HOU OP DIÉ HOEK STIL

’n Be­soek aan die oud­ste ho­tel in ons land

Vrouekeur - - INHOUD - Fo­to’s CLIFFORD RO­BERTS

Die Houw Hoek Ho­tel op die N2 net voor Bot­ri­vier is die oud­ste ge­li­sen­si­eer­de ho­tel in die land en da­teer uit 1779. Dis in die dae van die Oos-in­die­se Com­pan­jie ge­bou en aan­vank­lik as tol­hek vir die wa­pad na die oos­te­li­ke bin­ne­land ge­bou. Die twee­de ver­die­ping is in 1861 aan­ge­bou en die ho­tel het in 1834 sy li­sen­sie ver­kry.

Ver­tel jy vir men­se dat jy daar­heen gaan vir die na­week, is die eer­ste vraag of jy die dans en ete gaan by­woon, want dis le­gen­da­ries. Dit is al so deel van die ho­tel soos die reu­se­bloe­kom­boom voor die in­gang.

Dis nie nood­wen­dig die hoog­ste boom in die land nie, maar se­ker­lik een van die oud­stes, hoor ek daar by een van die per­so­neel.

Die ho­tel het in 1848 aan ’n Duit­se sen­de­ling, Jo­hann Paul Bey­ers, be­hoort, wat die boom op 28 Au­gus­tus 1850 ge­plant het om die ge­boor­te van sy vyf­de kind, Ma­ria Ger­tru­de, te ge­denk. Klaar­blyk­lik is Ma­ria in die ka­mer reg­oor die boom ge­bo­re.

Sy het la­ter met Wal­ter M­cfar­la­ne, ’n S­kot, ge­trou en hy het die me­de­ei­e­naar van die ho­tel ge­word. Wal­ter was ’n wa­re sa­ke­man en het in 1902 die Ma­ri­ne Ho­tel op Her­ma­nus ge­bou en was Her­ma­nus se eer­ste bur­ge­mees­ter.

Die bloe­kom­boom se stam se om­trek is al meer as 11 m en dit groei steeds!

Jen­ni­fer Ja­cobs werk al meer as 20 jaar by die ho­tel en ver­tel haar pa, S­te­fa­nus, het 55 jaar aan die ho­tel groen­te en vrug­te uit sy tuin voor­sien en na die ho­tel se wa­ter om­ge­sien. “Soms was daar nie wa­ter nie, dan weet hy die bob­be­ja­ne het die fon­tein met klip­pe toe­ge­pak,” ver­tel sy.

Die ho­tel het met haar be­gin­ja­re net 36 ka­mers ge­had, maar spog nou met 53.

Ons het ons tas­se neer­ge­sit en vin­nig deur die groot tui­ne ge­stap voor ons koers kies na die Ga­bri­ëls­kloof­wyn­en­o­lyf­land­goed so ’n paar ki­lo­me­ter ver­der aan op die N2.

S­jef Frans Groe­ne­wald en sy vrou, Ma­ri­aan, be­sit en be­stuur die re­stau­rant daar en hul voor­tref­li­ke dis­se kom­ple­men­teer die land­goed se be­kroon­de wy­ne.

Van sy heu­wel­lig­ging bui­te Bot­ri­vier ge­niet die plaas ’n on­ge­rep­te uit­sig van­af die kop­pie in die mid­del van die vel­de tot by die Ba­by­lon­sto­ren­ber­ge.

Die be­soe­ker­sen­trum is ’n land­merk­be­stem­ming en bied wyn­, sjo­ko­la­de­ en o­lyf­o­lie­proeë en in Frans en Ma­ri­aan se plaas­styl­re­stau­rant waar lang­ge­roos­ter­de ge­deel­de maal­tye be­dien word, be­leef jy eg­te plat­te­land­se pas­sie en ’n ruim hand.

Ons ge­niet Frans se nu­we so­mer­spys­kaart.

Die re­stau­rant se skuif­deu­re is oop en om­raam die o­lyf­bo­me en win­ger­de in die ver­te, soos ’n pos­kaart uit I­ta­lië.

Die he­mel­se geu­re uit die kom­buis is maar net die voor­sma­kie van die lip­leklek­ker­te wat op ons bor­de ver­skyn: sout­en­ pe­per­ca­la­ma­ri; er­fe­nis­ta­ma­ties en labne­slaai vir voor­ge­reg – skaap­boud soos Ou­ma dit laas ge­maak het met mie­lie­koe­kies en ei­er­vrug­pu­ree en ge­pe­kel­de blom­kool.

Ons stap ’n draai­tjie deur die bin­ne­hof en ek trek my skoe­ne uit om op die gras te stap, wat soos ’n lo­wer­groen, dik ta­pyt on­der my voe­te weg­sak. Ons koop o­lyf­o­lie en ’n bot­tel of twee van die land­goed se che­nin blanc en sy­rah uit die E­sta­te­reeks.

Ek vra met na­ge­reg van tuis­ge­maak­te room­ys met o­lyf­o­lie, en ap­pel­tert met mas­kar­po­ne en tie­mie­room­ys, uit oor die plak­ka­te wat hul Fa­vou­ri­te T­hings­mark van 14–16 De­sem­ber ad­ver­teer.

Die mark spog met 45 uit­ge­soek­te stal­le­tjies.

Ma­ri­aan ver­tel: “Ver­beel jou nou die tui­ne is uit­ge­vat in hel­der kleu­re en ’n lek­ker vro­li­ke at­mos­feer wat jou uit­nooi om in die gees van die mark te deel. Hier­die is dié p­lek vir ge­sin­ne ... en vrien­de­li­ke hon­de is ook wel­kom!”

Ons ry laat­mid­dag te­rug ho­tel toe. Die mis kom in oor die heu­wels en gaan lê in die voue van die kop­pies wat soos sag­te groen flu­weel in die son­ne­tjie lê en bak. Al meer ge­sin­ne laai hul voer­tuie af en gou is daar ’n heer­li­ke fees­te­li­ke at­mos­feer.

As jy ag­ter die ho­tel in die tui­ne sit, hoor jy kort­kort die vro­li­ke ge­lag van kin­ders.

Daar is ’n mi­ni­gholf­baan, vlug­bal­ en bou­le­p­lek, waar ge­sin­ne lek­ker ont­span. El­ke nou en dan is daar ’n paar a­von­tuur­lus­ti­ges wat in die boot­jie op die dam gaan roei, of men­se wat met hul stap­skoe­ne en rug­sak­ke die stap­roe­te ag­ter die ho­tel aan­durf.

Van die pie­ke van die kop­pe af het jy ’n uit­sig tot daar waar die wê­reld klein word. Ons vang ’n mid­dag­sla­pie en be­loof ons­self dat ons mô­re min­der gaan eet, meer gaan stap en gaan fiks word!

Teen ske­mer kui­er ons in die sit­ka­mer met gla­se wyn van die Bot­ri­vier­wyn­roe­te net oor die heu­wels. Aand­e­te word nog met ’n ghong aan­ge­kon­dig en ons smul aan rib­be­tjie.

Ons mo­tor is on­der ’n koel­te­boom par­keer so­dat ons ak­tie­wer kan wees en die e­nig­ste keer wat ons die ho­tel se ter­rein ver­laat, is om oor die pad te stap na die Houw Hoek­pad­stal, waar ge­sin­ne by die dam staan en vis­vang en ’n klein seun­tjie kraai van die lag toe sy pa se vis­lyn in ’n bie­sie­pol vas­haak.

Ons koop lek­ker in­ge­leg­de groen­vye, o­ly­we, kou­e­vleis, ’n homp kaas en ’n vars ci­a­bat­ta vir ons stap­pie na die bo­kant van die heu­wels ag­ter die ho­tel.

Die pad­stal se tuis­ge­bak­te pas­teie is le­gen­da­ries.

Toe die son­ne­tjie laat­og­gend min­der gif­tig brand, gaan stap ons die Houw Hoek-stap­roe­te wat ag­ter die ho­tel deur die kop­pies kron­kel.

Stap jy ag­ter die ge­boue uit op die voet­slaan­pad, be­groet ’n bord­jie jou met: “Trot­se lid van die Groen­land­berg Be­wa­rea.” Gou blaas ek soos die on­fiks stads­mei­sie wat ek is, maar die skoonheid, vars lug en vo­ël­le­we, laat my gou van my kort­a­sem­heid ver­geet en ek gee my aan die na­tuur oor.

Ons kyk hoe die ho­tel en die kin­ders by die dam al klei­ner word en hoe die per­so­neel heen en te­rug stap om die dans­lo­kaal vir die aand in te rig.

Die pad is soms meer ge­lyk; ander ke­re steil en smal, maar die uit­sig­te van ho­ër op, maak die seer kui­te die moei­te werd.

Ons vind ’n lek­ker groot rots en pak ons pad­kos uit. Ek hou al­tyd ’n kof­fie­fles in die mo­tor en die ho­tel het dit vol kof­fie ge­maak. Sa­lig swaai ons be­ne oor die rots; die kim dein­se­rig van die mis­tig­heid ver­der af in die val­lei.

Ek stop hoe­veel maal by reu­se­pro­te­as, be­won­der die har­de bui­te­bla­re en sag­te bin­ne­kant; kyk hoe die bye sag­gies daar­op loop. Kort-kort is daar ’n vo­ël­tjie wat kom stuif­meel suig, dan weg­vlieg. Die fyn­bos­kom­bers be­dek al die ber­ge en da­le om ons.

Daar is nog ge­noeg son­lig om langs die swem­bad te gaan ont­span, met ons kaal, moeë voe­te op die gras. By ons voe­te pik ’n paar sy­sies in die gras en bo ons kop­pe bou vin­ke ver­woed nes. Mi­nu­te ná vyf kom die goe­de­re­trein ver­by.

Sa­ter­dag­aand be­gin die paar­tjies so stuk-stuk by die kroeg aan­kom vir ’n dran­kie voor hul­le oor­stap na die ont­haal­lo­kaal vir die dans en ete.

Ek hoor daar by ’n man dat die om­ge­wing sy naam te dan­ke het aan die dae van die os­se­wa­ens en die man­ne sterk moes “vas­hou” om die “hoe­ke” teen die steil­tes van die pas af.

Die pas is kort ná Sir Lo­wrys­pas in

1833 ge­bou en is op sy hoog­ste 340 m bo see­spie­ël. Die ho­tel en pad­stal – aan weers­kan­te van die na­si­o­na­le pad – lê vlak voor die pas se be­gin.

Ons is teen 22:00 só moeg ge­dans dat ons be­sluit om die na­ge­reg mis te loop en stap uit­a­sem en dood­moeg on­der die ster­re en reu­se­maan na ons ka­mer.

Son­dag­og­gend sluit ons by ’n paar ander men­se by die bou­le-veld­jie aan en speel bou­le soos waf­fer­se Fran­se.

Die ont­byt­geu­re van die ho­tel se stoep roep ons la­ter na­der en die res van die dag sit ons on­der ’n koel­te­boom met ons boe­ke, vo­ël­boek en ver­ky­ker.

Kort-kort kom ver­ras ’n ander ge­veer­de ons in die tak­ke en dank­sy ons splin­ter­nu­we her­sie­ne uit­ga­we van die Ro­berts-vo­ël­gids, kan ons la­ter vir ’n paar kin­ders ook ver­tel en wys wat ons sien. Hul­le wil die fo­to’s in die boek sien en dan die vo­ël in die tak­ke soek. Toe ’n kaal­wang­valk laag oor ons kop­pe draai, gil die kin­ders van ple­sier en soek self die be­skry­wing in die boek op. Dank­sy die prag­ti­ge fo­to’s wen ons daar­die dag ’n he­le paar nu­we vo­ël­ky­kers!

Ons pak laat­mid­dag traag ons tas­se in die kat­te­bak. Daar staan heel­wat voer­tuie voor die ho­tel se deur; som­mi­ge het fiet­se op, een of twee met ka­jak­ke. ’n Man kom haal ’n bot­tel von­kel­wyn van Ge­ne­vie­ve uit Bot­ri­vier uit ’n boks in sy kat­te­bak. Hy glim­lag breed en sê sy vrou ver­jaar en die ho­tel help hom met ’n ver­ras­sing­se­te langs die kag­gel.

Die Houw Hoek Ho­tel is een van daar­die plek­ke waar jy dit kan doen: al­mal is soos fa­mi­lie hier en ons kom be­slis weer hier by ons nu­we fa­mi­lie af­pak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.