Hoe­kom is eg­skei­ding so moei­lik?

Vrouekeur - - VERHOUDINGS -

E­li­ze sê soms as daar nie oor ver­skeie as­pek­te oor­een­ge­kom kan word nie, kan die pro­ses van eg­skei­ding uit­ge­rek, duur en e­mo­si­o­neel drei­ne­rend wees.

“Daar kan ook ’n mag­stryd ont­staan as een van die par­tye nie wil skei nie.

Dit maak nie saak hoe glad die pro­ses ver­loop nie, al­bei par­tye ly uit­ein­de­lik baie ver­lie­se.”

Han­ne­tjie voeg by dat dit moei­lik is om­dat die per­soon nie weg is uit jou le­we nie.

“Die swak­ste ka­rak­ter­ei­en­skap­pe van men­se is ge­neig om met dood of eg­skei­ding uit te kom.

“Daar is so baie par­tye wat in ag ge­neem moet word en elk­een trek in ’n an­der rig­ting. Men­se suk­kel ook met skuld­ge­voe­lens en het nie nood­wen­dig meer vol­was­se ge­raak as toe hul­le ge­troud is nie.

“Pro­ble­me ver­dwyn nie oor­nag nie – hul­le word gro­ter en uit­ga­wes en moei­te word al meer. Die vrien­de, familie en kinders suk­kel met lo­ja­li­tei­te. Een of al­bei voel op die een of an­der ma­nier ver­werp, mis­lei of be­na­deel. Daar is baie kwa­de ge­voe­lens. Die re­de vir die eg­skei­ding maak sa­ke ook moei­li­ker as daar on­trou­heid of an­der de­al­bre­a­kers was.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.