In­spi­ra­sie vir die week

Wan­neer ons vir se­ën vra, smag ons na die won­der­li­ke, on­be­perk­te goed­heid wat slegs die He­re die mag het om te kan gee

Vrouekeur - - INHOUD -

Ek dink as ek ’n paar jaar ge­le­de die naam Ja­bes sou ge­noem het, sou die mees­te van ons ge­frons en ge­won­der het wie op aar­de Ja­bes is. Nie­mand sou jou kon ver­kwa­lik as jy Ja­bes en sy ge­bed in die By­bel mis­ge­kyk het nie, want hy is tus­sen ’n lys van 44 na­me in ’n min­der be­ken­de By­bel­boek in die Ou Te­sta­ment weg­ge­steek.

Ja­bes se ge­bed is ’n ge­bed wat ons wil her­in­ner en uit­nooi om God daag­liks toe te laat om in en deur ons le­wens te werk. Wat be­lang­rik is om te be­sef, is dat hier­die ge­bed nie die een of ander to­wer­for­mu­le is om die He­re “so ver te kry” om din­ge vir ons te doen nie. Wat hier­die ge­bed wel wil doen (net soos die On­se Va­der) is om ons aan­dag op God se krag te ves­tig wat tot al­mal wat daar­voor vra, se be­skik­king is. Die doel van die ge­bed is nie om te kyk wat jy deur die ge­bed van God kan kry nie, nee, die hoog­ste doel is om eer en heer­lik­heid aan God te bring.

Kom ons staan ’n oom­blik by Ja­bes se naam stil. Wan­neer ons ’n naam vir ons ba­ba kies, dan pro­beer ons iets be­son­ders kies. Ja­bes se ma moes se­ker ’n baie pyn­li­ke ge­boor­te-er­va­ring ge­had het, want sy gee hom daar en dan die naam Ja­bes, wat let­ter­lik be­te­ken “met baie pyn in die wê­reld ge­bring”.

In die Ou Te­sta­ment het na­me spe­si­fie­ke be­te­ke­nis­se ge­had. ’n Seun se naam was baie dik­wels ’n wens of ’n voor­spel­ling oor wat van die kind in die toe­koms ver­wag is. Deur hier­die naam vir Ja­bes te gee, was hy ge­brand­merk. Sy naam het nie vir hom ’n won­der­li­ke toe­koms voor­spel nie. Tog, ten spy­te daar­van dat Ja­bes met hier­die naam deur die le­we moes gaan, het hy wel ie­wers langs die pad bo sy om­stan­dig­he­de uit­ge­styg, want ons lees: “Ja­bes het voor­rang ge­niet bo sy broers.”

Ja­bes het ge­vor­der van ie­mand wat ’n “pyn” was tot ie­mand wat die eer­baar­ste in sy fa­mi­lie was. Daar word dik­wels ge­sê: Ons kan nie die ver­le­de ver­an­der nie. Dis waar, maar ons kan wel ver­an­der hoe ons oor die ver­le­de voel en hoe ons daar­op re­a­geer. Die By­bel her­in­ner ons dat wan­neer ons die He­re aan­roep en Hom ver­trou, ver­loor die ver­le­de sy hou­vas op ons. Ons kan ’n nu­we mens in Chris­tus word. So wat het die ver­skil in Ja­bes se le­we ge­maak? Ek glo dit was die ver­hou­ding wat hy met die He­re ge­had het en sy le­wen­di­ge ge­beds­le­we wat daar­uit voort­ge­spruit het.

Ja­bes bid in 1 Kro­nie­ke 4:10: “S­tort U se­ën oor my uit.”

Wat is se­ën? In die By­bel­se kon­teks is dit om ge­se­ën te word, om god­de­li­ke guns te ont­vang. Wan­neer ons vir die

He­re se se­ën vra, vra ons nie vir din­ge wat ons self in die han­de kan kry nie. Nee, wan­neer ons vir se­ën vra, smag ons na die won­der­li­ke, on­be­perk­te goed­heid wat slegs die He­re die mag het om te gee.

God se he­le aard is om so oor­vloe­dig goed te wees dat sy goed­heid soos ’n oor­vol be­ker oor­loop en ons on­waar­di­ge men­se­le­wens oor­stroom. God het Ja­bes ge­se­ën om­dat Ja­bes dood­een­vou­dig nie toe­ge­laat het dat e­nig­iets of e­nig­ie­mand se sie­ning God se aard oor­ska­du nie. God se aard is om te se­ën.

Daar­om, kom ons bid met vry­moe­dig­heid en in ne­de­ri­ge af­hank­lik­heid: “He­re, s­tort U se­ën oor ons uit as­se­blief. A­men.”

DS JANINE BEVOLO-MANDERS IS VER­BON­DE AAN DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK WITFONTEIN IN P­RE­TO­RIA-NOORD EN IS AL 20+ JAAR ’N PRE­DI­KANT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.