KUNS WAT VLIEG

Beeld­hou­er Ja­co Sie­ber­ha­gen se be­son­der­se werk

Vrouekeur - - INHOUD - Fo­to’s JAMES LUCKHOFF

Ja­co Sie­ber­ha­gen se werk het my die eer­ste keer ty­dens die 2016 S­culp­tu­res on the C­liffs-uit­stal­ling op Her­ma­nus op­ge­val. Dié uit­stal­ling van ver­skeie kuns­te­naars se beel­de strek el­ke jaar oor on­ge­veer 11 maan­de, van­af die o­pe­ning van die FynArts­fees in Ju­nie tot in Mei die vol­gen­de jaar, wan­neer daar met voor­be­rei­dings vir ’n nu­we uit­stal­ling be­gin word.

Dit was on­moont­lik om Ja­co se blou vlek­vry­e­staal­sil­hoe­ët­beeld, Rei­si­ger, mis te kyk, en ek het deur die maan­de ge­reeld daar­by gaan stil­staan en ge­won­der oor die swa­el­tjies en die fyn­be­sne­de ge­sig wat ’n een­heid vorm, as­of die vo­ëls deel is van die kop, of dalk die ha­re.

Die beeld het ’n in­druk op my ge­maak en ek sien dit steeds in my ge­dag­tes, af­ge­ëts teen Her­ma­nus se kus­lyn, met die blou lug en die wa­ter van Wal­ker­baai op die ag­ter­grond.

Ek het in­tus­sen twee din­ge ont­dek: Ja­co skryf ge­dig­te wat sy beel­de kom­ple­men­teer, en daar­die vo­ëls is nie net swa­el­tjies soos ek met die eer­ste oog­op­slag ge­dink het nie. As jy mooi kyk, is daar een duif in die mid­del van die swerm swa­el­tjies en saam met Ja­co se woor­de kry hier­die beeld vir my selfs meer be­te­ke­nis:

Rei­si­ger

Wan­neer die so­mer­son roep en jy op die rug van die wind wil ry, gaan jy met ve­le vler­kes­prei.

Daar­om vra ek mooi.

Bly tog jou eie ska­du gooi.

Ek ont­moet Ja­co en sy vrou, Sug­nét, op ’n koue, re­ë­ne­ri­ge dag by hul huis op On­rus, net bui­te Her­ma­nus. Die ver­trek waar ons sit en ge­sels, is vol van sy wer­ke. Ek kan nie help om te glim­lag vir ’n beeld van Pi­noc­chio nie, met vier ge­raam­tes en vier mui­se wat ag­ter hom aan­streep. Dit lyk am­per of hul­le fol­low the le­a­der speel, met Pi­noc­chio die lei­er.

P­leks van Ji­miny C­ric­ket, sit ’n aas­vo­ël op Pi­noc­chio se neus, en die plat­form waar­op die ka­rak­ters “loop”, rus op twee kop­be­ne wat van me­kaar af weg­kyk.

Op ’n ma­nier is dit nog­al ma­ka­ber, maar daar is ’n speels­heid aan die kom­po­si­sie wat maak dat mens wil aan­hou kyk. Die beeld is een in ’n reeks van vier wat Pi­noc­chio uit­beeld.

“So twee jaar lank het ek al hoe meer sa­ti­rie­se wer­ke ge­doen, al hoe meer ‘be­sorgd­heid oor wat om ons aan die gang is’­wer­ke, en die wer­ke met Pi­noc­chio kom daar­uit. Dis van die don­ker­ste wer­ke wat ek al ge­doen het.”

Hy ver­tel van ’n kuns­te­naar uit die 16de eeu, Hans Hol­bein, wat ’n reeks hout­druk­wer­ke ge­maak het, ge­naamd Dan­ce of De­ath. In al­les was ’n ge­raam­te teen­woor­dig om op die kort­ston­dig­heid van ons le­we klem te lê.

“Toe ek die Pi­noc­chio­reeks ge­maak het, het ek bie­tjie na Hol­bein se wer­ke gaan kyk. Ek ge­bruik e­le­men­te in my

beel­de wat am­per soos woor­de vir my is, en die ma­nier waar­op die e­le­men­te teen­oor me­kaar ge­plaas word, skep span­ning tus­sen die e­le­men­te, am­per soos span­ning tus­sen twee woor­de, en die span­ning ver­oor­saak die kom­mu­ni­ka­sie in jou kop; die ‘ge­sprek’ in jou kop. Dus, die i­dee van die werk is eint­lik dat dit ’n ge­sprek oor ’n te­ma of ge­dag­te aan die gang wil sit.”

Ja­co doen nou al meer as 30 jaar beeld­hou­werk. Hy het met klei be­gin en het la­ter met hout ge­werk, maar het ’n al­ler­gie vir hout­stof ont­wik­kel. Met­ter­tyd het hy staal as me­di­um ont­dek en die sil­hoe­ët­beel­de be­gin maak, wat hy van­dag steeds doen.

Hy ont­werp el­ke beeld op re­ke­naar. So­dra hy met die ont­werp te­vre­de is, word dit uit staal of vlek­vrye staal ge­la­ser. Hy sweis dan al die e­le­men­te aan­me­kaar voor­dat hy die eind­pro­duk af­werk en spuit­verf om dit sy fi­na­le voor­koms te gee.

In die ver­le­de het hy sy beel­de meest­al swart ge­verf.

“Swart is die tra­di­si­o­ne­le sil­hoe­ët­kleur en swart is ook nie e­mo­sie­voor­skrif­te­lik nie. Dit sê nie vir men­se hoe hul­le moet voel nie,” sê hy. “Dit in­kor­po­reer eint­lik al­le kleu­re om­dat dit nie kleur te­rug­gee nie, en jy kan op e­ni­ge ma­nier daar­op re­a­geer.

“As jy die­self­de beeld by­voor­beeld rooi ge­verf het, sou dit baie ag­gres­sie­wer ge­wees het.”

Dit was juis toe hy aan die reeks be­gin werk het, wat Rei­si­ger in­sluit, dat hy met ander kleu­re ook be­gin eks­pe­ri­men­teer het. “Baie van my reek­se was so­si­a­le kom­men­taar­le­we­ring, ook ’n bie­tjie op po­li­tie­ke ge­bied, want ek het nog­al ge­voel ’n kuns­te­naar must ma­ke a blind man see.

“Dis dalk pre­ten­si­eus om te dink dat mens die ver­moë het, maar jy moet net glo dat jy met jou kuns­werk be­sig is om men­se se le­we met po­si­tie­we e­ner­gie, of met nu­we den­ke, ’n nu­we ma­nier van na iets kyk, of met ’n ander op­los­sing vir ’n pro­bleem te be­lig.

“Ek het eg­ter be­gin voel my kuns raak al hoe don­ker­der en al hoe swaar­der en am­per mor­bied. En al was dit din­ge wat ek in daar­die sta­di­um wou sê, voel ek die af­ge­lo­pe ruk ons moet ook iets an­ders raak­sien. Ons moe­nie net die ska­du’s raak­sien nie; ons moet die lig ook raak­sien. Uit daar­die ti­pe den­ke het die eer­ste ont­kie­ming van i­dees ge­kom wat tot Rei­si­ger ge­lei het.”

Die reeks sluit nog beel­de soort­ge­lyk aan Rei­si­ger in, wat e­le­men­te van die mens se ge­sig of die he­le lig­gaam met vo­ëls kom­bi­neer. Dis op­merk­lik dat geen van dié beel­de swart is nie.

“Ie­mand het my ge­vra om ’n paar wer­ke rond­om die te­ma van in­spi­ra­sie te maak. Ek het die og­gend af­ge­stap Har­der­baai toe en gaan sit en dink oor wat ek kan maak. Daar was ont­set­tend baie vo­ëls. En die vo­ëls tjirp en hul­le gaan te­ke­re, en hul­le is tog so lek­ker bal­da­dig en vro­lik en te­vre­de; hul­le weet nie of ’n kat hul­le la­ter gaan vang of wat gaan ge­beur nie, maar daar is ’n oor vloed van kos en hul­le is net baie bly. En dis toe dat ek dink dís eint­lik die ge­sind­heid wat ook in ons moet wees.”

Hy sê dat hy met daar­die reeks wou ver­beeld wat in ons kop­pe aan­gaan. Maar hoe stel jy dit wat in jou kop aan­gaan in ’n beeld voor?

“Toe het ek ge­dink aan hier­die in­ge­steld­heid van die vo­ëls; hoe­kom sit ek dit nie in die kop nie? Dis waar die sil­hoe­ët­te toe van­daan kom, net van ’n ge­sig en die vo­ëls.”

Hier­die reeks was in Maart by To­ka­ra bui­te S­tel­len­bosch uit­ge­stal met die ti­tel Die an­der­kant van win­ter. Ja­co se op­mer­king voor in die uit­stal­lings­ka­ta­lo­gus lui soos volg: “Die uit­stal­ling is ’n vie­ring van die mens­li­ke gees wat die on­ge­loof­li­ke ver­moë het om reeds die len­te raak te sien ter­wyl al­les nog in win­ter­grou ge­klee is.

Die merk­waar­di­ge ge­loof om te kan vlieg ter­wyl re­a­li­tei­te uit­sig­loos­heid ver­kon­dig.”

Bui­ten vir sy for­me­le op­lei­ding wat gra­de en di­plo­mas in­sluit, het hy reeds aan ’n in­druk­wek­ken­de hoe­veel­heid na­si­o­na­le en in­ter­na­si­o­na­le groep­uit­stal­lings deel­ge­neem, so ook aan ’n he­le paar so­lo­uit­stal­lings en twee­ en drie­per­soon­uit­stal­lings.

Hy was ook al by vier in­ter­na­si­o­na­le beeld­hou­sim­po­si­ums be­trok­ke, waar­van die mees on­lang­se een in Au­gus­tus in C­hi­na was. Hy spog ook met et­li­ke toe­ken­nings vir sy werk. Sy werk kan in o­pen­ba­re en pri­vaat ver­sa­me­lings in Suid­a­fri­ka, C­hi­na, Aus­tra­lië, Abu D­ha­bi, Tai­wan, Ni­ge­rië, I­ta­lië, Ne­der­land, En­ge­land en nog ’n rits ander in­druk­wek­ken­de plek­ke ge­vind word.

Wat is sy wens vir sy werk in die toe­koms?

“Ek dink nooit met die kre­a­tie­we pro­ses te ver voor­uit nie. Ek pro­beer in die oom­blik bly, om dit wat ek nou doen, so goed as moont­lik te doen. Ek bid nooit vir ver­ko­pe nie, ek bid vir ge­leent­he­de, want ek glo as die ge­leent­heid op jou pad kom, moet jy dit net na die beste van jou ver­moë be­nut. Daar gaan so mak­lik ge­leent­he­de by jou ver­by om­dat jy “af­we­sig” is; jy is so ge­fo­kus op dáái ding dat jy nie sien wat on­der jou neus aan­gaan nie.

“My vi­sie is al­tyd baie sterk ge­fo­kus op wat ek nóú doen, en ek wil dit graag so u­niek en spe­si­aal as moont­lik maak. En dan glo ek die pro­ses sal vir hom­self sorg, ook vir die toe­koms.”

Be­soek Ja­co se web­blad by www.ja­co­sie­ber­ha­gen.com om meer oor sy werk te we­te te kom

Ja­co en sy as­sis­tent, Za­mu­ku­lun­gi­sa Ye­ke­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.