Kol­lig op be­ken­des

Al­mal het ’n Maan­dag­sto­rie, maar is dit al­tyd blou?

Vrouekeur - - INHOUD - Al­me­ro Jo­dy C­ha­nel­le D­ri­kus Deur CHRISTIAAN J DE SWARDT

Min men­se sien uit na Maan­dag, want vir die mees­te men­se is dié dag ’n uit­da­ging. ’n Paar be­ken­des haal die blou uit dié dag.

Die san­ger en lied­jie­skry­wer Al­me­ro Wel­ge­moed het on­langs ’n al­bum oor ’n Maan­dag in sy le­we uit­ge­reik.

“Maan­dag sim­bo­li­seer vir my ’n nu­we be­gin en ook op­win­ding vir dit wat kom. Soms kan Maan­dae ook baie tra­gies – blou – wees. Dié du­a­li­teit is soos ons men­se. Daar­om is ek baie bly as dit Maan­dag is,” sê Al­me­ro.

Hy skerts: “Ek is wel op ’n Dins­dag ge­bo­re!”

Dit is 21 jaar la­ter en op dié jeug­di­ge ou­der­dom spog hy met ’n rits wel­slae, on­der meer ’n dig­bun­del, Lief­de wen, en die te­ma­lied (met Bou­wer Bosch) vir die rol­prent Nul is nie niks nie, ’n boek, Don­der­weer ge­dag­tes, die krag­bal­la­de Mo­no­chro­mie en die nuut­ste en­kel­snit Vloed­ver­lief (met Da­nie du Toit van die groep S­poeg­wolf).

“Dié lied is ’n ge­sprek tus­sen twee men­se. Die een wil op­gee en die ander een wil die wê­reld in­gaan en vir oor­le­wing ba­klei. Al­bei het twy­fel, maar die een is be­reid om te pro­beer. Ek het ’n lief­de vir die vloed­ver­haal. Ons al­mal woon soms in ar­ke, maar dit is nie waar­voor ons ge­maak is nie. Ons moet die bran­ders in,” sê Al­me­ro. “Al­les het ’n be­gin; ’n Maan­dag het daar­om vir my ’n dui­de­li­ke ge­voel en spe­si­a­le ka­rak­ter.”

Moe­nie op ’n Son­dag deur mid­del van teg­no­lo­gie met hom pro­beer kom­mu­ni­keer nie. Hy pro­beer dit dan ver­my.

Die veel­sy­di­ge sport­kom­men­ta­tor en re­gis­seur van Praat saam op RSG en T­va­na­lis Jo­dy Hen­dricks (36) er­ken: “Ek is mal oor Maan­dae. Dit is ge­woon­lik die dag waar­op ek my week be­plan, my le­we op da­tum kry en ook die dag waar­op ek die hard­ste gim (om van die na­weeks­on­des ont­slae te raak!).”

Jo­dy, wat ’n graad in joer­na­lis­tiek ver­werf het en in Ja­nu­a­rie 2013 by RSG aan­ge­sluit het, her­roep die Maan­dag van 12 Ja­nu­a­rie 2015. Hy is in ken­nis ge­stel dat hy daar­die A­pril die nu­we aan­bie­der van RSG S­port sou word. Skaars 18 maan­de la­ter is hy as die beste spor­taan­bie­der aan­ge­wys.

“Maan­dae is ook die dag waar­op ek en my ma, Beu­la, wat in die S­trand woon, die lang­ste met me­kaar oor die foon praat. Dié praat­jie help ge­woon­lik – ver­al as daar ’n moei­li­ke be­sluit of ge­beur­te­nis is wat daar­die week plaas­vind.”

Hy is eg­ter ’n na­week­mens. “Sa­ter­dag is die e­nig­ste dag van die week wat ek laat kan slaap – en na­tuur­lik is daar baie s­port om te kyk, by te woon of om by fa­mi­lie en vrien­de te kan kui­er. Son­dae is die dae wat ek die lek­ker­ste en par­ty­keer ook on­ge­son­de kos eet. In die week volg ek ’n streng eet­plan, maar op ’n Son­dag kom niks en nie­mand tus­sen my en ’n lek­ker bord tuis­ge­maak­te kos en na­ge­reg nie!”

Die ak­tri­se C­ha­nel­le de Ja­ger (39) het pas twee rol­pren­te, The Tree en F­ried Bar­ry, vol­tooi, was van­jaar in Stroom­op te sien en sy werk aan haar eie Tv-reeks. Haar druk werk­ske­du­le dwing haar om nie dag­be­hep te wees nie. “El­ke dag is ’n dag wat werk kan skep en my guns­te­ling­dag is be­taal­dag! En op ’n Son­dag moet jy my nie daar­aan her­in­ner dat mô­re Maan­dag is nie. Laat die Son­dag net sa­lig ver­by­gaan.”

Die ak­teur D­ri­kus Vol­schenk (38) het op ’n on­lang­se Maan­dag klaar ver­film aan ’n A­fri­kaan­se rol­prent wat aan­staan­de jaar uit­ge­reik word, maar hy moet nog daar­oor swyg. Hy ver­klik wel dit was ’n loop­baan­hoog­te­punt. Hy is juis op pad Van­cou­ver, New York en Los An­ge­les toe waar hy ’n maand lank ’n klom­pie af­spra­ke in Hol­ly­wood moet na­kom ...

“Ek het ’n baie po­si­tie­we in­ge­steld­heid en ef­fen­se ag­gres­sie­we aan­slag ten op­sig­te van ’n Maan­dag. Dis my vroeg­ste op­staan­dag en ek doen al­les in my ver­moë om dan die mees­te werk te doen. Daar is een­vou­dig net nie tyd vir ’n ‘blou Maan­dag’ nie!”

Hy bieg: “Ek het huis­werk op ho­ër­skool vir Maan­dag­og­gend se re­gis­ter­pe­ri­o­de ge­los. En kyk, as daar nou daai Maan­dag­og­gend nie ’n re­gis­ter­pe­ri­o­de was nie, was Maan­dag vir al­tyd blou!”

Gee hom liefs ’n Son­dag. “As kind kon ek nooit ver­staan hoe­kom al­mal op ’n Son­dag wou rus nie en ek het ge­suk­kel om my­self be­sig te hou, maar nou is dit ab­so­luut my self­sug­ti­ge rus­dag. Ie­mand kan my e­ni­ge tyd van die week bel, maar nie op ’n Son­dag nie. My foon is bui­ten­dien die mees­te van die tyd op ’n Son­dag af of glad nie by my nie. Ek moet ook op ’n Son­dag voor don­ker by my huis wees an­ders is ek ge­dis­o­ri­ën­teer ...”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.