Wie is MIKE BOLHUIS?

Ky­kers leer Mike Bolhuis be­ter ken in Bolhuis, ’n ky­knet-reeks oor sy ho­ë­pro­fiel­sa­ke. Dié uit­ge­spro­ke mis­daad­be­stry­der skroom nie om hom­self pront uit te druk nie

Vrouekeur - - VOORBLAD - Deur SCHALK SCHOOMBIE

Noem sy naam en jy kry uit­een­lo­pen­de re­ak­sies wat wis­sel van be­le­di­gings tot be­won­de­ring. Een dink hy’s “’n glans­gans” (ie­mand wat die kalk­lig na­jaag), ie­mand an­ders meen hy is bloot “’n boun­cer en ’n ster­k­arm”. Ook: “Vra hom eer­der oor huis­a­larms en hon­de.”

“Ek steur my nie aan sul­ke men­se nie,” be­duie Mike Bolhuis (58). “Elk­een is ge­reg­tig op sy me­ning, so­lank dit ’n in­ge­lig­te me­ning is. E­nig­ie­mand wat iets wil sê, kom sê dit in my ge­sig. My haar­styl het niks met my vaar­dig­he­de uit te waai nie.”

Dis Vry­dag en Mike haal ad­mi­nis­tra­sie in en be­plan voor­uit. Hy dra nie sy ge­bruik­li­ke pak en das nie, maar ’n vloot­blou T-hemp met die slag­spreuk: No d­rugs, no vi­o­len­ce; ’n swart sweet­pak­broek met wit kant­stre­pe, ’n Fit­bit en ’n duur pols­hor­lo­sie. Grys ske­mer deur in sy steil blon­de ha­re.

Die TV is op CNN in­ge­stel. Sy ruim kan­toor is luuks in­ge­rig met leer­meu­bels, sier-as­se­gaaie en vol­struis­ei­er­lam­pe. Die lê­ers op sy les­se­naar is net­jies ge­or­den. Bui­te, deur die oop skuif­deur, mur­mel ’n fon­tein ge­sel­lig.

Mike woon en werk op Ge­ri­zim, sy bos­veld­land­goed op Leeuw­fon­tein bui­te P­re­to­ria wat sy pa in die laat ja­re vyf­tig ge­koop het, ’n tro­pie­se pa­ra­dys met palm­bo­me, brood­bo­me en wil­gers. Om ’n klein dam pronk ’n sta­ti­ge swerm fla­min­ke. Ge­ri­zim is die naam van die berg waar die se­ën vir die Is­rae­lie­te ge­lees is voor hul­le Ka­na­än bin­ne­ge­trek het (Jo­sua 8:33).

NIKS IS UITGESNY NIE

Oor die af­ge­lo­pe ses jaar is Mike dik­wels deur rol­prent­ma­kers ge­na­der. “Daar was baie ver­soe­ke en men­se het vir my draai­boe­ke ge­stuur. Daar was al­tyd voor­skrif­te: Ek mag nie vloek of ie­mand klap nie. Ek moet in die tuin werk. Ek kon nie, dis nie ek nie.”

Mike het by die be­ken­de ra­di­o­man Ri­an van Heer­den gaan aan­klop. “Ons ken me­kaar se­dert Ra­dio Tuks. Toe vra ek hom om my reeks te ver­vaar­dig. Hy weet hoe ek sa­ke han­teer en hy ken ook my ou­ens. Ri­an werk hard en kan iets van al­les doen. Die pro­duk­sie is baie goed be­plan en ge­or­kes­treer. Niks is uitgesny nie. Ons kry kom­pli­men­te van men­se wat sê hul­le kan sien dis wie ek is.

“Die o­mies en tan­nies moe­nie ge­af­fron­teerd wees oor hoe ek praat nie,” maan hy. “Kyk na die in­houd en kon­teks. Só praat ons in ons wê­reld. Soms is ge­krui­de taal en plat A­fri­kaans al wat ’n im­pak het. Ons be­veel nie sul­ke taal vir an­der aan nie, maar dit dra jou erns aan dwelm­han­de­laars, moor­de­naars en ver­krag­ters oor. Hul­le moet weet: ‘I say w­hat I me­an and I me­an w­hat I say.’

“Ek is net myself voor die ka­me­ra. Ek het geen a­gen­da nie. Ek is al ja­re lank be­kend vir wat ek doen. Men­se steur hul­le aan hoor­sê en ver­moe­de­li­ke in­lig­ting. Die pro­gram gee die fei­te. My hoof­doel is om men­se in te lig. Ons on­der­soek mis­daad, ve­ri­fi­eer dit en o­pen­baar dit.”

Bolhuis is in die eer­ste ses maan­de van 2018 ver­film en el­ke e­pi­so­de fo­kus op een van die sa­ke wat deur sy maat­skap­py on­der­soek word.

“Mis­da­di­gers in aan­hou­ding sal jou nooit die vol­le waar­heid oor hul­self ver­tel nie, om nie as sleg ge­sien te word nie. In u­nie­ke

ge­val­le – soos sluip­moor­de­naars – wil hul­le juis ge­sien word as die erg­ste, ge­vaar­lik­ste men­se op aar­de. Hul­le is mis­daad­roem­soe­kers wat men­se se ver­ba­sing en be­won­de­ring wil uit­lok.”

HY PAK DIE BUL BY DIE HORINGS

“Dit was goed vir my en Mike se vriend­skap­ver­hou­ding om saam te werk aan Bolhuis,” er­ken Ri­an van Heer­den, ver­vaar­di­ger van die pro­gram.

“Ek het die pro­fes­si­o­ne­le kant van Mike meer in de­tail leer ken, iets waar­op ek nie van­te­vo­re ge­fo­kus het nie. Ook het ek Mike se ge­skie­de­nis en die pad wat hy ge­loop het, be­ter leer ken. Ons is van­dag selfs be­ter vrien­de as van­te­vo­re.

“Ek is steeds ver­stom deur Mike se ver­moë om ’n si­tu­a­sie te ont­leed en te be­re­ken hoe dit sal uit­speel. Hy het ’n baie wye ken­nis van mis­daad in Suid-a­fri­ka en ad­vi­seer sy kli­ën­te dien­oor­een­koms­tig doel­tref­fend. Hy is ook be­slis nie bang om die bul on­mid­del­lik by die horings te pak nie, en ek dink dit het al heel­wat men­se baie on­kos­te en trau­ma ge­spaar.”

SPANWERK

El­ke paar mi­nu­te lui die sel­foon (hy het drie fo­ne). Saak­lik, ge­dul­dig, be­ant­woord Mike el­ke op­roep. “Me­vrou, stuur maar ’n e-pos met al­le moont­li­ke in­lig­ting,” raai hy ’n po­ten­si­ë­le kli­ënt aan.

Hoe bly hy by met so­veel sa­ke?

“Deur die ge­na­de van God kom ek by al­les uit. Ek re­a­geer op al­les – e-pos­se, op­roe­pe en ver­soe­ke – en pro­beer al­mal help.”

Mike staan aan die hoof van sy or­ga­ni­sa­sie van spe­si­a­li­s­on­der­soe­kers, met so­wat 30 werk­ne­mers en by­ko­men­de kon­trak­wer­kers.

Spe­si­a­le een­he­de sluit in erns­ti­ge en ge­welds­mis­da­de, die k9-een­heid (hon­de), an­ti-vee­dief­stal, mis­daad­voor­ko­ming, ku­ber­mis­daad, mis­daad­in­tel­li­gen­sie, fo­ren­sies, dwelms en se­ku­ri­teit.

Die spe­si­a­le een­he­de word deur ’n uit­ge­le­se span en tal­le oud­of­fi­sie­re van die Suid-a­fri­kaan­se po­li­sie­mag be­stuur. Ei­leen Coet­zer het as se­kre­ta­res­se by sy dog­ter, An­na­chien, oor­ge­neem.

“Ek het ’n goeie, maar saak­li­ke ver­hou­ding met my werk­ne­mers,” sê Mike.

DIK GETIK

In sy ma­triek­jaar het Mike ge­sien hoe ’n paar mei­sies by ’n pe­trol­sta­sie deur drie mans ge­teis­ter word. Hy het in­stink­tief tus­sen­bei­de ge­tree en die skoor­soe­kers met sy vuis­te uit­ge­sor­teer.

“Waar kom die ver­moë van­daan?” het hy ge­won­der. “Ek het be­sef dis iets wat ek kan doen ... Ek kan só ’n ver­skil maak.”

As val­skerm­sol­daat wou hy die bes­te wees. In sy vroeë twin­ti­ger­ja­re was hy as uit­smy­ter by die U­ni­on Ho­tel so goed dat hy gou aan­ge­stel is om klubs te be­vei­lig. Hy was ’n tyd lank aan die stuur van die Al­le­gro-re­stau­rant in die S­taats­te­a­ter.

Met­ter­tyd het hy hom in al­le fa­set­te van se­ku­ri­teit en skuld­in­vor­de­ring be­kwaam en die af­ge­lo­pe twee de­ka­des spits hy hom op mis­daad­on­der­soe­ke toe.

El­ke saak ver­loop in drie fa­ses, ver­dui­de­lik hy: 1. E­va­lu­a­sie en kom­mu­ni­ka­sie. 2. Kon­fron­ta­sie. 3. Op­tre­de. Laas­ge­noem­de kan ge­weld in­sluit, in­dien geen an­der be­na­de­ring werk nie.

Ek is net myself voor die ka­me­ra. Ek het geen a­gen­da nie. Ek is al ja­re lank be­kend vir wat ek doen ... My hoof­doel is om men­se in te lig. Ons on­der­soek mis­daad, ve­ri­fi­eer dit en o­pen­baar dit

GE­LUK­KIG EENKANT

Sog­gens is hy ses­uur op en tot se­we­uur ge­niet hy “ge­sins­tyd, ge­hal­te­tyd”. Laat­lam Mi­cha­el-john moet skool toe ge­vat word.

Se­we­uur be­gin hy deur sy e-pos gaan, volg hy sa­ke op en volg op met sy on­der­soek­span­ne. Tus­sen­deur is daar af­spra­ke. “’n Af­spraak duur ge­woon­lik ’n uur. Men­se ver­trou ons, want ons hand­haaf ’n streng kli­ënt­pri­vaat­heids­pro­to­kol.

“Ek vat nie werk huis toe nie en be­spreek nie die sa­ke met my ge­sin nie. Na­we­ke werk ek nie, be­hal­we as daar ’n bloed­spat­saak is wat drin­gend aan­dag ver­eis.”

Mike het vyf kin­ders: drie uit sy vo­ri­ge hu­we­lik: Ro­chel­le (33), El­se-ma­rie (31) en An­na­chien (28) en twee uit sy twee­de hu­we­lik met Ca­ri­ne (50), Mie­ke (15) en Mi­cha­el-john (8).

Streng re­ëls geld: Sy kin­ders mag nie sog­gens of saans op slim­fo­ne en ta­blet­te speel nie.

Vier­uur is tjai­la­tyd en vyf­uur be­gin sy straw­we oe­fen­roe­ti­ne van kruis­fiks en draf (5 km tot 10 km), ses dae per week. Son­dae gaan die ge­sin kerk toe.

“Ons gaan nie som­mer uit nie. El­se­ma­rie kook fan­tas­ties. Sy het by ’n sjef­skool klas ge­loop wat op die S­pier-land­goed ge­leë is.

“My hart is oop vir e­nig­een wat in­kom, ek wys nie­mand weg nie. My groot­ste pas­sie is om men­se te help. Wat ek nie ge­niet nie, is om heel­tyd met men­se te meng. Ek vind par­ty­tjies en ge­sel­lig­he­de on­aan­ge­naam. Ek hou meer daar­van om al­leen te wees ...”

Na­we­ke kyk hy na goeie mis­daad­reek­se in sy pri­va­te fliek­te­a­ter: The Sop­ra­nos, Bo­ardwalk Em­pi­re, Nar­cos, Co­de of a

Kil­ler, El C­ha­po, The Tra­de en Do­pe.

GEEN STRES OF BAGASIE

Deu­ren­tyd pro­beer hy sy Chris­ten­skap met sy u­nie­ke ga­wes uit­leef.

“Ek lees nie boe­ke nie, wel die By­bel. Ek ont­vang graag ver­sies op my foon. Ek is be­trok­ke by be­ra­ding en re­ha­bi­li­ta­sie­pro­gram­me en sien ’n om­me­keer in men­se se le­wens waar daar ’n ver­hou­ding met God is. Die By­bel is die e­nig­ste wa­re li­ni­aal. Ek kan die swaard oor jou kop wees, maar net Je­sus kan jou help en heel­maak.”

Daar is reeds ge­noeg sa­ke op­sy ge­sit vir ’n twee­de reeks van Bolhuis, ver­klap Mike.

“Ons voor­deel is dat ons al­les wat ons doen, ver­film en deeg­lik re­kord hou van el­ke saak.

“Ek het nie so iets soos stres of e­mo­si­o­ne­le bagasie nie,” be­na­druk Mike. “Ek lug nie me­nings oor an­der nie. Ek skin­der nie, ek werk met fei­te. Ek dink da­de­lik: ‘Wat kan ek vir jou doen?’

“Ek kry mis­kien nie rui­kers nie, maar wel baie kom­pli­men­te. Men­se sien my as ’n op­los­sing.”

Bolhuis word Woens­dag­aan­de om 20:00 op ky­knet uit­ge­saai

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.