’N VERSWELGENDE brander

Die ar­gi­tek en kuns­te­naar Y­vet­te Be­ne­ke het nooit noe­mens­waar­di­ge de­pres­sie­we tye er­vaar nie, maar ’n s­port­be­se­ring het als ver­an­der

Vrouekeur - - LEWENSTORIE - Deur MORYN HANZEN

Sy het by tye af ge­voel, maar dit was glad nie die laag­te­pun­te wat sy la­ter in haar le­we sou be­leef nie, ont­hou Y­vet­te Be­ne­ke. “Te­rug­skou­end was ek wel bang om ge­luk­kig te wees, want ek het al­tyd ge­weet daar­na kom die low. Ek het nie ge­weet hoe­kom nie, maar as kind was dit so. Ek was baie angs­tig ook,” ver­tel Y­vet­te.

Op skool het sy pro­fes­si­o­neel perd­ge­ry en net­bal ge­speel en ty­dens haar u­ni­ver­si­teits­ja­re ge­draf. Ses maan­de ná haar seun­tjie se ge­boor­te het sy in 2007 vol­kon­tak­ka­ra­te­klas­se be­gin by­woon.

Dit het goed ge­gaan tot­dat sy in 2014 haar pols ty­dens ’n ka­ra­te-oe­fe­ning ge­breek het.

“Ka­ra­te was in daar­die sta­di­um my al­les. Ek was ge­luk­kig, baie fiks en toe dit ge­beur het, ses we­ke voor my twee­de bruin­gor­del­gra­de­ring, was ek ver­plet­ter.”

Sy sou eers 18 maan­de la­ter weer vol­kon­tak­ka­ra­te kon doen na­dat die plaat­jie waar­mee haar pols ge­heg is, ver­wy­der is.

“Vir 18 maan­de sou ek net die ba­si­cs kon doen en dan weer vir ’n jaar vol­uit oe­fen voor ek weer vir gra­de­ring in aan­mer­king sou kom.”

Y­vet­te was 45 jaar oud en het bang ge­word om­dat sy nie weer ’n be­se­ring wou op­doen nie. “Die ge­breek­te pols was aan my lin­ker­hand, wat ook die hand is waar­mee mens meest­al jou kop blok.”

Om ná se­we jaar se streng oe­fen­pro­gram níks te doen nie, was vir haar on­denk­baar en sy het be­gin stap, draf en boks.

“Die draf het net nooit vir my die­self­de kick ge­gee nie en boks was lek­ker, maar dit het ook nie vir my ge­gee waar­na ek ge­soek het nie.”

Ná on­ge­veer ’n jaar het Y­vet­te ma­nie­se si­klus­se be­gin er­vaar, maar sy het nie ver­staan wat be­sig was om met haar te ge­beur nie.

“Ek sou tot vyf skil­de­rye per dag skil­der, gaan kos koop, ’n drie­gang­maal kook, huis aan die kant maak, die kin­ders by die skool gaan haal, huis­werk saam met hul­le doen en met die hon­de gaan stap son­der om moeg te word, en on­ge­loof­lik hap­py voel.”

Op ’n dag het sy op­ge­staan en be­sluit sy wil die wê­reld heel­te­mal op haar eie in­vaar.

“Ek wou op my eie gaan woon en doen wat ek wou – vry soos ’n vo­ël. Am­per vier jaar lank het die i­dee ge­kom en ge­gaan. La­ter het ek uit­ge­vind dis wat hul­le veg of vlug noem. Mens doen dit on­be­wus­te­lik as jy angs­tig of de­pres­sief is.”

Y­vet­te be­sef dit was ’n baie moei­li­ke tyd vir haar ge­sin. “Ek is ie­mand wat nie oor die straat sal stap as die ver­keers­lig rooi is nie en skie­lik wou ek som­mer my he­le le­we weg­gooi en net weg­gaan.”

Dié ir­ra­si­o­ne­le ge­dag­tes is deur vre­se af­ge­wis­sel. “Dan het ek weer af­ge­tui­mel in my don­ker, don­ker gat in. Ek het slegs op­ge­staan om my kin­ders by die skool te kry en met nie­mand ge­praat nie. Sul­ke tye het ek weer ge­glo ek moet hier by my ge­sin bly. Dit was ab­so­luut ver­skrik­lik – dit was soos ’n rol­ler co­as­ter. Nie­mand het ver­staan wat met my aan­gaan nie.”

Ná ne­ge maan­de van ge­moeds­kom­me­lings het dit op ’n dag vir Y­vet­te ge­voel as­of ’n groot brander haar verswelg. “Ek het soos ’n ver­bou­e­reer­de bok­kie in ’n bak-

kie­se hoof­lig te ge­voel–ek het geen i­dee ge­had waar­na­toe nie.”

Dit was vir haar as­of al haar sin­tuie en ge­voe­lens af­ge­ska­kel het. “Ek het niks ge­voel nie en niks ge­hoor nie. Ek het gaan sit en ’n swart en­gel ge­skil­der om uit te beeld hoe ek voel. I felt bro­ken, en dit was ook wat ek haar ge­noem het.”

Sy was slegs be­wus van die on­werk­li­ke ge­voel as­of sy on­der water was. Sy het rus­tig gaan sit, ’n brief ge­skryf en ’n bot­tel wyn en ’n oor­do­sis pil­le ge­drink. “En toe was dit ge­na­dig­lik stil.”

Y­vet­te het in ’n psi­gi­a­trie­se hos­pi­taal weer van haar om­stan­dig­he­de be­wus ge­word. Haar man het vroe­ër van ’n vis­vang­uit­stap­pie af te­rug­ge­kom en sy is la­ter per nood­he­li­kop­ter van een hos­pi­taal na ’n an­der hos­pi­taal se trau­ma-een­heid ver­voer.

“Ek het niks ge­voel nie tot ek my kin­ders en man ge­sien het. Dit was soos ’n droom. Ek was nie bly of kwaad dat ek leef nie, net af­ge­stomp. Ek is met my pil­le huis toe en vol hoop dat dit die ein­de van my depressie was.”

’n Jaar la­ter het sy ’n an­der psi­gi­a­ter gaan sien om­dat dit aan­vank­lik be­ter ge­gaan het, maar die self­dood­ge­dag­tes het te­rug­ge­keer. “Hy het my met bi­po­lêr 2 ge­di­ag­no­seer en an­der ge­moed sta­bi­li­seer­ders en pil­le vir angs­tig­heid voor­ge­skryf .”

Sy het slegs ’n ge­rin­ge ver­be­te­ring er­vaar. “Een dag was ek baie ge­luk­kig, maar die vol­gen­de dag wou ek vlug en nie meer le­we nie. Maar dit was min­der in­tens, want ek was in ’n dwaal van al die pil­le. Dit het ge­voel ek is nie meer ék nie.”

’n Ver­de­re jaar en ’n half ná die di­ag­no­se was sy 15 kg swaar­der weens ’n on­ge­son­de kom­bi­na­sie van ’n ge­brek aan oe­fe­ning, drank, kos en die voor­skrif­me­di­ka­sie. “In No­vem­ber 2017 het ek doel­be­wus be­sluit ek wil van al my pil­le af­gaan. Ek het be­sluit ek wil ge­sond wees.”

De­sem­ber ver­le­de jaar het sy ’n le­wens­af­rig­ter ge­na­der wat haar ge­leer het om haar den­ke te be­heer en het al­ko­hol uitgesny.

“Glo my, dis dié sleg­ste ding vir bi­po­lê­re ver­steu­ring. Al­ko­hol lei tot sleg­te slaap en angs, wat in depressie om­sit. En kry ’n le­wens­gids. Hul­le leer mens on­der meer om die ne­ga­tie­we ge­dag­tes wat on­wil­le­keu­rig ont­staan, te ver­an­der.”

Vol­gen­de het sy weer met ’n oe­fen­pro­gram be­gin. “Ek het by Fo­re­ver­strong Per­so­nal Trai­ning aan­ge­sluit. Hul oe­fe­nin­ge is soort­ge­lyk aan Cross­fit, maar hul­le gee ook vir jou ’n vol­le­di­ge eet­plan en el­ke lid het ’n aan­ge­stel­de af­rig­ter. Ek doen dit vyf tot ses keer per week en Son­dae draf ek ge­woon­lik so 5 km.”

Hoe­wel sy ge­wig ver­loor en fiks ge­word het, was dit nie ’n mak­li­ke pad nie.

“Ek het aan­de lank wak­ker ge­lê en was bang ek gaan vir al­tyd siek wees.”

Sy het so­veel as moont­lik oor bi­po­lê­re ver­steu­ring na­ge­lees en stel­sel­ma­tig aan haar pad na her­stel be­plan.

Be­hal­we om al­ko­hol te ver­my en ge­reeld te oe­fen, volg Y­vet­te ook ’n ge­son­de di­eet.

“Dit is wat vir mý werk. Ek dink daar is men­se wat dalk nie son­der me­di­ka­sie kan funk­si­o­neer nie. Die op­sies van me­di­ka­sie of geen me­di­ka­sie moet el­ke in­di­vi­du self met sy of haar dok­ter be­spreek.”

Agt maan­de na­dat sy die om­me­swaai gemaak het, het haar broer vir haar ge­sê sy is weer die sus­sie saam met wie hy groot­ge­word het. “Met an­der woor­de, ek is eint­lik weer myself.”

Y vet­te het haar­self met ab­so­lu­te deur­set­tings­ver­moë en haar ho­lis­tie­se be­na­de­ring uit die diep gat ge­trek, maar sy be­sef sy sal al­tyd bi­po­lêr 2 wees.

“Dit is nou ne­ge maan­de la­ter en ek voel ek is nou in be­heer. Ek is steeds by my le­wens­gids, ek slaap baie, ek drink die mi­ni­mum al­ko­hol, ek oe­fen ses dae per week en eet ge­sond. Daar is ve­le bi­po­lê­re blog­gers in die wê­reld wat die­self­de rig­ly­ne as ek volg, met of son­der me­di­ka­sie, en hul­le het die­self­de po­si­tie­we re­sul­ta­te.”

’n On­der­steu­nings net­werk is nood­saak­lik vir’ n bi­po­lê­re per­soon .“My ge­sin is ten vol­le be­wus van my si­klus­se. As ek voel ek is in ’n af­waart­se spi­raal, sê ek vir hul­le en dan sorg ek ge­woon­lik dat ek baie slaap en rus en ek­stra ge­sond eet.”

Sy wil graag men­se in die­self­de po­si­sie help son­der om vir hul­le voor te skryf om soos sy van me­di­ka­sie ont­slae te raak. “Ek is nie ’n dok­ter nie. Al wat ek wil doen, is om vir men­se te ver­tel wat ek ge­leer het, son­der dat hul­le vir maan­de na ant­woor­de hoef te soek.”

Al haar in­span­ning was nie ver­niet nie. “Dit was baie har­de werk, maar ek wil baie eer­der ge­sond as in ’n swart gat wees.”

Dit is nou ne­ge maan­de la­ter en ek voel ek is in be­heer. Ek is steeds by my le­wens­gids, ek slaap baie, ek drink die mi­ni­mum al­ko­hol, ek oe­fen ses dae per week en eet ge­sond

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.