste en het on­langs sy eer­ste dig­bun­del – Die brief bo­aan die kruis – by Book­s­a­fri­ca ge­pu­bli­seer. “Dit is vol deer­nis en hu­mor. Ons het nie een ge­weet hy het ná skool be­gin skryf nie! Hy is eint­lik ’n sy­fer­mens en bril­jant daar­mee. Hy het net so ’n sag­te hart en ’n on­ge­loof­li­ke hu­mor­sin. As kind het ons ewe lek­ker saam­ge­speel as ge­stry. Ek is baie lief vir hul­le al­bei en as die jong­ste, is ek glo vol­gens hul­le vrees­lik be­derf ...”

Dit klink of niks oor die ja­re ver­an­der het nie, want Petronel word s­teeds be­derf. Dié keer deur haar ge­lief­de, Ja­co Swart (40). Hul­le is al am­per tien jaar ’n paar­tjie.

“Ons het me­kaar so deur die ja­re leer ken en aan­vaar en ‘mak ba­klei’, soos ek al­tyd terg.”

Dié lied­jie­skry­wer, san­ge­res, ak­tri­se, pi­a­nis­te en te­a­ter­ma­ker is vir die huis­hou­ding ver­ant­woor­de­lik.

“Ons al­bei kook graag. Ek maak nog­al lek­ker sop en ’n eg­te Alf­re­do-pas­ta. Ja­co braai soos ’n ko­ning en hy het my leer om v­leis op ons gas­sto­fie sag te kook. Ja­co se groot do­mein is sy ga­ra­ge. Hy werk met sy han­de en spe­si­a­li­seer in hout- en sweis­werk. Hy is ook ’n plan­ma­ker en baie kre­a­tief. Ons braai graag bui­te voor die ga­ra­ge en kyk oor die see en op die tuin, wat Ja­co in stand hou, uit. My ma het so ’n he­len­de fon­tein­tjie waar ek graag sit en ki­taar speel. As ek by my ka­mer uit­kyk, kyk ek daar­op en op die mooi­ste se­ring­boom wat al die sei­soe­ne vir my skil­der. “

En só draai haar skep­pings­drang saam met die heel­al ... “Ek kon nog nooit die le­we te lig op­neem nie. Ek is soos ’n ri­vier wat diep­den­kend deur die le­we kron­kel … Die heel­al draai en het my le­we kom ver­an­der. Dit is ’n vol­was­se­wor­ding, ’n vol sir­kel en ook ’n nu­we be­gin.”

Op­tre­des: Min­ca Wors­ley by 082 379 2608 of min­ca.wors­ley@gmail.com; Stuur vir haar ’n e-pos na lang­vrou@gmail.com

‘Ek kon nog nooit die le­we té lig op­neem nie. Ek is soos ’n ri­vier wat diep­den­kend deur die le­we kron­kel …’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.