JULIET, NAKED

Vrouekeur - - KYKGENOT -

Met Ro­se Byr­ne en Et­han Ha­w­ke

Re­gis­seur Jes­se Pe­retz

LIEFDESDRAMA Moe­nie dat die ti­tel jou mis­lei of aan ’n ge­ka­foe­fel laat dink nie. Die re­gis­seur neem die te­ma en sto­rie erns­ti­ger as dit op. An­nie is in ’n ver­hou­ding met Dun­can. Hy, op sy beurt, is ’n aan­han­ger van ’n voor­ma­li­ge woes­te rock­ster, ge­speel deur Et­han Ha­w­ke. Wan­neer hul­le hom dan ont­moet, ver­an­der An­nie en Dun­can se le­we vir al­tyd. Mu­siek is die hoof­te­ma in die rol­prent, maar dit gaan ook oor ek­sen­tri­si­teit, oor go­de met voe­te van klei (of nie!), ’n lief­des­ver­hou­ding wat deur on­ver­wag­se ge­beu­re be­ïn­vloed word, en ’n ge­hegt­heid aan me­kaar. Bui­te­land­se kri­ti­ci het nog­al van die rol­prent ge­hou en dit ge­loof vir sy sub­ti­li­teit en tref­krag. Klink of dit dalk ’n lê­plek­kie in Ci­ne­ma Nou­veau kan kry. Chris O’do­wd, wat die rol van Dun­can speel, is een van Ier­land se bes­te ak­teurs, en hy sal nie sy naam aan e­ni­ge fliek kop­pel nie. (Film­fi­ni­ty)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.