Dit klink lek­ker, maar is dit?

Dit klink lek­ker, maar dis nie al­tyd die ge­val nie, sê ken­ners. JB Roux vind meer uit

Vrouekeur - - INHOUD -

On­langs sê ’n siel­kun­di­ge: “Am­per die helf­te van my kli­ën­te is mans wat be­sluit het of ge­dwing is om vroeg af te t­ree ...”

Om tot op 60 of 65 te bly werk, is nie so van­self­spre­kend soos de­ka­des ge­le­de nie.

Al hoe meer men­se be­plan hul fi­nan­sies van jongs af baie nou­keu­rig – so­dat hul­le vroe­ër as ge­woon­lik kan op­hou werk. Wie wil jou dae in ’n hok­kie met twee te­le­fo­ne en ’n re­ke­naar om­sit? Die le­we is daar om ge­niet te word!

En dan is dit nie meer vreemd vir maat­skap­pye om, weens kos­te­be­snoei­ings, per­so­neel te ver­min­der en van die “ou hout” ont­slae te raak nie.

Om sog­gens laat te kan slaap en die mid­dae op die stoep om te sit en aan ’n ske­mer­kel­kie te teug, klink lek­ker, maar is dit reg­tig so i­dil­lies? Hoe lank voor jy ver­veeld raak? Kan ver­vroeg­de af­tre­de siel­kun­di­ge im­pli­ka­sies in­hou?

“Dit ge­beur ge­reeld dat men­se wat vroeg af­tree, on­der­steu­ning soek,” sê Her­man S­mit, ’n le­wens­af­rig­ter.

“Daar is ver­skeie uit­da­gings waar­mee sul­ke men­se te doen kry. In die mees­te ge­val­le is die groot­ste pro­bleem dat so ie­mand sy of haar vol­was­se le­we hard ge­werk en al­les in­ge­sit het, maar nooit reg­tig ’n loop­baan ge­had het waar­oor hul­le pas­sie­vol ge­voel het nie.

“Dit voel as­of hul­le nie reg­tig iets be­reik het nie en hul­le won­der ge­reeld oor wat hul doel hier op aar­de is. Baie het ook nie in daar­die sta­di­um be­plan oor wat hul­le ná af­tre­de gaan doen nie. Hul­le voel s­kie­lik nut­te­loos en as­of hul­le niks meer ‘be­te­ken’ nie. Vroue er­vaar na­tuur­lik ook sul­ke aan­pas­sings­pro­ble­me, maar ge­woon­lik in ’n min­de­re ma­te as mans, ver­al wan­neer vroue nog nie ‘be­sluit’ het wie hul­le werk­lik is nie en op hul werk, mans of kinders staat­maak om hul­le te de­fi­ni­eer.

“Vroeë af­tre­de kan ’n groot uit­wer­king op ’n hu­we­lik en ge­sin hê. Ver­skeie fak­to­re kan ’n rol speel, po­si­tief óf ne­ga­tief. As daar fi­nan­si­ë­le druk op die ge­sin ge­plaas word, kan dit moei­lik vir die ge­sin wees. Ge­sins­le­de se in­ge­steld­heid kan ’n mas­sie­we im­pak hê, weer eens, po­si­tief óf ne­ga­tief. Dis be­lang­rik dat men­se be­sef ver­an­de­ring bring span­ning en on­se­ker­heid. Om as ’n ge­sin saam daar­oor te praat en te be­plan hoe om dié ver­an­de­ring te han­teer, sal al­les mak­li­ker maak. Wees ont­vank­lik vir in­set­te van an­der ge­sins­le­de. Dit sluit die kinders in om­dat hul­le ook deel van die ver­an­de­ring is.

“As jy jou le­wens­maat wil help om vrede met sy of haar vroeë af­tre­de te maak,” sê Her­man ver­der, “moet jy weg­bly van ver­

wy­te en ne­ga­tie­we op­mer­kings. Ons maak so mak­lik die ver­keer­de op­mer­kings en laat ie­mand dan min­der­waar­dig voel. Deur po­si­tief en on­der­steu­nend te wees oor iets wat jou le­wens­maat be­sluit het om aan te pak om hom of haar ná af­tre­de be­sig te hou, kan baie help. Moe­nie na­mens hom of haar aan ma­nie­re dink om die le­dig­heid te ver­dryf nie. Gun jou maat die ruim­te om hom- of haar­self in sy of haar nu­we rol te vind. Dit is nie jou plig om jou eg­ge­noot be­sig te hou nie.

“Men­se wat vroeg af­tree, er­vaar dik­wels ’n doel­loos­heid en ver­lies aan i­den­ti­teit.

Die eer­ste ding wat sul­ke men­se moet be­sef, is dat dit nie die ein­de is nie, maar die be­gin van ’n nu­we fa­se. Hul­le het nou die vry­heid om te be­sluit wat hul pas­sie is en wat hul­le reg­tig met hul le­we wil doen. Wan­neer jy se­ker­heid daar­oor het, kan jy be­trok­ke raak by iets waar­in jy jou pas­sie kan uit­leef. In­tus­sen kan jy by pro­jek­te of or­ga­ni­sa­sies be­trok­ke raak wat ’n ver­skil in jou ge­meen­skap kan maak. Al­mal het ’n in­ge­bo­re in­stink om an­der men­se te help. Dit sal weer ’n doel en i­den­ti­teit aan jou le­we gee.”

Ie­mand wat weens vroeë ge­dwon­ge af­tre­de deur fi­nan­si­ë­le pro­ble­me in die ge­sig ge­staar word, er­vaar dik­wels groot angs­tig­heid.

“Angs­tig­heid ont­staan weens on­se­ker­heid,” sê Her­man.

“Om pro­ak­tief op te t­ree, is ’n ma­nier om van daar­die on­se­ker­heid te ont­snap. Werk jou be­gro­ting nou­keu­rig uit en kyk waar jy kan be­spaar en hoe jy jou geld be­ter kan be­stuur. Be­plan oor hoe jy te­kor­te kan aan­vul. Ons is ge­neig om ne­ga­tief te wees en om in sak en as te gaan sit, pleks daar­van om pro­ak­tief te wees. Ne­ga­ti­wi­teit ver­oor­saak dat ons nie ge­leent­he­de om ons raak­sien nie.

“S­tok­perd­jies of om, in­dien daar geld is, te reis, kan be­slis die doel­loos­heid en siel­kun­di­ge pro­ble­me van ie­mand wat vroeg af­ge­tree het, lig­ter maak,” sê Her­man ver­der.

“Die mees­te vroeë af­ge­tre­de­nes se pro­ble­me be­gin wan­neer hul­le voel as­of hul­le niks meer be­te­ken nie. ’n Lae self­beeld is die voor­lo­per tot baie an­der pro­ble­me. Deur iets te doen waar­mee jy werk­lik jou pas­sie kan uit­leef, soos ’n stok­perd­jie, kan af­tre­de ’n fees maak!

“Reis word baie on­der­skat. Reis gee jou ge­leent­heid om jou ho­ri­son te ver­breed en ’n be­ter per­spek­tief op die wê­reld te kry. Dit gaan nie nood­wen­dig oor die nu­we p­lek­ke wat jy sien nie, maar oor bloot­stel­ling aan an­der kul­tu­re en ge­woon­tes.

“Ek dink nie men­se wat self be­sluit om vroeg af te t­ree, is heel­te­mal be­wus van die pro­ble­me, ver­al siel­kun­dig, wat dalk voor­lê nie. Daar is men­se wat nie kan wag om af te t­ree nie, maar nooit reg­tig be­plan wat hul­le ná hul­le af­tre­de gaan doen nie. ’n Mens kan net só lank sit en niks doen nie!

“Men­se wat vroeë af­tre­de oor­weeg, moet án­ders daar­oor dink. Be­sluit op (en be­plan) ’n nu­we fa­se in jou le­we waar jy jou pas­sie vol­uit kan uit­leef pleks daar­van om bloot op te hou met werk.”

Men­se wat vroeg af­tree, er­vaar dik­wels ’n doel­loos­heid en ver­lies aan i­den­ti­teit. Die eer­ste ding wat sul­ke men­se moet be­sef, is dat dit nie die ein­de is nie, maar die be­gin van ’n nu­we fa­se

Wat sê die Wet?

Suid-a­fri­kaan­se ar­beids­wet­ge­wing maak nie vir ’n ver­plig­te af­tree-ou­der­dom voor­sie­ning nie. Dié as­pek word dik­wels deur werk­ne­mers oor­ge­sien of ge­ïg­no­reer, ver­al wan­neer daar met die sluit van ’n in­diens­ne­mings­kon­trak op ’n af­tree­da­tum oor­een­ge­kom word. In­dien so ’n kon­trak nié ’n af­tree-ou­der­dom in­sluit nie, kan ’n werk­ge­wer ’n af­tree­be­leid neer­lê waar­vol­gens ’n ver­plig­te af­tree-ou­der­dom be­paal word. Die af­tree-ou­der­dom mag tus­sen die on­der­skeie pos­ka­te­go­rieë ver­skil.

In­dien ’n werk­ge­wer en werk­ne­mer nie ty­dens in­diens­ne­ming op ’n af­tree-ou­der­dom oor­een­ge­kom het nie, be­hoort die werk­ge­wer by die nor­ma­le prak­tyk wat met vo­ri­ge af­tre­des ge­volg is, te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.