Om te VLIEG

Op 67 is sy die oudste lugwaardin in die land en sy wil nie af­tree nie, ver­tel Ma­ri­on Fer­nan­des aan Car­la van der S­puy

Vrouekeur - - WIE WAT WAAR -

Sy laat jou aan ’n ou­wê­reld­se lugwaardin dink. Fyn ver­sorg van kop tot to­ne. Bloed­rooi lip­pe en na­els en selfs op ’n snik­he­te dag in’ n lang mou sny­ers­pak­kie, kous een spy­ker­hak­ke ge­klee.

Die sjar­man­te Ma­ri­on Fer­nan­des van Be­no­ni is op 67 die oudste lugwaardin in die land. En as dit van haar af­hang, sal haar vler­kies nooit ge­knip word nie. Sy ken geen an­der werk as dié van ’n waar­din in die wol­ke nie en sy wil niks an­ders wees nie.

Sy was 17 jaar oud toe sy by Suid-a­fri­kaan­se Lug­diens aan­ge­sluit het. Die eer­ste vier jaar was sy ’n grond­waar­din wat vir be­spre­kings ver­ant­woor­de­lik was. Sy kon eers op 21 be­gin vlieg.

Din­ge het in­der­daad baie ver­an­der. Des­tyds moes ka­juit­per­so­neel ook ’n der­de taal leer. Sy het toe Frans, wat sy as ’n skool­vak ge­had het, en Por­tu­gees ge­kies.

Ons ge­sels oor hoe die ver­eis­tes vir ’n lugwaardin oor die de­ka­des ver­an­der het. Toe sy in die laat ja­re ses­tig by die des­tyd­se SAL aan­ge­sluit het, moes jy su­per­slank wees. Jy is ge­na­de­loos ge­weeg en be­waar jou siel as jy ’n ki­lo­gram aan­ge­sit het.

Daar is selfs voor ’n vlug na jou na­els en gri­me­ring ge­kyk.

“Ge­luk­kig was ek daar­die tyd so ma­er dat ek som­mer met my hand­sak en al op die skaal ge­klim het,” ver­tel sy.

Des­tyds het die lug­waar­din­ne soos skoon­heids­ko­nin­gin­ne en mo­del­le ge­lyk. Jy moes ’n se­ke­re ouderdom (in jou twin­tigs) en ’n se­ke­re leng­te wees.

Van­dag is die klem nie meer so­veel op ’n glans­ry­ke voor­koms nie, jy moet net fiks wees en lyk of jy da­rem ’n trol­lie kan stoot.

Die keu­ring was des­tyds ui­ters streng.

Uit die 200 wat in haar tyd aan­soek ge­doen het, is 12 uit­ein­de­lik ge­kies.

“Hul­le het ook na jou kom­mu­ni­ka­sie­vaar­dig­he­de, vrien­de­lik­heid en hulp­vaar­dig­heid ge­kyk. Mens moet ont­hou dat men­se weens al­le re­des vlieg – van trou­es tot be­graf­nis­se – en daar­om moet jy in voe­ling met die pas­sa­siers wees.”

Ma­ri­on is gou na internasionale vlug­te oor­ge­plaas waar­na sy in eer­ste klas ge­werk het en toe tot ka­juit­be­stuur­der be­vor­der is. Sy was die eer­ste vrou in Suid-a­fri­ka wat dié pos be­klee het.

Sy is la­ter ’n pos as in­struk­teur aan­ge­bied, maar het dit van die hand ge­wys. Sy wou nie op die grond werk nie.

Ma­ri­on ver­tel dat sy al van kinds­been af wou vlieg.

“My pa het baie vir sy werk ge­reis en toe ek klein was, is ek ge­reeld saam met hom na die lug­ha­we toe. Dit was ’n klein ge­bou­tjie, maar daar was ’n prag­ti­ge ven­ster waar­deur mens na die vlieg­veld kon kyk. Dit het my so op­ge­won­de gemaak.

“Ek is baie dank­baar dat ek hier­die loop­baan kon volg, want as jy on­ge­luk­kig in jou werk is, word jy mak­li­ker moeg en ter­neer­ge­druk. Ek werk ook eer­der vir min­der geld en doen dít waar­voor ek lief is as om my werk­dag om te wens en ’n groot sa­la­ris te kry.”

Ma­ri­on be­skou haar­self as ’n in­tro­vert, maar as sy met pas­sa­siers werk, is sy in haar bub­ble. Na­dat sy na 800 pas­sa­siers om­ge­sien het, kan sy haar­self lek­ker ont­trek met rus­ti­ge uur­tjies tuis.

Was daar ooit ram­pe ty­dens vlug­te? Ma­ri­on glim­lag.

“Ek was ’n ju­ni­or op my heel eer­ste vlug toe ’n hoog­swan­ger vrou na my toe kom en sê sy wil al­leen met my praat. (Die an­der ka­juit­per­so­neel op die vlug was mans.) Toe lig sy my in dat haar water ge­breek het.”

Ma­ri­on het kom­kom­mer­koel ge­bly en haar kalm mee­ge­deel dat sy nie be­kom­merd moet wees nie. Sy het die kap­tein in­ge­lig en dié het haar skert­send mee­ge­deel dat dit háár pro­bleem is. ’n Am­bu­lans is ont­bied om haar by die aan­loop­baan in te wag.

Daar was ook die ge­val van ’n jong mei­sie wat na A­the­ne op pad was en op die vlieg­tuig ge­kraam het. Die be­man­ning het haar by­ge­staan.

Daar was be­nou­de oom­blik­ke toe hul­le een­keer op ’n 707 op pad Rio de Ja­nei­ro toe was. Sy het ge­sien hoe die vlie­ë­niers kaar­te in die ka­juit uit­haal toe sy hul­le vra of hul­le kos wil hê. Hul­le wou van haar weet of sy kan swem.

“Ja, maar se­ker nie in ’n o­se­aan nie,” het sy ge­ant­woord en kalm ge­bly, soos wat hul­le op­ge­lei is om te doen.

Die vlie­ë­nier het toe ge­sê hul­le gaan Rio weens sterk win­de waar­skyn­lik nie haal nie en hul­le moet om­draai om ie­wers aan die kus te land. Vir Ma­ri­on was dit ’n a­von­tuur. “Toe ons land, was die brand­stof op!” Sy is nie be­kom­merd oor en­jin­pro­ble­me nie, aan­ge­sien sy die vlieg­tuig­fa­briek in Se­att­le be­soek het.

“Vei­lig­heid is ’n pri­o­ri­teit – van die vlerk­span tot die in­stru­men­te wat ge­du­pli­seer is. Dis baie vei­li­ger om per vlieg­tuig as per mo­tor te reis.”

Des­tyds het sank­sies ge­geld en hul­le kon nie A­me­ri­ka of Aus­tra­lië toe vlieg nie. Een van haar guns­te­ling be­stem­mings was Lis­sa­bon.

“Die kos is heer­lik en die men­se rus­tig en vrien­de­lik.” Sy is ook gek oor Hong­kong, Bang­kok en Lon­den, wat al­tyd “op­win­dend” is.

Sy het al na tal­le be­ken­des op vlug­te om­ge­sien.

Die san­ge­res wy­le W­hit­ney Hou­ston en haar man het ver uit­me­kaar ge­sit en heel­tyd ge­vloek en ba­klei. Toe vra Ma­ri­on hul­le om eer­der na­by me­kaar te sit.

W­hit­ney wou ewe by haar hoor of sy weet wie sy is, waar­op Ma­ri­on rus­tig ge­ant­woord het :“Ja, ui s’ n eer­ste­klas pas­sa­sier wat die an­der eer­ste­klas pas­sa­siers ont­wrig.”

John Tra­vol­ta was plat op die aar­de en een van haar guns­te­ling pas­sa­siers, ver­tel sy.

“Hy vlieg mos self en toe hy sien ek wag vir ’n an­der lugwaardin om uit die bad­ka­mer te kom om my te help, dring hy som­mer daar­op aan om kof­fie en tee aan die pas­sa­siers te be­dien. Hul­le was om­trent in ver­voe­ring.”

P W Botha het op’ n A­fri­kaans­spre­ken­de lugwaardin aan­ge­dring, ver­tel sy, maar vir Pik Botha het dit glad nie saak gemaak nie. Hy was vrien­de­lik, son­der aan­stel­le­rig­heid. Een­keer is ’n vlug ver­traag om­dat hy eers saam met die lug­waar­din­ne in ’n dis­ko ge­dans het, ver­tel sy lag­gend. Hul­le het lek­ker ge­sels en hy het haar som­mer na sy wild­plaas toe ge­nooi.

Nog ’n hoog­te­punt was toe sy vir Nel­son Man­de­la se in­hul­di­ging saam met 64 BBP’S van­af Lon­den moes vlieg. Ma­ri­on het voor­af ’n lys van die pro­to­kol­kan­toor oor aan­spreek­vorms aan­ge­vra.

Toe sy Ma­ry Ro­bin­son, wat des­tyds die pre­si­dent van Ier­land was, aan boord ver­wel­kom met ’n “Good Mor­ning, Mrs Ro­bin­son,” het sy ge­ant­woord met: ‘La­dy Pre­si­dent to you!’ Wel sy het maar net die pro­to­kol­lys ge­volg, was haar re­ak­sie.

Aan­ge­na­me ko­nink­li­kes was ko­ning Car­los van S­pan­je en ko­ning Kon­stan­tyn van G­rie­ke­land.

Ma­ri­on was nooit ge­troud nie. As jy in daar­die dae ge­trou het, moes jy as lugwaardin be­dank en daar­voor het sy nie kans ge­sien nie.

’n Groot tra­ge­die het die fa­mi­lie ge­tref toe Ma­ri­on, die en­kel­lo­per, net oor 40 was. Haar jong­ste sus­ter, wat ’n di­a­be­tes­ly­er was, se nie­re het in­ge­gee en sy het ge­sterf. Toe word Ma­ri­on oor­nag en­kel­ma vir drie dog­ters van vyf, ne­ge en 16 jaar oud.

“Dit help nie om in sul­ke tye te vra hoe­kom hier­die din­ge ge­beur nie, want God is in be­heer. Ek het nie een keer daar­oor ge­twy­fel of ek die mei­sies wou in­neem nie. Ek was nog al­tyd baie ge­heg aan hul­le en het hul­le goed ge­ken. Hul­le was mak­li­ke kin­ders en elk­een het suk­ses in hul loop­ba­ne be­haal.”

Na­dat sy oor­nag ma ge­word het, het sy be­sluit om bin­ne­lands te vlieg so­dat sy nie lank van die huis af sou weg wees nie.

Daar was ook aan­pas­sings as ge­volg van reg­stel­len­de ak­sie om­dat 99% van SAL se wer­kers daar­die tyd wit was. Sy het toe deel­tyds met SA Ex­press en Co­mair ge­vlieg.

Was dit nie ’n groot aan­pas­sing om skie­lik ’n huis vol kin­ders te hê nie?

Sy lag lek­ker as sy ver­tel sy het ge­won­der of sy ooit aan die la­waai ge­woond sou raak. Haar ma het ge­luk­kig na­by hul­le ge­woon en kon met die kin­ders help wan­neer sy weg was.

Die kin­ders het wel ge­kla as sy vir die so­veel­ste keer voor ’n vlug her­ders­pas­tei gemaak het.

Sy moes be­hoor­lik meet en pas om die pot aan die kook te hou, maar haar kin­ders was ui­ters be­wus van brand­stof­pry­se en an­der uit­ga­wes. Hul­le kon dalk nie ont­wer­pers­kle­re soos hul maats dra nie, maar dan kon sy hul­le al­mal met ’n vlug Lon­den toe neem, wat dub­bel en dwars daar­voor ver­goed het.

Sy straal as sy oor haar dog­ters praat wat haar da­de­lik “Mom” be­gin noem het.

“Al drie het be­grip vir men­se se pro­ble­me. Hul­le ver­stom my. My jong­ste dog­ter, wat ’n lugwaardin by E­mi­ra­tes is, het ’n toe­ken­ning ge­kry vir die ma­nier waar­op sy na be­jaar­des op vlug­te om­sien,” ver­tel sy trots.

Nou­dat hul­le al­mal uit die huis is en in Kaap­stad, E­den­va­le en Du­bai woon, is sy weer op haar eie.

Sy het on­langs saam met die dog­ters, hul le­wens­maats en ’n klein­kind in Suid­ko­rea gaan va­kan­sie hou. Vir haar dog­ters is sy hul rol­mo­del.

Ons kyk ge­a­mu­seerd na die fo­to’s in haar al­bum wat toon hoe die lug­waar­din­ne se u­ni­forms deur die ja­re ver­an­der het – van ’n sty­we bol­hoed met wit hand­skoe­ne tot u­ni­forms met kol­le­tjies tot ge­mak­li­ker, by­der­wet­se drag.

Daar is ook ’n fo­to waar sy die ge­denk­diens van slag­of­fers van die Hel­der­berg­vlug­ramp by­woon, ’n amp­te­li­ke brief wat so­wat 40 jaar ge­le­de in A­fri­kaans deur Pik ge­skryf is om SAL vir hul goeie diens te be­dank en ’n brief met ’n bo­nus van R15 wat Ma­ri­on van die cha­ris­ma­ko­mi­tee ge­kry het. Al­les ’n leef­tyd ge­le­de.

Is haar gesondheid nooit deur die ja­re aan boord aan­ge­tas nie?

“Nee wat. Ek dink gesondheid is dik­wels iets wat in jou kop is. Baie van ons het wel si­nus­pro­ble­me ge­kry. Har­de werk het nog nooit e­nig­een dood­ge­maak nie!”

Ma­ri­on hou a­sem op dat haar kon­trak aan­staan­de jaar in Ju­lie ver­leng word.

Hoe lank wil sy dan nog vlieg?

“Tot ek 80 is!”

Ek werk ook eer­der vir min­der geld en doen dít waar­voor ek lief is as om my werk­dag om te wens en ’n groot sa­la­ris te kry

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.