DIS WIE HAN­NES IS

Han­nes van Wyk ge­sels oor die hooi op sy vurk

Vrouekeur - - INHOUD - Fo­to ROBERT HAMBLIN

El­ke Son­dag­aand skuif Han­nes van Wyk voor die K­wê­la-ka­me­ras in en ge­sels met ’n nu­we gas. Hy is ak­teur, aan­bie­der, spre­ker en spel­ver­vaar­di­ger vir Suid­oos­ter en reeks­re­gis­seur vir Tus­sen ons.

Ek won­der wat ’n spel- en reeks­ver­vaar­di­ger of boks­re­gis­seur is. Hy ver­dui­de­lik dat hy twee jaar per­ma­nent, maar nou se­ke­re dae per week, in ’n be­heer­ka­mer in die

Suid­oos­ter-a­tel­jee sit en se­ker maak dat al­les reg ver­loop: be­lig­ting, die ak­teurs se di­a­loog, kon­ti­nu­ï­teit en ve­le meer.

Vir die ge­sels­pro­gram Tus­sen ons is hy reeks­re­gis­seur, die mi­kro­foon in el­ke aan­bie­der se oor.

Die rol waar­voor hy se­ker die be­kend­ste is, is dié van Krynauw du Buis­son in E­go­li: P­lek van Goud wat hy tien jaar lank ver­tolk het, maar sy eer­ste Tv-rol was in Ma­na­kwa­lan­ders en daar­na in To­rings, en reek­se soos Val­lei van slui­ers, 7de Laan, Bo­land Moor­de, Die Bi­jl, Boek­klub, Wa­ter­front en

Danz.

Hy het ook rol­le in twee kort­flieks, Die Bach­mo­tief en Nan­tes, ge­had. In die fliek

Ver­skie­ten­de ster was hy Max du Toit, die vak-ad­vi­seur wat help om P­hil­lip S­chu­man (Deàn­ré Rei­ners) wie se ma sterf en wat net wil kla­vier­speel, op die reg­te pad te hou.

Jy gaan lank na hom op so­si­a­le me­dia soek. Hoe­wel hy ’n fa­ce­book- en T­wit­ter-re­ke­ning het, be­har­tig hy dit nie self nie, bloot om­dat hy “te dom met hier­die soort goed is”. Sy a­gent, Ne­li­us, ver­sorg sy T­wit­ter­re­ke­ning na­mens hom en hul­le werk saam aan sy fa­ce­book-blad om sy da­me­sog­gen­de of pro­gram­me te ad­ver­teer.

“Ek is al­tyd bang ek lug my me­ning op ’n o­pen­ba­re plat­form en dit ver­skyn o­ral. Ek sal moet leer om so­si­a­le me­dia on­der die knie te kry, want ek sal graag my nu­we een­man­ver­to­ning wil ad­ver­teer en men­se op hoog­te hou van hoe dit vor­der.”

Maar hy voeg by dat hy ’n klein­tjie dood het aan die mo­der­ne nei­ging dat al­le ak­teurs, san­gers en ander o­pen­ba­re fi­gu­re nou ewe skie­lik ’n han­dels­merk is.

“Jy is nooit gro­ter as die rol, pro­gram, tyd­skrif of pro­duk­sie nie. Doen jou werk so goed jy kan, werk hard en re­spek­teer ander. Dis hoe jy in die be­dryf oor­leef.”

Hy voeg by dat hy nie be­lang­rik is nie en ook nie op sy ou­der­dom gaan ver­an­der nie. Hy be­skou hom­self as ’n dood­ge­wo­ne mens wat in die o­pen­ba­re oog werk.

Hy sê as aan­bie­der het hy ge­leer dat goeie na­vor­sing on­on­der­han­del­baar is en dat jy reg­tig na die per­soon met wie jy ge­sels, moet luis­ter.

“Ek plaas my­self al­tyd in my gas se skoe­ne en vra die vrae wat ek glo die pu­bliek sou wou vra, maar son­der om die per­soon in die ver­leent­heid te stel. Ek vra die vrae wat ek wil weet en vra ook ander men­se wat hul­le graag sal wil weet.”

Hy het al met Nel­son Man­de­la, Sophia Lo­ren en Bill C­lin­ton on­der­hou­de ge­voer, maar dis ge­wo­ne men­se wat hom in­spi­reer. “Ek word baie ge­vra of daar een on­der­houd is wat vir my uit­staan. Dit sal al­tyd die ou steun­pi­la­re in die be­dryf wees, soos Wil­na Sny­man en Lou­is van Nie­kerk. Ek het ’n pro­bleem met die ou­er gar­de wat soms uit­ge­skuif word.”

Hy leer met el­ke on­der­houd; el­ke nu­we rol as ak­teur; el­ke nu­we pro­jek as re­gis­seur.

“Ek kyk na al­les waar­in ek op­tree en dis aak­lig om my­self te sien, maar dis hoe ek leer: min­der han­de swaai, reg­op­per sit, min­der in die re­de val, daar­die ti­pe goed.”

Hy sê K­wê­la is nie reg­streeks nie, maar gaan van le­wen­dig tot band en hy het net

die agt tot tien mi­nu­te om die on­der­houd op te neem. Dit bring soms groot uit­da­gings mee.

Daar kan geen twy­fel wees dat vroue Han­nes van Wyk se hart se punt is nie. Hy be­won­der sy ma, Ma­riet (84), wat in ’n af­tree-oord op A­li­wal-noord woon, die mees­te. Twee jaar ge­le­de het Vroue na aan my hart ver­skyn, ’n boek oor die vroue wat sy die pad ge­kruis het. Hy ver­tel dat die boek eint­lik die uit­vloei­sel was van die praat­jies wat hy by da­me­sog­gen­de ge­le­wer het. Een van die uit­ge­wers het hom hoor praat en voor­ge­stel dat die boek saam­ge­stel word. “My praat­jie is ’n 50 mi­nu­te-hul­de­blyk aan die vroue wat ’n in­druk op my le­we ge­maak het: daar is be­ken­des en ge­wo­ne vroue, maar al­mal spe­si­aal in eie reg.” Hy het on­der an­de­re Em­sie S­choe­man, Ca­ri­ke Keu­zen­kamp, San­dra Prins­loo en E­nie, wat by hul­le ge­werk het toe hy ’n kind was, in­ge­sluit.

Die da­me­sog­gen­de het be­gin toe hy nog in E­go­li: P­lek van Goud ge­speel het en hy ge­niet dit so baie dat dit van­dag, by­na 20 jaar la­ter, steeds voort­gaan.

Die spe­si­a­le band wat hy met sy ma het, was se­ker­lik ook die re­de hoe­kom hy die rol van die seun wie se ma alz­hei­mer­siek­te het in die to­neel­stuk Voor ek ver­geet so goed kon ver­tolk. Hy speel hier­in teen­oor A­man­da S­try­dom en ver­tel dat daar so­veel na­vrae is dat hul­le be­sluit het om dit laat aan­staan­de jaar op ’n land­wye toer van Suid-a­fri­ka en Na­mi­bië te neem en dalk selfs in En­ge­land en Aus­tra­lië te gaan draai.

Hy werk tans aan die voor­be­rei­ding van ’n nu­we to­neel­stuk, ’n een­man­ver­to­ning ge­naamd S­tuur groe­te vir Ma, waar­van

Des Gar­di­ner die teks­skry­wer was. San­dra Prins­loo be­har­tig die re­gie. Dit ver­tel die ver­haal van ’n seun wat baie lief is vir sy ma en din­ge wat oor hul pad kom. “Dis baie soos Voor ek ver­geet, son­der die ver­ge­te­ry,” ver­tel hy on­der ’n koel­te­boom in ’n in­tie­me bin­ne­hof by een van sy guns­te­ling­kof­fie­win­kels in Plumste­ad, Kaap­stad. Nie ver daar­van­daan nie, is sy huis in Ke­nil­worth, wat uit 1890 da­teer en waar hy breek en bou en ver­sier dat die hon­de huil.

“Die wind het my uit Gor­dons­baai en See­punt ge­waai, maar ek het nou my p­lek in die sui­de­li­ke voor­ste­de ge­vind,” ge­sels hy.

Han­nes is die af­ge­lo­pe vier jaar die an­ker-aan­bie­der van die joer­naal­pro­gram K­wê­la wat Son­dag­aan­de op ky­knet uit­ge­saai word. “Dis al am­per vier jaar, maar dit voel soos gis­ter,” my­mer hy.

Voor dié pos was hy aan­bie­der en ver­vaar­di­ger van Bra­vo! en tus­sen­deur het hy ver­skeie hoe­de op: ak­teur, re­gis­seur, aan­bie­der.

Hy ge­niet K­wê­la, want dit fo­kus op ge­wo­ne men­se met bui­ten­ge­wo­ne sto­ries en hy er­ken dat dit lek­ker is om ’n blaas­kans van die rooi ta­pyt te neem.

“Ek het al met so­veel glans­ge­sel­lig­he­de en -per­soon­lik­he­de te doen ge­kry; nou is ek op my ge­luk­kig­ste by die huis tus­sen my hon­de, wat eint­lik my kin­ders is.”

Hy er­ken dat hy “die­re­be­din­ges” is en al­tyd kol­lie­hon­de ge­had het, maar nou aan­ge­no­me kin­ders (op­tel­hon­de) het.

Die Yor­kie se naam is To­to, en Ma­riet

– ja, jy het reg­ge­raai, na sy ma ge­noem – kom uit ’n Gu­gu­let­hu-drein­pyp en sou nie ’n week lan­ger ge­leef het nie, maar is nou so groot soos ’n perd en al ses jaar oud.

“Daar is ver­skeie hon­de se ge­ne in daar­die hond, maar daar is be­slis baie do­ber­mann daar,” ver­tel hy.

Hy werk baie hard vir K­wê­la en sê sy be­houd tus­sen al die wer­ke­ry en ver­skil­len­de pro­jek­te waar­aan hy werk, is dat hy baie goeie vrien­de het, som­mi­ge van u­ni­ver­si­teits­dae af en wat nie in die glans­wê­reld is nie. “Ek doen my werk – baie goed – en dan gaan ek huis toe.”

Ek won­der of daar iets in sy le­we is waar­oor hy spyt is.

“Nee wat, ons al­mal het maar goed­jies, maar ek het lief­li­ke ou­ers wat my van kleins af on­der­steun het. Ek wou net to­neel­speel. Ek het al ’n wye ver­skei­den­heid goed ge­doen en baie lek­ker goed ge­doen. Ek is baie ge­lo­wig en bid maar oor al­les en vra vir my ma om ook te bid as ek on­se­ker oor iets is.”

Hy sê hy is nou reg vir ’n lek­ker groot uit­da­ging en ver­skeie goed word be­plan.

Hy is te­rug op die kas­sie in S­poor­loos,

waar­in hy die waar­ne­men­de skool­hoof, mnr Im­mel­man, op die fik­tie­we dor­pie, Dig­ters­dal, speel. Dig­ters­dal in die Oos-kaap is 13 jaar ge­le­de deur ’n reeks­moor­de­naar ge­ter­ro­ri­seer, wat seuns van 5 tot 15 jaar oud ge­tei­ken het.

Die moor­de het skie­lik op­ge­hou, maar die moor­de­naar is nooit vas­ge­trek nie. Die dorp was ge­knak. Wer­ner Ma­lan se plan­ne vir die ont­wik­ke­ling van Dig­ters­dal tot ’n va­kan­sie­pa­rar­dys het dood­ge­loop en hy het ’n for­tuin ver­loor. Nou is die dorp on­der Wer­ner se stu­krag vas­be­ra­de om die spo­ke van die ver­le­de te be­sweer. ’n Fees is in die le­we ge­roep – die Fak­kel­fees – waar­ty­dens be­soe­kers aan­ge­moe­dig gaan word om in die nu­we tyd­deel­ont­wik­ke­ling te be­lê.

Die reeks is ge­grond op Dad­dy Long­legs

deur Ver­non Bau­mann en Han­nes sê sy ka­rak­ter is lief vir kin­ders en het ’n deer­nis vir die ge­meen­skap.

“Ek het die rol aan­ge­neem om­dat ek graag weer saam met Il­ze van He­mert wou werk en nog nie voor­heen saam met An­dré O­den­daal ge­werk het nie. Dit was won­der­lik om saam met dié twee re­gis­seurs te werk.

“Dit was ’n won­der­li­ke groep men­se en heer­lik om in Cra­dock te skiet. Ek kom van A­li­wal-noord af en ken daar­die om­ge­wing baie goed,” ver­tel hy. Hy wil nie ver­der te veel ver­klap nie, maar be­loof dat ky­kers nie te­leur­ge­steld sal wees in die reeks se ont­kno­ping nie.

Hy druk sy si­ga­ret dood, drink die laas­te sluk­kie van sy swart kof­fie en eet die klein kof­fie­koe­kies uit ons al twee se pie­rings, voor hy op­staan, sy skou­er­sak oor sy kop gooi en my hart­lik druk.

Dis te ver­sta­ne hoe­kom men­se so mak­lik met hom praat. Hy het die kuns van luis­ter ver­vol­maak en laat jou vir die tyd wat jul­le ge­sels, waar­lik voel of jy die e­nig­ste per­soon is in wie hy be­lang­stel.

Han­nes be­ant­woord nog vrae op www.vrou­e­keur.co.za

‘ Ek het al met so­veel glans­ge­sel­lig­he­de en -per­soon­lik­he­de te doen ge­kry; nou is ek op my ge­luk­kig­ste by die huis tus­sen my hon­de, wat eint­lik my kin­ders is

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.