Ons gee nut­ti­ge wen­ke en ver­tel jou wat jy nou in jou tuin kan doen

Vrouekeur - - TUIN - Deur ZE­RELDA ES­TER­HUI­ZEN Be­soek www.lifeis­a­gar­den.co.za

KOS VIR ONS TUINVRINNE

Plant kos om bye, skoen­lap­pers en vo­ël­tjies na jou tuin te lok. Wil­de dag­ga (Le­o­no­tis le­o­nu­rus), Sep­tem­ber-bos­sie

(Po­ly­ga­la myr­ti­fo­lia), E­gip­tie­se ster (Pen­tas lan­ce­o­la­ta) en die Budd­le­ja ‘Buzz’-reeks van skoen­lap­per­bos­se sal jou tuin aan die le­we kry.

AS MUSKIETE WIL KUI­ER

Ge­luk­kig vir ons, is daar plan­te se reu­ke waar­van hul­le net mooi niks hou nie en dit werk goed om daar­die bla­re op jou vel te vryf. Plant hier­die in pot­te op jou pa­tio: Sitroen­kruid (Me­lis­sa of­fi­ci­na­lis) vaar goed in vol­le son en hul bla­re sal in­sek­te weg­hou.

Sitro­nel­la­ge­ra­ni­um is net so lief vir son en het ’n sterk geur. Vryf die bla­re om die geur vry te stel.

Vryf soet ba­si­lie­kruid se bla­re op jou vel. Die an­ti­sep­tie­se ei­en­skap­pe sal selfs steek- of byt­plek­ke streel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.