“E REGUIT EN VREESLOOS!

Die ve­te­raan-ver­maak­ma­ker Le­on S­chus­ter ge­sels met Chris­ti­aan J de S­wardt oor sy splin­ter­nu­we fliek

Vrouekeur - - VOORBLAD - Fo­to WILLEM BOTHA

k het geen ver­wag­tin­ge ge­had nie – al­les wat ek ge­doen het, was op in­stink. Ek het te veel van die re­a­li­teit van die le­we ge­sien om te droom. Ja, dit sou lek­ker ge­wees het om ’n mo­vie te maak wat in­ter­na­si­o­naal ver­sprei word. Dalk droom ek tog. Ons kruip na­der ... Ek dink Frank & Fe­ar­less kan dalk op klein skaal in­ter­na­si­o­naal ver­sprei word. Daar is iets vir al­mal!”

Le­on S­chus­ter (67) se 17de rol­prent is hier! Dié Vry­sta­ter in murg en been het aan Ko­v­sies stu­deer en in 1975 as om­roe­per by die SAUK be­gin werk.

“Ek was ’n on­der­wy­ser vóór ek be­gin werk het!” skerts hy. “My jop was om nuus te lees en Mo­ni­tor aan te bied. Toe sien ek ’n gap. As ek by­voor­beeld ’n on­der­houd met die des­tyd­se S­pring­bok­kap­tein Mor­né du P­les­sis ge­doen het, dan het ek ’n lied­jie oor Mor­né ge­skryf en dit ná die on­der­houd in­ge­speel. Dit was ‘nuut’ vir my kon­ser­wa­tie­we ba­se, maar hul­le het dit ge­sluk, want dit het vir my luis­te­raars ge­werk. So het ek aan­ge­gaan met Ger­rie Seer­hand­jies Coet­zee en Kal­lie die Bek van Boom­straat, en nog baie an­der. Ek het dit nie ge­doen vir eie ge­win nie, want nie­mand het my be­taal nie. Dit was pu­re pas­sie en my o­wer­stes het dit maar ge­sluk, want die luis­te­raar­sy­fers het ge­klim,” ont­hou hy daar­die dae.

Al­les het des­tyds in die ja­re tag­tig vir hom met sy ge­waag­de ra­di­o­pro­gram Die vry­pos­ti­ge mi­kro­foon be­gin.

“Dit het my op die map ge­plaas. Ek het gat­ge­skeer met al­mal en nog wat. An­dré S­choltz, my ven­noot en ver­vaar­di­ger oor baie ja­re, het my ge­na­der om ’n rol­prent te maak, ge­skoei op die VM, maar in prent­jies. Die ge­volg was You Must Be Jo­king. Ek het dit spon­taan aan­ge­vat, son­der e­ni­ge van die stres waar­mee ek dees­dae werk. Ek het eint­lik ge­dink dit sal nooit werk nie; in En­gels nog­al. En wrag­tag, toe werk dit. Ek ont­hou hoe ’n Mer­ce­des-benz-a­gent­skap ná die mo­vie se fi­nan­si­ë­le suk­ses vir die des­tyd­se foen­di­re­gis­seur El­mo de Witt ’n stel sleu­tels by sy kan­toor kom af­laai het vir sy blink­nu­we Mer­ce­des-benz. En ek het R20 000 ge­kry vir die jop – The sto­ry of my li­fe.”

Le­on sê hy het ’n in­ge­bo­re ge­voel ge­had dat hy nie ras­groe­pe te na moet kom nie.

“My In­di­ër-ka­rak­ter was ris­kant, maar dit het soos ’n bom ge­werk. Ek het ’n groot aan­hang in die In­di­ër-ge­meen­skap en hul­le het my In­di­ër-ka­rak­ters op­ge­slurp. Ek het ook my ge­sig swart ge­verf, en in daar­die ja­re het daar nie ’n haan daar­oor ge­kraai nie. Ek dink my ge­hoor het in­tu­ï­tief ge­voel dat ek op­reg was in my ver­tol­king en hul­le was nooit die slag­of­fers nie. Ek sou so bit­ter graag nog ’n Ma­ma Jack wou doen, maar smaak my om nou jou ge­sig swart te verf, is ’n to­ta­le no no. Dit geld in­ter­na­si­o­naal. In Mr Bo­nes was ek ’n wit san­go­ma met ’n swart stem. Ek het baie teen­kan­ting van po­ten­si­ë­le be­leg­gers ge­kry, maar ek het vas­ge­byt en saam met Zu­lu on my Stoep het ek ’n deur­braak in die swart mark gemaak. Dis net on­ge­loof­lik hoe baie swart men­se my na­der vir sel­f­ies en ter­wyl ons po­seer, sing ons vol­uit ‘kie moe­ra, kie soe­ka, oe die ghwar­ra ghwar­ra.’”

Le­on hou al­tyd ’n breë de­mo­gra­fie­se ge­hoor in ge­dag­te. “Ek het nog al­tyd Sui­d­a­fri­ka­ners, en nie nét A­fri­kaans­spre­ken­des nie, pro­beer ge­luk­kig hou. My A­fri­kaan­se ge­hoor het nog nooit pro­ble­me daar­mee ge­had nie, so­lank dit net werk. Maar as Boer­seun sou ek graag my hand aan ’n klein A­fri­kaan­se mo­vie pro­beer. Hier­die duur mo­vies maak my se­nu­wees ge­daan, want teen ’n be­gro­ting van R32 mil­joen vir Frank & Fe­ar­less rus die ver­ant­woor­de­lik­heid vol­uit op my om daar­die e­nor­me be­drag in ’n swak e­ko­no­mie by die lo­ket te­rug te kry.”

Die rol­prent ver­tel die sto­rie van ’n seun se pas­sie vir re­nos­ters. Hy kry ’n plan om die am­bas­sa­deur van Nam­bo­dia (’n fik­tie­we land) ge­van­ge te hou tot­dat hy be­lo­we om die re­nos­ter­stro­pe­ry te halt. Son­ny Frank (Le­on) loop toe­val­lig die seun, Fe­ar­less (T­hem­ba N­tu­li), raak en hy deel sy pas­sie

met Son­ny en vra of hy hom sal help.

Son­ny be­sef Fe­ar­less se plan is nie haal­baar nie, maar hy is ban­krot en weet dat Fe­ar­less ’n Kru­ger­rand het ... Son­ny stem in, want hy wil graag in P­re­to­ria kom vir ’n werks­on­der­houd en ge­bruik vir Fe­ar­less vir sy eie self­sug­ti­ge be­hoef­tes. Die a­von­tuur be­gin – met ko­me­die, tra­ge­die en e­mo­sie, wat op ’n won­der­li­ke, soms slap­stick-a­von­tuur uit­loop.

Le­on sê dié rol­prent het ’n mooi sto­rie­lyn. “An­ders as in my can­did mo­vies gaan dit nie oor lag­wek­ken­de sket­se nie. Ek dink die ge­hoor sal mee­ge­voer word, want klein Fe­ar­less, wie se naam eint­lik F­rig­h­te­ned moet wees, het die uit­son­der­li­ke ver­moë om die ge­hoor met e­mo­sie te roer. Deur die sto­rie groei Fe­ar­less so­dat hy uit­ein­de­lik sy naam ge­stand doen.

“My ka­rak­ter is dié van ’n kans­vat­ter en bit­ter self­ge­sen­treerd, teen­oor Fe­ar­less met sy op­reg­te be­doe­lings. T­hem­ba N­tu­li is ’n bril­jan­te to­neel­spe­ler en het my met sy op­reg­te ver­tol­king ge­ïn­spi­reer.

“Wan­neer hy ag­ter­kom dat ek hom en sy geld net mis­bruik het, is hy plat­ge­slaan. Ons het baie goed ge­jel op stel, en hoe meer dae, hoe be­ter. Ek dink die ge­hoor sal goed met ons al­bei i­den­ti­fi­seer. In teen­stel­ling met my an­der mo­vies waar din­ge hoof­saak­lik rond­om my sen­treer, neem ek twee­de plek in, want dis soos die sto­rie ge­skryf is. Fe­ar­less is die held van hier­die rol­prent en ek het ge­juig toe die kin­ders in ons toets­ge­ho­re mal ge­gaan het oor Fe­ar­less. Daar is geen oor­een­koms­te tus­sen my en Son­ny nie – dis heel­te­mal ’n nu­we ka­rak­ter. Die mo­vie wyk van my stan­daar­dre­sep af, maar die klas­sie­ke S­chus­ter slaan soms deur!”

Met dié rol­prent wil hy be­wys dat ko­me­die en tra­ge­die suk­ses­vol ge­meng kan word. “Ek is ’n bie­tjie gat­vol om klap­pe te kry, so ek het na iets án­ders ge­soek.

Iets met hart, son­der om die ko­mie­se af te skeep. Al ons po­ten­si­ë­le be­leg­gers was baie ver­sig­tig om be­trok­ke te raak. Hul­le het nie ge­glo dat jy ’n ui­ters sen­si­tie­we saak – die stro­ping van re­nos­ter­ho­rings – met ko­me­die kan ‘meng’ nie. Maar as jy en jou skryf­span drie jaar aan die draai­boek ge­werk het, dan weet jy in­stink­tief hóé om die sto­rie te be­na­der son­der om aan­stoot te gee. En ek hoop en bid ons slaag in ons doel om men­se in hul mas­sas te laat op­staan en te sê: ‘Nee vir die stro­ping van die re­nos­ter­ho­rings!’”

Dan skerts hy weer en sê hy sal nooit weer ’n ou se wind­skerm met ’n mod­der­lap skoon­maak nie.

“Ek is te hard ge­slaan in daar­die to­neel uit Oh S­chuks ... I’m gat­vol. Ek was vir ’n goeie 40 se­kon­des be­wus­te­loos – en toe ek daar op­staan met my be­bloe­de bek, toe kom S­hor­ty na my toe met tra­ne in sy oë en sê: ‘S­chuks, ple­a­se stop this can­did ca­me­ra.’ Ek het nie ge­luis­ter nie en het aan­ge­gaan om die klap­pe vir my ge­hoor te vat. Nou is ek ’n bie­tjie broos en tus­sen die be­se­rings in rug­by en die pak slae wat ek in my mo­vies ge­vat het, is ek op my ouderdom ’n bang­gat. As ek nog ’n uit­vang-mo­vie maak, sal ek dit in die Kaap gaan skiet, want daai men­se is baie meer chil­led as die Gau­ten­gers en die ri­si­ko om dood­ge­skiet te word, so dink ek, is baie min­der. Maar ja, as ek ge­spaar bly, sal ek waar­skyn­lik nog ’n uit­vang-mo­vie maak, maar ’n klap­lo­se een!”

Le­on is deur die ja­re deur tal­le kwel­kwes­sies ont­nug­ter.

“Kor­rup­te po­li­ti­ci, romp­slomp en snobs maak my moe­rig! Dit maak my hart­seer dat die re­ge­ring dag­ga ge­wet­tig het. Ek is bit­ter bang vir wat voor­lê in die land. Daar­om wil ek vir die jong men­se sê daar is geen gro­ter high as om ’n per­soon­li­ke ver­hou­ding met Lie­we Je­sus te hê nie. Ek wil graag die Woord vir men­se be­dien. Ek is nie ge­se­ënd met daar­die ga­we nie, maar ek wil graag my in­vloed ge­bruik om men­se na­der aan die He­re te bring. Ek het op ’n kol die C­hee­tahs ge­ïn­spi­reer toe hul­le in ’n Cur­rie­be­ker­eind­stryd teen die Bul­le ge­speel het en my woor­de was ’n gre­at in­spi­ra­sie. En die C­hee­tahs het daai dag die Cur­rie­be­ker ge­wen. Ek het daar­die mid­dag ge­sien ek kán die e­van­ge­lie be­dien. Ek wil nie ont­hou word as Le­on die grap­kas nie. Ek wil ont­hou word as Le­on wat sy me­de­mens op ’n gees­te­li­ke vlak be­dien het. Ek is mens­lie­wend. Ek ag my me­de­mens be­lang­ri­ker as myself. Ek kri­ti­seer nie men­se nie; ek wil hul­le laat lag. Daar word baie in my ge­sig vir my ge­sê: Jou rol­pren­te is [email protected]’ Dan smi­le ek maar en sê as dit wat jy nou ge­sê het die fan stri­ke, dan word dit na baie meer men­se as net jou­self uit­ge­slin­ger.”

Le­on sê hy is nou baie ou­er, le­li­ker en wy­ser.

“My ma het my ge­leer as jy ál­les in­sit, sál jy be­loon word, want dis reg­ver­dig. Mis­kien werk dit nie al­tyd só nie, maar as jou ou moe­der daar­die fi­lo­so­fie het, dan glo jy, hoop jy en bid jy. As jy dalk voel dis ‘on­reg­ver­dig’, dan aan­vaar jy dit en loop lê nie. Ek sal nóóit loop lê nie, want ek het stu­krag van Bo af. Ek bid vir vre­de, vreug­de en wel­wil­lend­heid. Be­han­del jou naas­te met re­spek; moe­nie haat nie en moe­nie wraak neem nie.”

Le­on vind vreug­de in sy ge­loof, sy le­wens­maat, A­man­da, sy kin­ders, sy ma, sy ou­boet, A­man­da se hond­jies en diep­see­hen­gel. Hy ont­span in die gim­na­si­um, lees graag ou­to­bi­o­gra­fieë van rol­prent­men­se en ge­niet ’n si­gaar­tjie en ’n rooi­wyn­tjie op sy stoep in Bos­kruin, Rand­burg.

Hier delf hy soms diep bin­ne­toe. “Soms is die bin­ne­kant baie dae on­stui­mig en waai my ge­moed as­of or­kaan Mi­cha­el hom ge­tref het. An­der dae vind ek die vre­de van Bo wat my ver­stand te bo­we gaan. Dan peins ek en sê dan­kie vir daai klein ga­we om ’n smi­le op my volks­ge­no­te se mond­hoe­ke te sit; volks­ge­no­te wat nie her­waarts of der­waarts weet in hier­die erg ver­steur­de land nie. Ie­mand het een­dag ge­sê die glim­lag wat jy vir an­der gee, waai al­tyd te­rug na jou eie hart. En dan is ek te­vre­de.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.