WATER EN WIELE

Sar­le­ne Horn het ’n paar Ne­der­land­se dor­pe per fiets ont­dek en som­mer baie fietsfei­te pad­langs ont­dek

Vrouekeur - - INHOUD - Kuns­wer­ke uit sand Wit­te Kerk­je by S­li­jk-e­wi­jk

Ont­dek Ne­der­land op ’n fiets

Fiets­ry en Ne­der­land is si­no­niem en dit skep ’n fan­tas­tie­se ge­leent­heid om ’n va­kan­sie in ’n trap-en­ont­dek-a­von­tuur te om­skep. Dit is pre­sies wat ek en my sus­ter in Ju­lie van­jaar ge­doen het. Aan­ge­sien ons nie fiets­ry­ers is nie en al­bei in ons mid­del­ja­re is, het ons die be­soek van agt va­kan­sie­dae tot vyf trap­dae be­perk.

’n Sir­kel­roe­te van­af A­pel­d­oorn en toe na Arn­hem, Ni­j­me­gen, Hoen­der­loo en weer A­pel­d­oorn het’ n na­tuur ver­skei­den­heid ge­bied. Ons kon self die af­stand per dag be­paal deur die web­werf www.ne­der­land­fiets­land.nl te ge­bruik.

Die twee fiet­se is deur die in­ter­net be­spreek (www.bi­ke­gi­gant.nl) en ons twee reis­tas­se kon by die ho­tel ge­stoor word.

Ne­der­land is die nom­me­reen­land vir fiets­ry in die wê­reld. Daar is on­ge­veer 23 mil­joen fiet­se in Ne­der­land hoe­wel daar slegs 17 mil­joen men­se bly.

By­na al die Ne­der­lan­ders (84%) be­sit ’n fiets en on­ge­veer 35 000 km paaie is aan fiets­ry-in­fra­struk­tuur toe­ge­wy. Hier­die sy­fer sluit ry­ruim­te uit waar mo­tors en fiet­se die paaie deel.

Die spoed­grens vir mo­tors in ste­de word tot 30 km/h be­perk om fiets­ry­ers se vei­lig­heid te ver­be­ter. Die ge­mid­del­de Ne­der­lan­der ry 1 000 km per jaar met ’n fiets.

Die Ne­der­lan­ders ry nie net fiets nie, hul­le bou ook fiet­se en is die wê­reld se der­de groot­ste uit­voer­der van fiet­se met be­ken­de na­me soos Ko­ga en Ga­zel­le.

In­te­res­san­te fiet­se is die tra­di­si­o­ne­le dikwiel­fiets (o­m­a­fiets), die bak­fiets (groot bak voor die fiets om goe­de­re of klein kin­ders in te ver­voer), toer­fiet­se, tan­dems en duo’s.

TRAP, TRAP DIE PAD UIT

DAG 1

Aan­vank­lik was ons be­noud oor die min plek vir kle­re in die twee fiet­stas­sen en die dag­sak­kie, maar dit was on­no­dig. Ons het el­ke aand twee stel­le fiets­ry­broe­ke en hem­de in die was­bak ge­was. Twee paar skoe­ne, tek­kies en san­da­le, drie kort­broe­ke, vier T-hem­de en ’n lang­mou­jas­sie was vol­doen­de. Ons het gou ge­leer om al­les te pak so­dat daar ba­lans op die fiets is.

Die fiets­roe­tes het ge­wis­sel tus­sen die groot­pad en ag­ter­paaie en is dui­de­lik ge­merk met roe­te­bord­jies (Lf-rou­tes). Ons eer­ste fiets­roe­te van on­ge­veer 30 km, was van A­pel­d­oorn na Arn­hem. Hoe­wel ons ’n GPS en pa­pier­kaart by­der­hand ge­had het, het ons net die pad­bord­jies ge­volg. Daar is so­veel meer om te be­leef deur rond te kyk, te luis­ter en met die in­wo­ners te ge­sels.

Die eer­ste ge­deel­te van die roe­te was langs die na­si­o­na­le park Ve­lu­we­zoom waar ons die S­cot­tish High­lan­der-bees­te langs die draad kon be­sig­tig. By die S­tichting Na­ti­o­naal Z weef vlieg c ent rum by Ter­let het ons vir mid­dag­e­te ge­stop en die tra­di­si­o­ne­le uit­s­mi­j­ter be­stel. Die ge­reg be­staan uit twee snye brood, twee re­pies ham, vier re­pies kaas en twee ei­ers. Vol­gens die kel­ner is die ge­reg be­dien aan jong­men­se as the last one for the ro­ad be­fo­re we got thro­wn out me­al.

Ná die rus­ti­ge kui­er het ons weer be­gin trap en Arn­hem die mid­dag be­reik.

DAG 2

Ná ’n goeie nag­rus het ons 07:00 die fiets­snel­weg, Ri­jn­waal­pad, na Ni­j­me­gen ge­neem. Die groot fiets­pad is ge­bou om baie en vin­ni­ge fiets­ver­keer te han­teer. Ons het gou daar­aan ge­woond ge­raak om aan die reg­ter­kant van die pad te ry en die no­di­ge hand­te­kens te ge­bruik. Wan­neer jy ’n klok­kie hoor lui, moet jy die vin­ni­ger fiets laat ver­by­kom. Ons het Ni­j­me­gen ná 28 km oor ’n fiets­brug oor die Waal­ka­de­ri­vier bin­ne­ge­ry.

Ons eer­ste be­soek was aan die Na­ti­o­naal Fiets­mu­seum. Die mu­seum, met ’n toe­gangs­kaart­jie van 5 eu­ro, bied ’n uit­stal­ling van meer as 200 ou­ten­tie­ke fiet­se. Ná ’n lig­te mid­dag­e­te van tee en be­skuit het ons in die Waal­ka­de-ri­vier gaan swem. Bin­ne sta­p­af­stand van die ho­tel het ons die Valk­hof­park en De Bas­tei-sen­trum ont­dek. Die dag is met ’n ge­son­de bord kos van vis, hoender, groen­te en fri­tes af­ge­sluit. Toe ons on­ge­veer 21:30 die stap­tog na die ho­tel aan­durf, het die son nog ge­skyn.

DAG 3

Ni­j­me­gen is in 2018 as die “Groen S­tad van Eu­ro­pa” ge­kroon en ko­ning Willem van Ne­der­land sou dié dag be­soek af­lê. Ons het gou ons plan­ne aan­ge­pas en sy kort wan­de­ling mee­ge­maak. Daar­na het ons die s­tad per voet aan­ge­durf en prag­ti­ge ou ge­boue en stand­beel­de, wat die Ne­der­land­se ge­skie­de­nis vas­vang, be­soek.

Ná twee dae in Ni­j­me­gen het ons laat­mid­dag na Wa­ge­nin­gen ver­trek. Ná on­ge­veer ’n uur se trap op die dy­ke langs die water het ons ’n klei­ner ri­vier met ’n boot oor­kruis. Die vrien­de­li­ke skip­per het ’n paar reis­wen­ke ge­gee en mooi fo­to’s van ons ge­neem. Met die hit­te­golf in Ne­der­land het ons be­sluit om ook in hier­die ri­vier te swem. Dit was prent­jie­mooi met die dwerg­wil­de­per­de wat aan die oor­kant van die ri­vier ge­wei het.

Met nu­we krag het ons ag­ter­paaie tus­sen pla­se met rye aar­tap­pels, mie­lies en vrug­te­bo­me aan­ge­durf.

Van die boe­re het stal­le­tjies langs die pad waar vars plaas­pro­duk­te ge­koop kan word. Tus­sen die ge­sels en be­duie deur het ons ’n af­draai ge­mis en toe som­mer by Aan die Lin­ge Pan­ne n koe­ke n boer der i j ge­stop. Ná heer­li­ke pan­ne­koe­ken met ban­aan en Nu­tel­la is ons weer in die reg­te rig­ting 500 m te­rug­ge­wys. Ná 26 km, ter­wyl die son nog hoog sit, het ons net voor Wa­ge­nin­gen om 19:00 die ri­vier met die pont ge­kruis.

DAG 4

Hoe­wel Wa­ge­nin­gen ’n prag­ti­ge groot s­tad met baie be­siens­waar­dig­he­de is, moes ons vroeg groet vir die be­soek aan Het Na­ti­o­na­le Park De Ho­ge Ve­lu­we. Vir ont­byt het ons vrug­te, jo­gurt, brood­jies en kaas ge­koop en langs die pad ge­niet.

Ons is in by die S­chaars­ber­gen-hek en het bin­ne on­ge­veer 10 km deur hei­de­veld, sand­dui­ne en ’n groot bos ge­ry. Dit was vir my ’n nu­we ont­dek­king van Ne­der­land wat ge­woon­lik met groen gras­vel­de en tul­pe ge­as­so­si­eer word. Aan die bo­punt van die park is die be­ken­de Kröl­ler-mül­ler-mu­seum, waar ek on­der meer skil­de­rye van Vin­cent van Gogh en Piet Mon­dri­an ge­sien het.

Die beel­de­tuin is deel van die mu­seum en be­slaan 25 ha grond. Die uit­stal­ling be­staan uit 160 beel­de van i­ko­nie­se kuns­te­naars soos A­ris­ti­de Mail­lol en Mar­ta Pan. My sus­ter het die Jacht­huis Sint Hu­ber­tus be­soek. Be­soe­kers son­der fiet­se kan die park se wit fiet­se gra­tis ge­bruik en by e­ni­ge stoor­punt par­keer.

Ná ’n lang dag se trap het ons net bui­te die park in die dor­pie Hoen­der­loo oor­nag. Op aan­be­ve­ling van die in­wo­ners het ons die aand by IJ’S van Co gaan room­ys eet – heer­li­ke, ro­me­ri­ge va­niel­je draai room­ys.

DAG 5

Die Vry­dag­og­gend het ons die fiet­stas­sen ’n laas­te keer ge­pak en die paar ki­lo­me­ter te­rug A­pel­d­oorn toe was vol heim­wee.

Ons het die fiets­klok­kie ge­lui, die wind deur ons ha­re ge­voel en was dank­baar vir ’n sag­te fiets­saal. Na­dat ons die twee fiet­se on­ge­skon­de te­rug­ge­gee het, het ons die de­po­si­to ge­bruik vir ’n bus­rit na die na­by­ge­leë dor­pie Gar­de­ren. Daar is el­ke jaar ’n Zand S­culp­tu­ren Fes­tyn en in 2018 is die te­ma Hol­land­se Mees­ters. On­ge­veer 40 prag­ti­ge kuns­wer­ke soos die Melk­mei­sie van Jo­han­nes Ver­meer en die Nag­wag van Rem­brandt van Ri­jn word tot in die fyn­ste de­tail in sand­beel­de her­skep. Die laas­te aand in A­pel­d­oorn het ons sok­ker saam met ’n men­gel­moes on­der­steu­ners ge­kyk. Die bit­ter­bal­len en dran­kie het met die se­nu­wees ge­help! Ons fietspret in Ne­der­land was nie die tra­di­si­o­ne­le kaas, klom­pe en wind­meu­le nie. Dit het ge­draai om wiele, water en be­leef. Met die laas­te trein­rit na Am­ster­dam het ons deel ge­voel van al­mal wat met ’n fiets na ê­rens op die trein klim.

De Kus by die A­pel­d­oorn-sta­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.