Hoe maak jy dit ’n werk­lik­heid?

Om vir ’n jaar of twee in die bui­te­land te werk, is baie men­se se droom. Maar hoe maak jy dit ’n werk­lik­heid? S­han­da Luyt het gaan uit­vind

Vrouekeur - - INHOUD -

Jy wil só graag jou vler­ke bui­te jou ge­mak­so­ne sprei en die wye wê­reld in­vaar. Jy wil an­der kul­tu­re proe, volks­vreem­de din­ge be­leef, met men­se wat an­ders dink en doen as jou land­ge­no­te skou­ers skuur. Jy wil nie net toer nie: Jy wil daar woon so­dat jy ’n wa­re prent­jie kan kry van hoe ’n an­der land se men­se die wê­reld be­leef.

Jy wil eg­ter nie e­mi­greer nie, want jou wor­tels is diep in Suid-a­fri­ka ge­plant. Eint­lik wil jy net vir ’n jaar of twee ’n bie­tjie wê­reld­wys­heid op­doen. Son­der ’n in­kom­ste kan dit eg­ter nie, so jy weet jy sal ’n werk moet kry ter­wyl jy daar is.

Maar hoe moei­lik of mak­lik is dit om ’n werk oor­see te be­kom?

Hoe mak­lik jy oor­see sal kan werk, sal van baie fak­to­re af­hang, sê F­re­dré Fer­rei­ra, wat eers in die Ver­e­nig­de Ko­nink­ryk ge­werk het en tans in Brus­sel, Bel­gië, is.

“Dit hang by­voor­beeld af van die ta­le wat jy praat, jou pro­fes­sie en ook waar­heen jy graag wil gaan. Soms kan jou ou­der­dom ook ’n rol speel, as­ook of dit ’n per­ma­nen­te skuif is of net vir ’n paar jaar. Ek was on­ge­loof­lik ge­luk­kig deur­dat ek oor­see kon gaan deur die ou­di­teurs­fir­ma waar­voor ek in daar­die sta­di­um ge­werk het.

“B­rit­tan­je was toe ook nog baie gre­tig om bui­te­lan­ders te ver­wel­kom. Al­les is dus vir my ge­re­ël.

“Ek het met ’n werks­per­mit oor­ge­gaan en toe ek be­sluit het om lan­ger te bly, kon ek dit na ’n hoë-vaar­dig­heids­mi­gran­te­vi­sum ver­an­der, wat my toe­ge­laat het om vir ver­skil­len­de werk­ge­wers te werk, ter­wyl my vo­ri­ge per­mit my be­perk het.”

Vir ie­mand wat nie so ge­luk­kig soos sy is nie, be­veel F­re­dré so­veel moont­lik na­vor­sing aan. “Na­vor­sing, na­vor­sing en nog­maals na­vor­sing.”

“Ek dink dit is dees­dae moei­li­ker om in ’n an­der land te gaan woon en werk om­dat Eu­ro­pa se e­ko­no­mie­se si­tu­a­sie nie so goed is nie en jy sien groot­skaal­se teen­kan­ting teen im­mi­gra­sie by­na o­ral in die wê­reld.

“En hoe­wel dit op vlug­te­lin­ge en nie­wer­ken­des fo­kus, be­te­ken dit dat die reëls die af­ge­lo­pe tien jaar vir an­der ook baie moei­li­ker ge­raak het.”

F­re­dré be­veel aan dat men­se kon­tak­te oor­see op­bou in om­ge­wings wat met hul pro­fes­sie of veld ver­band hou, be­sluit op moont­li­ke p­lek­ke waar­heen hul­le wil trek en gaan op­lees oor die ver­eis­tes vir hier­die lan­de.

“Dan kan hul­le blaaie soos Lin­ke­din dop­hou en deur­soek, as­ook kontak maak met a­gen­te wat in oor­se­se werk spe­si­a­li­seer net om te sien wat die stand van die werks­mark is en die op­sies of ge­leent­he­de wat be­skik­baar is. In baie ge­val­le kan mens jou eer­ste on­der­houd via Sky­pe of ’n kon­fe­ren­sie-op­roep doen as jy nie self daar kan wees nie, hoe­wel dit fan­tas­ties sal wees as jy wel per­soon­li­ke on­der­hou­de kan doen.”

Ou­der­dom speel ’n rol

’n Google-soek­tog wys gou dat daar vir jong­men­se jon­ger as 30 heel­wat kort­ter­myn­werks­op­sies oor­see is, hoe­wel min­der as in die ver­le­de. As jy ou­er as 30 is, raak dit eg­ter meer kom­pleks.

Car­le­ne Wil­li­ams, ’n reis­a­gent en kon­ses­sie­hou­er van OVC in Hil­l­crest, Dur­ban, sê daar is baie ge­leent­he­de vir jong­men­se wat vir ’n jaar oor­see wil werk.

“Daar is spe­si­fie­ke pro­gram­me vir jong­men­se wat pas uit ma­triek is, soos so­mer­kam­pe in die VSA, au pair-werk of werk op ’n kib­boets. Die mees­te van hier­die pro­gram­me het eg­ter ’n ou­der­doms­be­per­king. Vir ou­er jong­men­se wat in hul ken­nis­veld wil werk, is daar wel werk in die gas­vry­heids­be­dryf en ons doen ook pla­sings in die land­bou­be­dryf vir men­se wat in daar­die rig­ting stu­deer het of in die on­der­wys.”

Nog ge­wil­de op­sies vir jong­men­se is om by pret­par­ke te werk, soos te sien op www. wer­koor­see.co.za.

Car­le­ne sê vir men­se wat heel­wat ou­er is, soos ou­er as 40, is daar al­tyd die op­sie om men­se oor­see En­gels te leer. “Ons doen on­der meer pla­sings in Pe­ru, Gu­a­te­ma­la, Costa Ri­co en T­hai­land.”

On­der­wy­sers wat on­der­rig in En­gels kan gee, is hoog in aan­vraag in ver­skeie lan­de wê­reld­wyd en ge­kwa­li­fi­seer­de on­der­wy­sers het ’n taam­lik wye keu­se.

Ge­wil­de op­sies hier­voor is Oos­ter­se lan­de soos Tai­wan, T­hai­land, Vi­ët­nam,

C­hi­na en Ko­rea of p­lek­ke soos Du­bai. Nie al­le p­lek­ke ver­eis on­der­wys­kwa­li­fi­ka­sies nie, maar die mees­te lan­de ver­eis dat jy min­stens ’n TESOL (Te­a­ching En­g­lish to S­pea­kers of Ot­her Lan­gua­ges)- of TEFL (Te­a­ching En­g­lish as a Fo­reign Lan­gua­ge)ser­ti­fi­kaat het – iets wat jy met ’n aan­lyn kur­sus kan ver­werf.

Daar is ver­skeie a­gent­skap­pe soos www. my­chi­na.co.za wat in die pla­sing van En­gel­s­on­der­wy­sers spe­si­a­li­seer en die kon­trak­te is ge­woon­lik van ses maan­de tot ’n jaar.

Nog ’n ge­wil­de op­sie is as plaas­wer­ker in A­me­ri­ka (en el­ders). Daar is ver­skeie a­gent­skap­pe, soos CV Pla­ce­ments in Suid-a­fri­ka wat men­se met on­der­vin­ding en o­plei­ding in die land­bou­be­dryf plaas. Land­bou­ers, ook heel­wat ou­er as 30, word in lan­de soos die VSA en Nieu-see­land ver­wel­kom.

Die bes­te an­der op­sie vir ou­er men­se wat hul­le by OVC het, is vry­wil­li­ger­s­werk, re­ken Car­le­ne, want daar­voor is daar geen ou­der­doms­be­per­king nie, maar hoe­wel jy dan ver­niet by ’n plaas­li­ke ge­sin kan bly en eet, ver­dien jy geen geld nie.

Vir ’n sab­bats­jaar son­der dat jy ’n in­kom­ste ver­dien, is iets soos Wor­ka­way (www. wor­ka­way.in­fo) ’n goeie op­sie.

Die kon­sep be­hels dat rei­si­gers by gas­he­re gaan bly wat ’n ek­stra paar han­de in hul huis, on­der­ne­ming of vir ’n spe­si­fie­ke pro­jek no­dig het. In ruil vir ’n paar uur (on­ge­veer vyf uur, maar dit wis­sel) se werk el­ke dag kry jy gratis ver­blyf en kos. Jy ver­dien dus nie geld nie, maar som­mi­ge men­se re­ken dit is ’n be­ter al­ter­na­tief as bloot toer, om­dat jy ge­woon­lik ’n be­ter stan­daard ak­kom­mo­da­sie kan kry en ook ge­leent­heid het om bie­tjie met die plaas­li­ke men­se skou­er te skuur. Die werks­tyd­perk kan wis­sel van ’n paar maan­de tot ’n jaar of selfs meer en jy kan aan­soek doen vir pos­te wat by jou spe­si­fie­ke vaar­dig­he­de pas.

Nog ’n op­sie is W­woof­ing (Wil­ling Wor­kers on Or­ga­nic Farms), ’n pro­gram wat vry­wil­li­gers met ’n gas­heer­ge­sin op ’n or­ga­nie­se plaas ver­bind. Kul­tu­re­le uit­rui­lor­ga­ni­sa­sies soos Work A­way en Help Ex­chan­ge bied ook werks­ge­leent­he­de in ruil vir kos en ver­blyf. As hier­die ti­pe op­sie jou in­te­res­seer, oor­weeg lid­maat­skap van die Ca­re­ta­ker’s Ga­zet­te, ’n kwar­taal­lik­se nuus­brief wat in­ter­na­si­o­na­le ge­leent­he­de ad­ver­teer, on­der meer om hui­se op te pas.

As jy kans sien om e­ni­ge werk te doen son­der om ’n reu­se­sa­la­ris te ver­wag en dit as deel van die a­von­tuur sien, is ’n werks­va­kan­sie­vi­sum die i­de­a­le weg­spring­plek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.