OOR DIE TANGO & DIE LIEFDE

Vrouekeur - - REDAKTEURSBRIEF -

Het jy al ’n paar­tjie ge­sien tango? As ’n paar­tjie dit goed kan doen, is dit ’n ple­sier om hul­le dop te hou. En net so ’n ge­luk­ki­ge paar­tjie, want die ar­ti­kel “’n Tango met jou maat” in hier­die week se uit­ga­we sê ’n tango en die liefde het baie ge­meen.

Net soos die tango ver­eis die hu­we­lik vaar­dig­heid en toe­wy­ding en is dit kom­pleks en uit­da­gend. Die i­de­aal is ’n hu­we­lik waar die twee dans­maats me­kaar ver­staan en saam­werk in ’n toe­stand van si­ner­gie, skryf An­ne Ma­rais.

Ons prag­ti­ge di­gi­ta­le re­dak­teur Dané de K­lerk is op 3 No­vem­ber met haar ge­lief­de Wes­sel Neu­hoff ge­troud. Kyk net hul lief­li­ke fo­to’s hier­on­der. Ons is saam met hul­le op­ge­won­de oor hul paad­jies wat nou saam­loop en bly om die twee saam te sien tango. Baie ge­luk, Dané en Wes­sel. Ons het ’n paar aan­ha­lings oor die hu­we­lik en die liefde gaan soek: Die liefde be­te­ken nie dat jul­le al­tyd sal saam­stem of nooit ’n ar­gu­ment sal hê nie. Dit be­te­ken dat jul­le ten spy­te van die sleg­te dae nie die le­we son­der me­kaar kan in­dink nie. – A­no­niem ’n Ge­luk­ki­ge hu­we­lik gaan oor drie din­ge: her­in­ne­rin­ge van saam­wees, ver­gif­nis van fou­te en om me­kaar nooit in die steek te laat nie. – Su­ra­bhi Su­ren­dra Die wa­re ge­luk­ki­ge ein­de kom ná ’n sto­rie met baie op­pe en af­fe. – A­no­niem Die ver­ste reis wat ’n mens kan on­der­neem, is van mens tot mens, deur die hart. – El­sa Jou­bert Geen ver­hou­ding is net son­skyn nie, maar twee men­se kan ’n sam­breel deel en saam die storms weer­staan. – A­no­niem V­riend­skap is die vonk in ’n hu­we­lik wat ver­se­ker dat die vlam­me­tjie end­uit brand. – A­no­niem Jy trou nie met die per­soon saam met wie jy kan saam­leef nie, jy trou met die per­soon waar­son­der jy nie kan leef nie. – A­no­niem

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.