JY KAN!

’n Pynsindroom het hier­die sport­vrou in ’n rolstoel laat be­land, maar met haar oog op die Pa­ra­lim­pie­se S­pe­le blink sy steeds uit

Vrouekeur - - AKTUEEL - Deur LUISA VAN DER LINDE

Cor­nèl Oost­hui­zen, ’n voor­ma­li­ge ma­joor in die B­rit­se weer­mag, is ’n di­na­mie­se vrou wat hard werk vir wat sy wil hê. Sy het by die 2017 In­vic­tus­spe­le ’n goue me­dal­je vir gholf en ’n brons­me­dal­je vir rol­stoel­ten­nis ge­kry.

En ten spy­te van on­ver­wag­se uit­da­gings op haar le­wens­pad oe­fen sy in al­le erns ten­nis met die oog op die 2020 Pa­ra­lim­pie­se S­pe­le in To­kio. Cor­nèl bly al se­dert 2000 in En­ge­land.

“Ek het in 2000 En­ge­land toe ge­kom om te kom werk en het toe be­sluit om in En­ge­land te stu­deer. Ter­wyl ek my werk­op­sies be­loer het, het ek by ’n loop­baan­skou op die B­rit­se weer­mag af­ge­kom. My stu­die­rig­ting was sa­ke en e­ko­no­mie en die weer­mag se ver­koop s praat­jies was baie op­win­dend e­ras kan­toor­werk.”

Die a­von­tuur en ver­skei­den­heid met werk- en sport­ge­leent­he­de wat die B­rit­se weer­mag aan­bied, het toe ge­wen, en Cor­nèl het in Ja­nu­a­rie 2006 met haar op­lei­ding by die Roy­al Mi­li­ta­ry A­ca­de­my in Sand­hurst be­gin.

Cor­nèl ver­tel ons meer.

WAAR KOM JOU LIEFDE VIR SPORT VAN­DAAN?

Ek dink ek was se­ker so vier of vyf jaar oud toe ek be­gin ten­nis speel het. Van­dat ek kan ont­hou, het ek met ’n ra­ket teen mu­re bal ge­slaan! Van klein­tyd af al het ek Wim­ble­don saam met my ou­ma, ou­pa en ou­ers ge­kyk en daar­van ge­droom om dit een­dag self te wen.

Ek was nog al­tyd een vir ’n uit­da­ging en het van vroeg af van bal­sport ge­hou. As kind het ek aan hand­bal, ten­nis, at­le­tiek, net­bal, hok­kie, swem en an­der sport deel­ge­neem – sport het my nog al­tyd ge­luk­kig gemaak! Ek was ook ’n reg­te rab­be­doe en het saam met my pa op pa-en-dog­ter-a­von­tuur­na­we­ke ge­gaan. Ons het ook ty­dens va­kan­sies we­ke op my ou­pa se plaas deur­ge­bring. Al­bei my ou­mas leef nog en hul­le het ook ’n groot rol in my groot­word­ja­re ge­speel. Al my groot­ou­ers en my ou­ers het my en my sport al­tyd on­der­steun en so het sport ’n na­tuur­li­ke deel van my le­we ge­word.

Op la­er­skool by P­re­to­ria-oos en daar­na by Volks­hoop, het ek ook goeie sport­on­der­wy­sers ge­had wat my on­der­steun het.

JY IS NOU IN ’N ROLSTOEL. WAT HET DAARTOE GE­LEI?

Dit het ge­beur toe ek in Ju­lie 2014 in die jaar­lik­se B­rit­se weer­mag se so­mer ten­nis­toer­nooi as kap­tein van die weer­mag­span ge­speel het. In een van my wed­stry­de, ver­moed ons, het daar fout ge­gaan met die bui­ten­ste en sen­tra­le se­nu­stel­sel in my reg­ter­voet. Ná ses maan­de se on­der­soe­ke en chro­nie­se pyn, het dok­ters my via He­ad­ley Court, die mi­li­tê­re re­ha­bi­li­ta­sie­sen­trum, in Ja­nu­a­rie 2015 met kom­plek­se streek s pyn sin­droom (KSPS) ge­di­ag­no­seer.

VER­TEL ONS VAN DIE PAD VOOR EN Ná DI­AG­NO­SE?

Voor di­ag­no­se was moei­lik, want nie­mand het pre­sies ge­weet wat dit is nie. Die me­di­ci moes ’n pro­ses van e­li­mi­na­sie volg om uit te vind wat die pro­bleem was. Ek moes al­ler­han­de toet­se laat doen en was maan­de lank op kruk­ke en in ’n spe­si­a­le ste­wel. Ná di­ag­no­se was ek ses tot ne­ge we­ke by ’n re­ha­bi­li­ta­sie kli­nie­ke n die pyn me­di­ka­sie is toe ver­sterk.

Die ne­we-ef­fek van die me­di­ka­sie is en was ’n groot ding. Dit maak my brein

wol­le­rig en as ge­volg van die pyn is ek nou op die hoog­ste moont­li­ke do­sis. Daag­lik­se ta­ke is moei­lik, want die me­di­ka­sie is sterk en be­ïn­vloed my brein, ge­heue en het fi­sie­ke na­ge­vol­ge. Ek was ook aan die be­gin baie on­ak­tief, want ek moes die voet laat rus, dus het my he­le le­wen­styl en le­wens­pas dra­ma­ties ver­an­der.

Ek het lank ge­suk­kel met hier­die ver­an­de­rin­ge en sport het om­trent heel­te­mal uit my le­we ver­dwyn, want ak­ti­wi­tei­te, selfs om net na die win­kel toe te gaan, was een­vou­dig net te pyn­lik.

As ’n Suid-a­fri­ka­ner is ek re­la­tief tough, maar dié pyn het my ge­vang. Selfs nou nog moet ek op moei­li­ke dae ba­sies tot stil­stand kom. Dan maak ek net op my me­di­ka­sie staat en sit net my le­we op ys. Om­dat die pyn chro­nies is, kan mens nooit daar­van weg­kom nie en dit maak my selfs in die nag wak­ker. Mens ge­bruik so­veel e­ner­gie om met die on­op­hou­de­li­ke pyn saam te leef. Die eer­ste vier jaar was die erg­ste, maar ek het daar­na be­gin leer om my le­we teen ’n se­ke­re pas te lei en het weer sport be­gin be­oe­fen.

WAT­TER TI­PE SPORT BE­OE­FEN JY TANS?

Be­hal­we vir rol­stoel­ten­nis, is ek ook vir gholf, swem en hand­fiets­ry vir die In­vic­tus­spe­le in 2017 ge­kies. My liefde vir gholf was ’n blo­te toe­val. Toe ek vroeg in 2017 proe­we gaan doen het, het ek be­sluit ek wil so­veel as moont­lik ver­skil­len­de sport­soor­te pro­beer om te sien wat ek in my si­tu­a­sie kan en nie kan doen nie. In daar­die sta­di­um het ek ba­sies óf met kruk­ke óf met ’n kie­rie rond­ge­loop. Ek kon toe nog met be­hulp van ’n gholf­kar­re­tjie en my kie­rie myself van put­jie tot put­jie kry. Ek het dit ge­wel­dig ge­niet en was ge­luk­kig dat ek saam met die an­der drie sport­soor­te ook vir gholf ge­kies is.

Van­jaar het ek reg­tig meer tyd in die rolstoel be­gin deur­bring. Ek is maar hard­kop­pig, so ek het lank hier­teen ba­klei. Maar die lo­pe­ry, al is dit met die on­der­steu­ning van kruk­ke en/of ’n kie­rie, is swaar en ek vind met die rolstoel kan mens die pyn iet­wat be­ter han­teer. Dis na­tuur­lik ook be­ter vir my an­der voet en my lig­gaam, want ek hoef nie so erg te kom­pen­seer met die res van my lyf nie. Die dok­ters het ook be­sluit dis be­ter om die reg­ter­been ge­deel­te­lik te am­pu­teer. WAAR VAT JOU SPORT

JOU NOU HEEN?

Wel, ek moet dit dui­de­lik maak dat ek nog ’n hoop­vol­le Pa­ra­lim­pie­se at­leet is. Dalk maak ek dit en dalk nie, maar die po­ten­si­aal is daar. Ek werk nou daar­aan om ’n vol­tyd­se pro­fes­si­o­ne­le rol­stoel­ten­nis­spe­ler te word. Tot ek dit kan be­kos­tig, pro­beer ek vier dae per week ten­nis speel en in die gim oe­fen so­dat ek my ten­nis­teg­niek en my al­ge­he­le fiks­heid tot die mak­si­mum kan op­stoot.

Ver­der speel ek in een tot twee internasionale ten­nis­toer­nooie op die UNIQLO ITF W­heel­chair Ten­nis Tour en was in Fe­bru­a­rie van­jaar 183ste op die wê­reld­rang­lys. Ek is nou nom­mer 52 en mik vir die top-25.

WAT MOTIVEER JOU?

My fa­mi­lie on­der­steun my 200% en hul liefde be­te­ken nog al­tyd ge­wel­dig baie vir my. Ek het ook ’n goeie net­werk van vrien­de wat my deur dik en dun by­staan. My ge­loof speel ’n groot rol in hoe ek my le­we pro­beer leef en elk dag pak. God is werk­lik goed vir my en sy voor­sie­ning bly my op die bes­te moont­li­ke ma­nier on­kant vang.

My af­rig­ter en die B­rit­se ten­nis­ver­e­ni­ging, die per­so­neel van die Pa­ra­lim­pie­se in­spi­ra­sie­pro­gram en Help for He­roes­mi­li­tê­re wel­syns­or­ga­ni­sa­sie, as­ook my vrien­de se mas­sa­be­fond­sings­veld­tog help baie. Ek is reg­tig be­voor­reg om so ’n wye on­der­steu­ning­stel­sel te kan hê. My groot­ste dryf­veer is my droom om aan die Pa­ra­lim­pie­se S­pe­le deel te neem.

Die ge­yk­te ge­seg­des van “een dag op ’n slag” en “tel jou se­ë­nin­ge” is ook op my van toe­pas­sing. My si­tu­a­sie kon baie er­ger ge­wees het en ek is dank­baar vir die teg­no­lo­gie en die feit dat ek op­sies het om van te kies. Nie al­mal het daar­die kan­se nie.

As ek tot hier kan kom, kan e­nig­ie­mand, ver­al men­se wat dalk be­se­rings het of ook in ’n rolstoel is, din­ge doen wat hul­le dalk nooit ge­dink het is moont­lik nie. Mens moet net “aan­hou wen” soos La­er­skool P­re­to­ria-oos se leu­se sê. Pro­beer die een of an­der sport waar jy met jou be­se­ring of in ’n rolstoel kan deel­neem. Daar is op­sies. Pro­beer, jy kan!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.