SONDE MET DIE BU­RE

As jou bu­re jou tot ra­ser­ny dryf ...

Vrouekeur - - INHOUD -

Sy meu­bel­wa was nog skaars om die draai toe be­gin die moei­lik­heid met jou nu­we buur­man. Sy da­we­ren­de mu­siek – glad nie jou smaak nie – het reeds die eer­ste aand jul rui­te tot laat in die nag laat be­we.

Jy het jou­self ge­troos dat dit net is ter­wyl hy uit­pak, maar ná ’n paar sla­pe­lo­se nag­te het jy be­sef hier kom moei­lik­heid.

Kort daar­na het jul­le dus oor­ge­stap om die buur­man te gaan “ver­wel­kom” en sub­tiel ge­noem dat dit eint­lik ’n stil om­ge­wing is. Dalk was jy té sub­tiel, want die vol­gen­de aand het hy weer ge­raas tot jy aan die deur moes klop. Ná vier we­ke van her­haal­de ver­soe­ke – eers vrien­de­lik, la­ter min­der so – is jy nou op die oor­logs­pad.

In van­dag se le­we, waar hui­se na­by me­kaar is, is dit by­na on­ver­my­de­lik dat bu­re soms op me­kaar se se­nu­wees gaan werk of op to­ne gaan trap met die kin­ders wat te hard gil of die hond wat te veel blaf.

Tog is die mees­te men­se be­reid om ter wil­le van goeie buur­man­skap aan te pas en toe­ge­wings te maak. Maar ’n werk­lik on­be­dag­sa­me buur­man kan jou le­we hel maak. Soos die Turk­se skry­wer Mehmet Mu­ral Il­dan dit stel: “As jy goeie bu­re het, kan jy dit ver­dra om in ’n goor klein hui­sie te bly, maar as jy sleg­te bu­re het, bly selfs ’n prag­ti­ge pa­leis nie lek­ker nie.”

In die he­den­daag­se sa­me­le­wing is daar ’n ver­skei­den­heid kwes­sies waar­oor bu­re met me­kaar haaks raak, sê Craig Hut­chi­son, die uit­voe­ren­de hoof van En­gel & V­ö­l­kers in Sui­de­li­ke A­fri­ka. Hy sê wat hul­le die mees­te sien, is ge­raas­kwes­sies, as­ook ver­skil­le oor bou­werk oor die erf se grens­ly­ne, oor die ge­boue self, soos een huis wat ’n ander se uit­sig blok­keer, die on­der­houd van hei­nings en die oor­hang van bo­me oor hei­nings.

Jo­na­than le Ri­che, ’n pro­ku­reur by P­hats­ho­a­ne Hen­ney Pro­ku­reurs in Bloem­fon­tein, sê die al­ge­meen­ste klag­tes waar­mee hul­le te doe­ne kry, is hon­de wat bui­te be­heer blaf, bu­re wat daar­van hou om snags tot laat te kui­er, oor­hang­tak­ke en swem­bad­pom­pe wat deur bla­re ver­stop word, en bu­re wat van hul huis af werk met iets soos hout­werk of se­ke­re pro­fes­si­o­ne­le diens­te (soos pro­ku­reurs of re­ken­mees­ters) wat ver­oor­saak dat kli­ën­te in die straat moet par­keer.

So wat kan jy doen as jou bu­re se ge­woon­tes jou tot ra­ser­ny dryf?

By­na al­le ken­ners stem saam met die voor­ma­li­ge A­me­ri­kaan­se pre­si­dent A­bra­ham Lin­coln se raad dat mens waar moont­lik regs­ak­sie moet ver­my en lie­wer pro­beer om met jou bu­re ’n kom­pro­mie aan te gaan. Ge­sels dus met hul­le oor die pro­bleem en gee hul­le die ge­leent­heid om dit reg te stel voor jy erns­ti­ger op­tre­de oor­weeg.

Grens­ly­ne en bouk­wes­sies

Die hei­ning tus­sen jou en jou buur­man is be­sig om om te val, maar wie moet dit reg­maak? Of jou nu­we buur­man het ’n prag­ti­ge nu­we keer­muur op­ge­rig, maar in die pro­ses ’n klomp sen­ti­me­ters van jou erf ge­steel. Dan praat ons nie eens van bu­re wat ge­boue op­rig wat jy dink jou ei­en­dom­swaar­de sal laat daal of wat jou uit­sig ver­sper nie.

Dis­pu­te oor grens­ly­ne, het­sy waar dit moet wees of wie en hoe die grens­muur of hei­ning on­der­hou moet word, is al so oud soos die ber­ge. Jo­na­than ver­dui­de­lik dat die grens­lyn deur die mu­ni­si­pa­li­teit en die ti­tel­ak­te van die ei­en­dom be­paal word.

“’n Muur tus­sen twee er­we sal ge­woon­lik al­bei par­tye se ver­ant­woor­de­lik­heid wees.”

Dis die al­ge­meen aan­vaar­de re­ël dat al­bei bu­re van aan­gren­sen­de ei­en­dom­me ewe veel aan­spreek­lik is vir die muur of hei­ning tus­sen hul­le se on­der­houd en her­stel­werk, be­aam Craig. “Die een kan eg­ter nie son­der die ander se toe­stem­ming e­ni­ge ver­an­de­rin­ge aan­bring nie.”

Dit is ’n oor­tre­ding om ’n struk­tuur op jou ei­en­dom op te rig ter­wyl ’n ge­deel­te daar­van op jou buur­man se ei­en­dom val, sê Craig, en as jou buur­man só oor­tree is hy wet­lik daar­voor ver­ant­woor­de­lik om dit reg te stel. “Struk­tu­re wat so oor die grens­lyn gaan, kan e­nig­iets, van ’n ge­bou en ’n op­rit, tot ’n keer­muur, ’n hei­ning, bo­me of e­ni­ge

ander ver­be­te­rin­ge op ei­en­dom in­sluit.”

Hy sê nog ’n al­ge­me­ne kwes­sie is bou­plan­ne vir nu­we ge­boue wat by­voor­beeld bu­re se uit­sig blok­keer. “Jy het se­ke­re reg­te as dit hier­by kom. Wan­neer dit kom by ge­boue wat ’n te groot per­sen­ta­sie van die ei­en­dom be­slaan, ge­boue met ’n le­li­ke voor­koms, ge­boue wat on­toe­pas­lik ge­bruik word of die ver­lies aan ’n mooi uit­sig, kan jy pro­tes teen die plan­ne aan­te­ken en daar kan selfs be­veel word dat die ge­boue af­ge­breek word, al is dit klaar ge­bou.”

Ra­se­ri­ge bu­re

Ra­se­ri­ge bu­re is ’n al­ge­me­ne klag­te, sê Craig. “Hier­die ge­raas kan van ’n ver­skei­den­heid bron­ne wees, in­slui­tend blaf­fen­de hon­de, har­de mu­siek, ba­klei­e­ry en skreeu­e­ry, die klap van deu­re of die ge­raas van ge­reed­skap soos bo­re.”

Suid-a­fri­kaan­se wet­ge­wing on­der­skei tus­sen “steu­ren­de ge­raas” wat be­skryf word as “ob­jek­tief en ge­de­fi­ni­eer as ’n we­ten­skap­lik-meet­ba­re ge­raas­vlak” (soos ’n nag­klub wat mu­siek­ge­raas ver­oor­saak) en ’n “ge­raas­oor­las” wat ’n sub­jek­tie­we maat­staf het en ge­de­fi­ni­eer kan word as e­ni­ge ge­raas wat pla of jou be­perk of wat met die ge­rief of vre­de van ’n ander per­soon in­meng (soos wan­neer hon­de aan­hou­dend blaf).

As dit by ra­se­ri­ge bu­re kom, het die mees­te mu­ni­si­pa­li­tei­te by­wet­te wat die kwes­sie in die aan­de aan­spreek, sê Jo­na­than. “Die kort en die lank is dat, in­dien dit ge­du­rig ge­beur, ons voor­stel dat ’n pro­ku­reur ge­na­der word. Maar as dit net een of twee keer ge­beur, kan mens vrien­de­lik ver­soek dat die bu­re stil­bly. Die mees­te men­se sal goed­guns­tig wees as daar ’n vrien­de­li­ke ver­soek is.”

Craig re­ken ook die mees prak­tie­se en kos­te­doel­tref­fen­de ma­nier om e­ni­ge ge­raas­kwes­sie te han­teer, sal al­tyd eers wees om jou buur­man di­rek en be­leefd te na­der en die pro­bleem met hom te be­spreek.

“As jy nie só ’n vreed­sa­me op­los­sing kan vind nie, oor­weeg dit om ’n be­mid­de­laar te kry om jul­le te help om ’n op­los­sing vir die dis­puut te pro­beer be­reik. Soos met al­le regs­kwes­sies is dit die moei­te werd om eers al­le ander op­sies uit te put om ’n kom­pro­mie te be­reik voor jul­le die hof na­der.

“Sou jul­le wel al die voor­af­gaan­de op­sies son­der e­ni­ge suk­ses pro­beer het, kan jy die vol­gen­de reg­stap­pe neem: Die eer­ste op­sie is om ’n klag­te by jou plaas­li­ke o­wer­heid (die mu­ni­si­pa­li­teit) in die vorm van ’n ge­skre­we ver­kla­ring te lê. (Dit sal help as jy twee we­ke lank dag­boek ge­hou het van die ge­raas.) Die wets­toe­pas­sings­be­amp­tes sal dan die pro­bleem on­der­soek om vas te stel hoe erns­tig dit is. In­dien no­dig, kan hul­le in­struk­sies gee vir ’n ver­min­de­ring in ge­raas en as die oor­tre­ders nie hier­by hou nie, kan hul­le ’n boe­te uit­reik en selfs die toe­rus­ting wat die ge­raas ver­oor­saak, kon­fis­keer. As al hier­die op­sies steeds faal en die oor­tre­der vol­hard, is dit moont­lik om die hof te na­der.”

Craig sê as dit by die hof kom, het jy twee op­sies: Jy kan aan­soek doen vir ’n in­ter­dik wat jou buur­man keer om daar­die spe­si­fie­ke ge­raas te maak, of jy kan jou buur­man dag­vaar vir ska­de ge­ly as ge­volg van die ui­ter­ma­ti­ge ge­raas wat deur hom ver­oor­saak is.

“’n In­ter­dik kan toe­ge­staan word as die buur­man se ge­drag on­wet­tig is of dreig om on­wet­tig te wees. Wees eg­ter baie spe­si­fiek oor pre­sies wat­ter ti­pe ge­raas jy kla. Die hof neem ge­woon­lik die vol­gen­de fak­to­re in ag wan­neer dit be­paal of die ak­sies on­wet­tig is: die ti­pe ge­raas, die voort­du­rend­heid daar­van, waar die ge­raas ge­maak word, die tye en of al­le moont­li­ke po­gings aan­ge­wend is om die kwes­sie vreed­saam op te los. Jy sal moet be­wys dat die ge­raas jou le­wens­ge­hal­te, gesondheid, ge­mak en al­ge­me­ne wel­syn ne­ga­tief af­fek­teer.”

Sou ’n in­ter­dik uit­ge­reik word, sê Craig, en jou buur­man hou steeds aan met sy on­wet­ti­ge op­tre­de, kan hy skul­dig be­vind word aan min­ag­ting van die hof. “In so ’n ge­val kan die hof ’n boe­te of in erns­ti­ge ge­val­le selfs tronk­straf op­lê. Dit maak nie saak wat­ter ti­pe on­ge­rief jou buur­man vir jou ver­oor­saak nie: vir die hof of plaas­li­ke o­wer­he­de om be­trok­ke te raak en ver­lig­ting te bring, moet dit be­dui­dend en aan­hou­dend wees.”

Tak­ke wat in jou erf oor­hang

Wat van jou buur­man se bo­me wat in jou erf oor­hang en jou uit­sig ver­sper, lig blok­keer of bla­re in jou erf mors? Dis een van die al­ge­meen­ste kwes­sies, sê Craig, en kan gaan oor e­nig­iets van bo­me en tak­ke wat jou ei­en­dom in­dring en wor­tels wat jou pla­vei­sel lig of die hei­ning be­ska­dig tot bla­re wat in jou swem­bal val. “As jou buur­man nie e­nig­iets daar­aan doen nie en jy wil nie met die tak­ke wat in jou ei­en­dom hang saam­leef nie, be­hoort jy hom te vra om die tak­ke weg te sny en die af­ge­sny­de tak­ke aan jou kant van die hei­ning te ver­wy­der. As hy wei­er om dit te doen, kan jy die tak­ke tot op die grens­lyn te­rug­sny, maar ... jy mag nie die af­ge­sny­de tak­ke hou nie, ten­sy jou buur­man wei­er om dit te neem. As hy wei­er om dit te vat, is jy bin­ne jou reg­te om daar­van ont­slae te raak en die kos­te vir die weg­ry daar­van van jou buur­man te ver­haal. As niks hier­van werk nie, kan jy vir ’n in­ter­dik aan­soek doen om jou buur­man te ver­plig om die tak­ke te ver­wy­der.”

Jo­na­than ver­dui­de­lik dat ’n per­soon die ei­e­naar van sy ei­en­dom is: al­les daar­op en so ook al­les daar­on­der. “Dus ver­dien ’n ei­e­naar om so­ver dit bil­lik en re­de­lik is, on­ver­stoor­de ge­bruik van sy ei­en­dom te ge­niet. Dit is dus on­reg­ver­dig en on­bil­lik as jou buur­man se tak­ke oor jou muur hang en jou swem­bad vol bla­re gooi, dus mag jy iets daar­aan doen.”

Hy waar­sku eg­ter ook dat dit nie be­te­ken jy kan net reg in eie han­de neem en die tak­ke af­saag nie. “Vo­ri­ge hof­be­slis­sings be­paal die vol­gen­de plan: As die in­breuk­ma­king lang­du­rig, on­re­de­lik en ’n oor­las is, en as daar geen ander op­los­sing is nie, kan ’n per­soon ’n in­ter­dik kry, waar die hof hom ge­las om sy tak­ke te ver­wy­der. Die hof kan ook ge­las dat jou buur­man die re­de­li­ke en bil­li­ke ska­de wat jy ge­ly het, moet be­taal.”

’n ba­lans van Reg­te

“Die bu­re­reg is ont­wik­kel om har­mo­nie tus­sen men­se te ver­se­ker,” sê Jo­na­than. “Die bu­re­reg sit el­ke per­soon se reg­te ten op­sig­te van sy ei­en­dom uit­een. Die reg­te wat el­ke per­soon ten op­sig­te van sy ei­en­dom het, is im­mers die sterk­ste saak­li­ke reg wat ’n per­soon kan hê, en word selfs deur die Grond­wet be­skerm. As in­breuk­ma­king dus lang­du­rig en on­re­de­lik is en jul­le kan nie ’n op­los­sing kry nie, kan ’n per­soon ’n in­ter­dik teen sy buur­man kry waar die hof hom ge­las om die no­di­ge stap­pe te neem om die har­mo­nie te be­hou. Die hof kan ook ge­las dat jou buur­man die re­de­li­ke en bil­li­ke ska­de wat jy ge­ly het, moet be­taal. Moet eg­ter nooit reg in eie han­de neem nie. Gaan sien ’n pro­ku­reur om jou by te staan.”

En, sê Craig, hou al­tyd in ge­dag­te dat jou buur­man die­self­de reg as jy het om sý ei­en­dom te ge­bruik en te ge­niet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.