WEGLOOPKINDERS – wat loop skeef?

Vrouekeur - - LEWENSTORIE -

Jy pak jou tas­sie en be­sluit jy vaar nes Han­sie S­lim die wye wê­reld in. Vol bra­va­de. Jou ou­ers is te kwaai, jy moet te veel skot­tel­goed was en jou min sak­geld is ’n skan­daal. Jy gaan hul­le vir eens en al­tyd ’n les leer. Hul­le moet jou mis en be­kom­merd raak.

K­link dit be­kend?

Me­ni­ge kleu­ter en jong kind be­sluit in ’n sta­di­um om weg te loop. A­von­tuur roep hul­le. Hul­le wil Dur­ban toe en by die see woon. Of by ’n sir­kus aan­sluit. Dik­wels vor­der hul­le nie ver­der as ’n paar hon­derd me­ter van die huis af nie. Dan be­ge­we hul moed hul­le. En dan kom hul­le maar voor die son van­aand sak druip­stert te­rug huis toe.

Hier­die sce­na­rio is da­rem ge­woon­lik re- de­lik on­skul­dig. Dit kan ook aan die storm en drang van die on­stui­mi­ge tie­ner­ja­re toe­ge­skryf word.

Her­mien* het weg­ge­loop om­dat haar ou­ers nie haar des­tyd­se kê­rel goed­ge­keur het nie.

“Van­dag be­sef ek hoe be­lag­lik dit was en is dank­baar dat my ou­ers my vin­nig op­ge­spoor het. Hul­le was won­der­li­ke men­se wat reg­tig die bes­te vir my wou hê. As mens jonk en ver­lief is, dink jy nie al­tyd ra­si­o­neel nie en ge­luk­kig het daar­die ver­liefd­heid nie te lank ge­duur nie – nes my ou­ers toe al ver­moed het!”

Maar soms is daar, al­dus ken­ners, eg­ter erns­ti­ger re­des vir kin­ders wat weg­loop.

C­han­tel* was so ’n ge­val. Sy ver­tel dat sy in ’n huis met ’n al­ko­ho­lis­pa en ma­ni­pu­le­ren­de ma groot­ge­word het. Sý is as die moei­li­ke een met die “hou­ding” be­stem­pel om­dat sy op­stan­dig oor die sek­su­e­le mis­bruik be­gin raak het. Daar­be­ne­wens moes sy haar ma se “steun­pi­laar” en haar jon­ger sus­ters se hoe­der wees.

“Toe ek die dag weg­loop, het ek geen plan ge­had nie. Die skool­hoof se woor­de aan my was dat ek ’n ‘baie stou­te dog­ter­tjie is’ en ek is uit my kos­huis ge­skors. Hier­die on­reg bly my tot van­dag toe by. Dit ter­wyl my ma met hand­jies ge­vou ge­sit het. Die stel­sel het my te­rug huis toe ge­dwing.

“Ek kon hier­die trau­ma eers ja­re la­ter be­gra­we. Soms won­der ek wat­ter ver­skil be­hoor­li­ke in­gry­ping deur mid­del van be­ra­ding of die wel­syn ná die weg­lo­pe­ry aan my le­we sou gemaak het aan­ge­sien my op­tre­de eint­lik net ’n ge­wel­di­ge nood­kreet was. Dit het tot al­ge­he­le wan­hoop ge­lei

wat die ge­volg was van my on­ver­moë om sin uit die cha­os in my le­we te maak.

“Jou ou­er­huis moet im­mers jou vei­li­ge ha­we wees. Daar was geen raad ten op­sig­te van pro­bleem­op­los­sing nie en ek het net al meer af­ge­son­derd ge­raak.

“Dit al­les was net te veel vir ’n jong ge­moed. Ek was nooit by drank, dwelms of los­ban­dig­heid be­trok­ke nie. Maar daar was oor­ge­noeg re­de vir my weg­lo­pe­ry.

Dit was nie bloot ’n tie­ner­gril nie. In so ’n ge­val kan mens er­ge depressie of ’n ou­toim­muun­siek­te of selfs pos­t­trau­ma­tie­se stres­ver­steu­ring ont­wik­kel. Ek sit van­dag met die he­le ka­boe­del en dis am­per ’n gro­ter on­reg.”

Pe­tra Bronn van B­rits het ’n paar jaar ge­le­de ’n tie­ner­mei­sie in haar sorg ge­neem.

“Sy het van die huis af weg­ge­loop om­dat haar pa haar ge­mo­les­teer het. Hul­le het haar eers in ’n kos­huis ge­plaas, maar hy het haar Vry­dae kom haal en som­mer langs die pad stil­ge­hou en met sy lol­le­ry be­gin.

“Sy was eg­ter ge­luk­kig by my, het by die huis­re­ëls ge­hou en was ’n ou­li­ke kind. Sy het Son­dag­skool toe ge­gaan en haar goed by die skool ge­dra. Sy was twee jaar en ’n paar maan­de by my toe haar tan­nie daar­op aan­dring dat sy by hul­le gaan bly. Fa­mi­lie kry al­tyd voor­keur en ek moes met die hart­seer saam­leef. Sy was tot aan die ein­de van graad 10 daar. Op ’n dag sien ek ’n kar in die op­rit stil­hou en toe ek die ly­fie met die rug­sak sien uit­klim, het ek haar da­de­lik her­ken. Die ar­me kind is daar ook sleg be­han­del en is daar­na na ’n kin­der­huis ge­stuur. Dis blyk­baar die norm ná drie keer se weg­loop. Hier­die kind het so hard pro­beer wys dat daar fout is, maar on­ge­luk­kig het die ‘stel­sel’ haar ge­faal.”

KINDERLYN SUID-A­FRI­KA: 08 000 55 555, www.child­li­ne­sa.org.za

FAMILIES SUID-A­FRI­KA: 011 975 7106, www.fam­sa.org.za

LI­FE LINE: 011 422 4242, 0861 322 322, www.li­fe­li­ne.co.za

INTERNASIONALE KINDER-EN-JEUGSORGNETWERK: www.cyc-net.org

SAVE THE CHILDREN SOUTH AFRICA:

012 430 7775, sup­por­[email protected]­vet­he­child­ren. org.za

RAPPORTEER ’N VERMISTE KIND: www. mis­sing­child­ren.org.za Vk

Hier­die kind het so hard pro­beer wys dat daar fout is, maar on­ge­luk­kig het die ‘stel­sel’ haar ge­faal Kin­ders loop ook soms weg om­dat die om­stan­dig­he­de bin­ne die ge­sin vir hul­le on­draag­lik is

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.