SIELKUNDIGE SE ME­NING

Vrouekeur - - AKTUEEL -

Kar­lien Eras­mus, ’n sielkundige van P­re­to­ria, sê oor­hoofs sou sy sê dat kin­ders soms kies om van die huis af weg te loop om­dat daar pro­ble­me in hul ge­sins­ver­hou­dings be­staan.

“Wan­neer ge­sin­ne met so ’n pro­bleem vir psi­go­te­ra­pie op­daag, sal ’n sielkundige saam met die ge­sins­le­de eers na die pro­ses­se, in­ter­ak­sie, di­na­mi­ka en rol­le kyk om te pro­beer be­paal wat­ter as­pek­te han­teer moet word.

“Kin­ders loop ook soms weg om­dat die om­stan­dig­he­de bin­ne die ge­sin vir hul­le on­draag­lik is en dit kan aan­hou­den­de kon­flik, fi­nan­si­ë­le pro­ble­me en selfs fi­sie­ke ge­weld en mis­han­de­ling in­sluit.

“Par­ty kin­ders is nie be­reid om dit wat hul­le eint­lik moet doen, te trot­seer nie en wil dalk ook nie ’n ma­te van ver­ant­woor­de­lik­heid daar­voor aan­vaar nie en ont­vlug daar­om dan eer­der daar­van. Dit kan as­pek­te in­sluit wat kin­ders voel hul­le nie met hul ou­ers kan be­spreek nie.

“Voor­ko­mend kan ou­ers daar­op fo­kus om in hul kin­ders se le­wens be­trok­ke te wees, in hul doen en la­te be­lang te stel en om hul kin­ders se vrien­de te leer ken.

“Hou een maal per week ’n ge­sins­ver­ga­de­ring waar­ty­dens po­si­tie­we, lek­ker en ook moei­li­ke goed van die week as ge­sin be­spreek kan word. Be­lê tyd in jou ver­hou­dings met jou kin­ders, maar ook met jou le­wens­maat. Om aan jou hu­we­liks­ver­hou­ding met jou maat te werk en dit on­danks nor­ma­le ver­skil­le ge­sond te hou, bly een van die bes­te ge­sken­ke wat jy aan jou kin­ders kan gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.