NOG RE­DES VIR WEG­LOOP

Vrouekeur - - AKTUEEL -

Vol­gens die web­werf www.kids­he­alth. org loop kin­ders van die huis af weg as ge­volg van ’n stry­e­ry met ou­ers.

Par­ty loop weg selfs al was daar nie ’n ba­klei­e­ry nie. Dit mag wees dat hul­le iets ge­doen het waar­oor hul­le skaam is, en dan is hul­le bang om hul ou­ers te ver­tel.

An­der re­des waarom kin­ders weg­loop, is weens eg­skei­ding, ver­vreem­ding of ’n nu­we stief­ou­er, dood in die fa­mi­lie, die ge­boor­te van ’n nu­we ba­ba, gel­de­li­ke pro­ble­me, drank- of dwelm­mis­bruik deur die ou­ers of kin­ders, pro­ble­me by die skool, groeps­druk en wan­neer hul­le druip of skool op­skop.

Dit is pro­ble­me waar­mee baie kin­ders en tie­ners te ma­ke het. Daar is eg­ter be­ter op­los­sings vir hier­die pro­ble­me as om weg te hard­loop, waar­sku die web­werf.

On­ge­luk­kig is dit so dat deur weg te loop, jy soms met gro­ter pro­ble­me te doen kan kry as wat tuis die ge­val is – soos om op straat te woon.

Om weg te loop, is al­les­be­hal­we pret. Mens gaan nie geld, kos, ’n vei­li­ge bly­plek hê of ie­mand wat na jou om­sien nie, waar­sku hul­le. En as dit die ge­val is, raak jy dalk net wan­ho­pig en doen e­nig­iets in jou ver­moë om aan jou ba­sie­se be­hoef­tes te vol­doen. Jy kan jou­self in si­tu­a­sies be­vind wat selfs vir vol­was­se­nes ui­ters ris­kant is. Kin­ders wat van die huis af weg­loop, raak dik­wels by mis­daad be­trok­ke.

Praat dus eer­der met ie­mand wat jy ver­trou oor jou pro­ble­me voor jy be­sluit om weg te loop.

* S­kuil­naam

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.