DORETTE EN HAAR LUNA IS ’N WENSPAN

In ge­sprek met Dorette Pot­gie­ter

Vrouekeur - - INHOUD - Deur MARETTA BELLINGAN

Dorette Pot­gie­ter groet my met ’n sty­we druk en ver­dui­de­lik lag­gend hoe­kom haar lang blon­de ha­re van­dag vol weer­bars­ti­ge krul­le is.

“Ek was pas by ’n cas­ting vir ’n A­me­ri­kaan­se Le­vi-ad­ver­ten­sie vir ’n mi­ni beau­ty queen-ma. Nog ’n ak­tri­se wat ek ken en haar dog­ter­tjie was ook daar. Ek hoop reg­tig een van ons twee kry dit, ons het al­bei die geld no­dig!

“Dis reg­tig ’n groot mee­val­ler om ’n Tv-ad­ver­ten­sie te kry, die geld is nie te ver­smaai nie, maar ge­luk speel ’n groot rol,” er­ken die 45-ja­ri­ge ak­tri­se en ma van ’n ne­ge­ja­ri­ge dog­ter­tjie.

Sy er­ken dat sy nie ’n aan­han­ger van skoon­heids­kom­pe­ti­sies vir kin­ders is nie. “Ek sal nie my kind daar­aan bloot­stel nie. Al­mal sê dis so goed vir hul self­beeld. Ek’s jam­mer, daar is so­veel kat­te­rig­heid en ja­loe­sie en hul­le het glad nie die ge­reed­skap om dit te ver­werk nie. Lia Luna Li is ’n topys­skaat­ser en dis baie ge­son­der vir haar self­beeld.

“My kind aard be­slis na haar pa – ek het twee lin­ker­voe­te op die ys.” Luna se pa is die mu­si­kant Ri­ku L­ät­ti. Dorette ver­klap wel dat sy op haar dae ’n kra­ni­ge bal­le­ri­na was en glad nie sleg ge­vaar het op die at­le­tiek­baan nie. “Ek moes tus­sen ver­spring en bal­let kies en toe wen bal­let.”

Dorette was vroe­ër van­jaar in ’n hoof­rol in die ky­knet-klug Die kas­teel te sien. Sy het ook on­langs die rol­prent Kern ver­film, wat vir Roep-tv ge­maak is, die eer­ste Sui­d­a­fri­kaan­se aan­lyn Chris­te­li­ke Tv-ka­naal.

Li­ka Ber­ning, Frank Rau­ten­bach en

Cla­ra van den Bergh is ook te sien in die prent wat la­ter van­jaar in ’n reeks om­skep word en oor die mag van die me­dia han­del.

Dorette, wat ja­re ge­le­de haar loop­baan as ak­tri­se met ’n rol in E­go­li af­ge­skop het en ook in Voe­te van goud, Sout­mans­land en Swart­wa­ter 2 te sie­ne was, se be­lang­rik­ste rol is eg­ter dié van ma en dis een wat sy met groot sorg en trots ver­vul.

“My spro­kie was nie om ’n en­kel­ma te wees nie, maar my en haar pa se le­wens­fi­lo­so­fie het so ver­skil dat daar nie reg­tig kans vir ver­soe­ning was nie.”

Dorette en Ri­ku was vyf jaar lank in ’n ver­hou­ding en die paar­tjie het in 2008 ’n twee­ling vroeg in die swan­ger­skap ver­loor.

“Ek het ge­waai toe Luna ’n jaar en drie

maan­de oud was en daar was reeds ’n ste­wi­ge band tus­sen pa en dog­ter. Dis nie mak­lik om ’n en­kel­ou­er te wees nie, maar dis ook nie ’n ver­sko­ning om ’n sleg­te ou­er te wees nie,” sê Dorette, wat reeds tien jaar een­lo­pend is.

“Ek doen dit reg­tig op my eie. My ma het een keer pro­beer om Luna se doek om te ruil, maar was nie baie suk­ses­vol nie,” ver­tel sy lag­gend.

“My dog­ter is baie lief om va­kan­sies by haar ou­pas en ou­mas te kui­er, maar hul­le is nie op ’n daag­lik­se ba­sis be­trok­ke nie.

“Luna en haar pa het ’n baie goeie ver­hou­ding, hy sien haar so ge­reeld as wat sy ske­du­le dit toe­laat, meest­al el­ke twee­de na­week.”

Dorette en haar dog­ter woon in ’n ou ska­kel­huis in V­re­de­hoek, nie ver van die Kaap­se mid­de­stad nie en re­la­tief na­by Luna se skool.

“As ek vir werk weg­gaan, neem ek haar saam. Luna was in 2017 in drie ver­skil­len­de sko­le en haar pun­te is deur­gaans bo 90%,” sê die trot­se mam­ma.

“Sy’s ’n fyn­be­snaar­de kind, ta­lent­vol en reg­tig dier­baar, ’n klein vre­de­ma­ker met so­veel meer ge­duld as haar ma. En dan is sy boon­op prag­tig en dis nié net ek wat so sê nie! Moet net nie dat sy my hoor nie,” fluis­ter Dorette, wat vroe­ër vin­nig weg­ge­glip het om Luna by haar net­bal­oe­fe­ning te gaan haal. “Sy ver­pes dit as ek met haar spog.”

Ter­wyl die klein kaal­voet­skoon­heid bui­te in die tuin saam met maat­jies speel, ver­tel Dorette dat haar dog­ter reeds van twee­ja­ri­ge ou­der­dom af mo­del­werk doen.

Luna het ’n in­ter­na­si­o­na­le a­gent en het al ’n he­le rits ad­ver­ten­sie­veld­tog­te ge­doen, on­der meer vir Marks & S­pen­cer, Ni­vea en Per­sil, ’n Duit­se was­poei­er.

“Sy het haar eer­ste voor­blad op ses vir ’n Pool­se tyd­skrif ge­doen,” sê Dorette en wys vir my fo­to’s op haar foon van haar dog­ter op die web­werf van Pul­se Kids. “Maar ek laat nie toe dat sy meer as drie veld­tog­te per jaar doen nie. Ons het be­slis ’n baie heg­te ver­hou­ding om­dat dit net ons twee is. Ons is bud­dies, maar ons is ook ma en dog­ter – sy weet waar haar gren­se is.”

Mi­nu­te la­ter sluit Luna, wat in graad 3 is, by ons aan en ter­wyl sy haar slap­tjips eet, ge­sels sy heel ge­mak­lik met die vreem­de tan­nie wat haar met ’n klomp vrae pe­per.

“Wis­kun­de is my guns­te­ling­vak, want dis in­te­res­sant,” sê die jon­ge da­me, wat glo een­dag ’n ma­ri­ne­bi­o­loog wil word om­dat sy graag die see­le­we wil be­stu­deer.

“Ek hou daar­van om na Mam­ma te kyk wan­neer sy to­neel­speel, maar ek wil nie self to­neel­speel nie, dis té har­de werk vir te min geld,” ver­klaar sy kor­daat.

“En ek hou baie van ys­skaats, want dis uit­da­gend om jou ba­lans te hou. Pap­pa help my met my kla­vier­les­se en hier­die so­mer gaan hy my leer surf.

“Dis lek­ker om ’n shoot te doen, een­keer moes ons cu­p­ca­kes in me­kaar se ge­sig­te druk en dit was groot pret. Ek spaar die mees­te van my geld!”

Haar groot held is Al­bert Ein­stein, “want hy was so won­der­lik met wis­kun­de”, maar sy dink glad nie Jus­tin Bie­ber is ou­lik nie en hou baie meer van die bu­re se seun­tjie, Le­vi. “Ek hou ook niks van boe­lies nie, want hul­le is kwaad vir hul­le­self om­dat hul­le nie weet hoe om met ander te speel nie.”

En dan war­rel sy weer uit om te gaan kyk wat die maat­jies bui­te doen.

Dorette werk ook deel­tyds as ver­hou­dings­fa­si­li­teer­der. “Ek het dit vyf jaar lank stu­deer en mag dalk een­dag my eie prak­tyk oop­maak, maar dit kom nut­tig te pas in my le­we, as­ook in my werk by Polls­moor.

“ky­knet het vir my ’n kon­trak ge­gee om na­vor­sing oor op­lei­dings­pro­gram­me by die tronk te doen. Ho­pe­lik kan ek my do­ku­men­têr af­han­del vir die Sil­wer­skerm 2019 en my de­buut as re­gis­seur en ver­vaar­di­ger maak.

“Ek put groot vreug­de daar­uit om te sien hoe men­se van­uit hul­pe­lo­se si­tu­a­sies die lig sien,” sê Dorette. Al het sy dit self nie breed nie, help sy ook om speel­goed vir kin­ders in Gu­gu­let­hu te ver­sa­mel.

Dorette, wat ook deel­tyds by Af­da as do­sent vir na­graad­se stu­den­te be­trok­ke is, be­oog om in sa­me­wer­king met die SA Film A­ca­de­my haar eie op­lei­dings­pro­gram vir jong ge­van­ge­nes by Polls­moor in wer­king te stel.

“Ek gee met lief­de. Daar was tye dat ek nie pe­trol in my tenk of kos in die ys­kas ge­had het nie, maar daar sal al­tyd hulp op­daag en ek weet die He­mel­se Va­der sorg vir my.

“Ek was al­tyd ge­lo­wig, maar die laas­te drie jaar het God werk­lik deel van my daag­lik­se be­staan ge­word.

“Ek gaan be­slis nog ie­mand ont­moet en trou, ek’s nie ge­maak om vir al­tyd al­leen te wees nie. God sal ie­mand op die reg­te tyd vir my s­tuur,” sê Dorette, wat ook baie by die Hillsong­kerk be­trok­ke is.

Wan­neer daar tyd is, be­derf sy haar­self graag met ’n kuns­fliek by die Wa­ter­front of ’n gla­sie wyn op Ta­fel­berg. “En as ek dit kan be­kos­tig, sal ek bit­ter graag weer Bel­gië wil be­soek. Kort ná my mis­kraam het ek dae lank deur die stra­te en ka­te­dra­le in Ant­wer­pen ge­stap – daai stad het my ge­nees.

“Soos al­mal voel ek by tye oor­wel­dig deur die le­we, maar dan vra ek net die Hei­li­ge Gees om my by te staan. Ek’s eint­lik in ’n baie goeie p­lek in my kop en hart, dis net die bank­ba­lans wat nog moet saam­werk!”

Haar wen­se het be­slis nie op do­we ore ge­val nie, want kort na af­loop van ons on­der­houd het Dorette laat weet dat sy toe wel die Le­vi­ad­ver­ten­sie ge­kry het. “Ek voel werk­lik ge­se­ënd en dank­baar.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.