GOEIE ONDERWYSERS IS GOUD WERD

Vrouekeur - - REDAKTEURS BRIEF -

Om kin­ders groot te maak, is die moe­lik­ste taak wat ek tot nou toe moes aan­pak. Op die een of ander won­der­baar­li­ke wy­se het ek my twee kin­ders groot ge­kry. Maak nie saak hoe oud jou kin­ders is nie, ou­ers bly be­kom­merd en be­sker­mend oor hul­le. Soos ons een kol­le­ga op kan­toor wie se jong­ste vol­gens sy juf­frou “niks reg doen nie”. Dis nie net die ma wat vies is vir die juf­frou nie – die he­le Vk-span staan bank­vas ag­ter haar.

Soos die li­rie­ke in The Sound of Mu­sic

lui: “...so­mew­he­re in my youth or child­hood I must ha­ve do­ne so­mething good

...”, moes ek iets in die groot­maak­pro­ses reg­ge­kry het, want al­bei my kin­ders is goeie en ga­we men­se. ’n Goeie mens is vir my ie­mand wat ...

... em­pa­tie met me­de­men­se het en nie vra:” “W­hat’s in it for me?” nie.

... kan dink – kri­ties dink – en nie als vir soet­koek op­vreet nie.

... weet daar is nie net een “reg” nie.

... el­ke dag by ander leer.

... nie dink hoe ry­ker hoe be­ter nie. Ui­ter­aard is dit nie net aan my te dan­ke nie – my in­vloed is dalk mi­ni­maal. Baie men­se het ’n aan­deel in hul vor­ming: hul pa, hul ge­lief­des, my ou­ers, my broers, my ge­lief­de, hul vrien­de en ’n klomp men­se van wie ek nie eens weet nie.

Die in­vloed van onderwysers op kin­ders se e­mo­si­o­ne­le ont­wik­ke­ling en mens­word kan mens nie ont­ken nie. Maar dié munt het twee kan­te. Nie al­le onderwysers se in­vloed werk ten goe­de nie. Nie al­le onderwysers is goed en gaaf nie en nie al­mal het die wys­heid, em­pa­tie, in­sig, deer­nis en e­mo­si­o­ne­le in­tel­li­gen­sie om ’n po­si­tie­we by­drae te le­wer nie. Dis die le­we. Nie al­mal in al­le be­roe­pe is ewe goed nie.

Ek het twee me­nings oor onderwysers: Een: Soos dok­ters ge­keur word om met men­se­le­wens te werk, moet onderwysers ge­keur word om met men­se­le­wens te werk. Net die beste van die beste moet toe­ge­laat word. As dok­ters nie weet wat hul­le doen nie, sterf men­se. As onderwysers nie weet wat hul­le doen nie ... Wel, men­se kan e­mo­si­o­neel diep won­de op­doen ... selfs daar­aan sterf.

Twee: Soos dok­ters ruim vir hul ver­ant­woor­de­li­ke werk ver­goed word, moet onderwysers ruim vir húl ver­ant­woor­de­li­ke werk ver­goed word.

Daar is onderwysers wie se in­vloed op die kin­ders in hul klas­se van on­skat­ba­re waar­de was en is. Soos mr John Ke­a­ting in De­ad Poets So­cie­ty wat op een van die les­se­na­re in die klas ge­klim het en ge­sê het: “I stand upon my desk to re­mind my­self that we must con­stant­ly look at t­hings in a dif­fe­rent way.” Die In­die­se we­ten­skap­li­ke APJ Abdul Ka­lam het on­der meer ge­sê: “Te­a­ching is a very no­ble pro­fes­si­on that shapes the cha­rac­ter, ca­li­b­re and fu­tu­re of an in­di­vi­du­al. If pe­op­le re­mem­ber me as a good te­a­cher, that will be the big­ge­st ho­nour for me.” Hy’t ook ge­sê: “If a coun­try is to be cor­rup­ti­on free and be­co­me a na­ti­on of beau­ti­ful minds, I strongly feel the­re are key so­cie­tal mem­bers who can ma­ke a dif­fe­ren­ce. T­hey are pa­rents and te­a­chers.” Mr Ke­a­ting in De­ad Poets So­cie­ty is die ver­we­sent­li­king van Wil­li­am Art­hur Ward se sie­ning oor onderwysers wat sê: “The me­di­o­c­re te­a­cher tells. The good te­a­cher ex­plains. The su­pe­ri­or te­a­cher de­mon­stra­tes. The gre­at te­a­cher in­spi­res.” As meer onderwysers in­spi­reer, gaan dit nie no­dig wees vir ’n graadt­wee­seun­tjie om bang te wees vir skool nie, want “Juf­frou skree op my en sy hou nie van my nie”. Om ’n goeie on­der­wy­ser te wees, is een van die moei­lik­ste ta­ke en goeie onderwysers is goud werd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.