Mu­siek

Chris­ti­aan J de S­wardt luis­ter na die dis­ko­no­te van Dirk van der West­hui­zen, stre­len­de count­ryklan­ke en An­dré Rieu se swe­wen­de vi­ools­wier

Vrouekeur - - INHOUD -

Oor ’n bie­tjie meer as ’n maand is dit fees­tyd en daar gaan ma­kie­tie ge­hou word. Wik­kel in daai spe­si­a­le kui­er­tab­berds en dáns!

Dirk van der West­hui­zen pronk ste­wig langs die paar­tiesan­gers Kurt Dar­ren, Ger­hard S­teyn, Ni­cho­lis Louw, Ray Dy­lan, Ar­no Jor­daan en S­not­kop.

Sy vo­ri­ge al­bum, #On­sWi­le­non­skan, en sy splin­ter­nu­we al­bum, Sexy vir my,

met die vi­de­o­tref­fer Net so (Mmm) (al­bei deur Co­les­ke Ar­tis­ts uit­ge­reik) het goue sta­tus be­reik.

Die nu­we al­bum is hoof­saak­lik e­lek­tro­nies jol­ge­dre­we, met ’n gul­har­ti­ge skeut hou­se-rit­mes.

Daar is ’n al­le­min­ti­ge 16 snit­te op hier­die al­bum, met tus­sen die uit­bun­di­ge lek­ker­tes twee du­et­te: die zef­fe­ri­ge rym­klets­snit Die ten­nis tu­ne (met die Flooze) en Laat die dans­vloer stamp (met Vin­cent Gor­don).

Dirk het self aan die al­bum ge­skryf, met me­lo­die­steun deur Fer­di­nand S­ke­ad, wat ook die ver­wer­kings, pro­gram­me­ring en pro­duk­sie be­har­tig het. Dan het Jo­han O­ber­hol­zer en Vaug­han Gar­di­ner ook ruim­skoots tot die nim­mer­ein­di­ge aan­tal dans­vloer­knak­kers by­ge­dra. Snit­te soos Gaan mal, Temp­ta­sie, Kyk weg, Luuks en Lyf­taal ver­klik die strek­king: vry­pos­ti­ge ver­lei­ding en ’n vraat­sug­ti­ge ge­fuif: ’n lang­a­sem-ra­ve!

Die dis­ko-al­bum we­mel van krap­klan­ke en smeul van hups­heid; on­ge­luk­kig ook van ge­yk­te kroeg-sê­din­ge, soos ver­al op die snit Mos, waar­in ’n rits be­ken­de dans­lied­jies se tre­f­re­ëls in­ge­ryg word; hier en daar tóg slim ...

Ag wat, wie gee reg­tig om? S­teun en kreun maar saam en stamp en ruk en ver­loor ’n bie­tjie vet­jies ...

En dan, om da­rem die ge­we­te en die o­lik­heid ná die vo­ri­ge aand se briek­lo­se ver­gry­pe te sus, ver­poos en be­sin Dirk met die snit­te Op die ou end (’n po­si­tie­we snit oor ’n ge­son­de, be­rou­lo­se self­beeld). Dié snit, deur Jo­han en Vaug­han, is ui­ters op­bou­end en be­hoort ’n luis­ter­vrien­de­li­ke ra­di­o­tref­fer te word. Dirk se eie nuut­skep­ping, die prag­ti­ge rit­me­bal­la­de Hy is hoop, sluit die al­bum op ’n aan­gry­pen­de gees­te­li­ke noot af; moont­lik ook ’n aan­dui­ding van die rig­ting wat hy lank­al reeds wil in­slaan: gospel.

Dirk is in ’n klas van sy eie, ver­al om­dat hy nie net ’n werk­lik goeie pop­stem het nie, maar dit ge­steun word deur moont­lik die mees e­ner­gie­ke ver­to­nings denk­baar. Hy on­der­skei hom in dié op­sig: hy mas­keer nie sak­kie-sak­kie- of sok­kie­deun­tjies as dans­mu­siek nie; hy skep in­der­daad mo­der­ne dis­ko­klan­ke; techno in A­fri­kaans.

Aan sta­mi­na en s­weet ont­breek dit dié dans­lat nie!

Lig die gla­se op ’n puik al­bum in dié gen­re – en woe­ker wild en wak­ker!

Count­ryklan­ke

By ’n paar­tie wil ’n mens tog laat­aand ef­fens af­koel en me­kaar sty­wer vas­hou, soet goed­jies in me­kaar se ore fluis­ter en diep in me­kaar se oë kyk. Dan is die al­bum Coun­try-le­gen­des (Vonk-mu­siek) ’n oor­we­ging.

Dié al­bum be­vat 18 tyd­lo­se coun­try­guns­te­lin­ge deur die land se im­mer­groen le­gen­des én jon­ger ta­lent­vol­les. Daar is mu­siek van Lan­ce Ja­mes en Bar­ba­ra

Ray, JJ S­te­phens en C­li­ve Bru­ce tot die jon­ger gar­de, Wyn­and en C­he­reé en Ja­son Brad­ley.

Tus­sen die tref­fers is So­me­w­he­re Bet­ween, I Can’t Stop Lo­ving You, One

Last Kiss, Cry to Me, G­reen Ey­ed An­gel en I Re­call a Gyp­sy Wo­man. Met twee son­der­lin­ge sa­me­wer­kings: Lan­ce Ja­mes, Ma­rit­za en Chris­sie Rossouw se weer­ga­we van W­his­pe­ring Ho­pe en An­dries Bo­tha, JJ S­te­phens en Do­zi se ste­wi­ge her­in­ter­pre­ta­sie van Last Co­w­boy Song.

Laat die kon­treikui­te juig!

Swe­wen­de S­wie­rig­heid

As jy reg­tig ’n goeie dan­ser is, nie net jou lit­te wil strek en ver­rek nie en ver­veeld raak om die two­step te doen, kan jy die ver­rig­tin­ge met die wals­ko­ning An­dré Rieu en sy Jo­hann S­trauss Or­ches­tra se CD A­mo­re (U­ni­ver­sal) oor­weeg én jou dans­ver­nuf swe­wend oor die vloer ten toon stel.

Die lief­de bruis op die snit­te On­ly Lo­ve, Bal­la­de Pour A­de­li­ne, The Im­pos­si­ble D­re­am en Lo­ve Me Ten­der.

Daar is lief­des­lied­jies uit be­ken­de rol­pren­te en bly­spe­le; luis­ter­ryk en styl­vol ver­tolk.

Dié al­bum word aan­be­veel as jy in ’n rus­ti­ge stem­ming wil wees. Ons word juis aan Lou­is Arm­strong se woor­de her­in­ner: W­hat a Won­der­ful Wor­ld.

In­der­daad!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.