THE ELEPHANT MAN 9/10

Vrouekeur - - KYKGENOT -

Met John Hurt en An­tho­ny Hop­kins

Re­gis­seur Da­vid Lynch

MENS­LI­KE DRA­MA Ter­wyl ek deur ’n Dvd-win­kel ge­draal het, het ’n vrou op hier­die DVD af­ge­storm en uit­ge­roep: “Ek het dit lank­laas ge­sien! Bril­jant!” As jy dors na ’n or­dent­li­ke kuns­rol­prent wat tot in die hart van mens­lik­heid dring, mag jy hier­deur oor­wel­dig word. Dis ge­grond op die wa­re ver­haal van ’n man wat aan ’n seld­sa­me siek­te ge­ly het wat gro­tes­ke uit­groei­sels op sy ge­sig ver­oor­saak het. Hy is as ’n “mon­ster” in ’n sir­kus ge­bruik. ’n Goed­har­ti­ge Vic­to­ri­aan­se dok­ter het hom ge­red en in­ge­neem. Só het John Mer­rick sy mens­waar­dig­heid her­win. ’n Mees­ter­stuk. (Mo­men­tum Films)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.