MY TERUGSLAE HET MY STERKER GEMAAK

D­welm- en drank­mis­bruik het ja­re van hier­die man se le­we ge­steel, maar van­dag ge­bruik Ri­chard Kift hier­die on­der­vin­ding om men­se se le­wens aan te raak

Vrouekeur - - VERHOUDINGS - Deur YOLANDA WESSELS

Ja­re se drank- en dwelm­mis­bruik het Ri­chard Kift nie on­der­ge­kry nie; in­teen­deel, hy ge­bruik die er­va­ring van­dag om an­der men­se te motiveer en te in­spi­reer.

Ri­chard is in die Kaap in ’n mid­del­klas­ge­sin ge­bo­re. Hy is met ’n erns­ti­ge vorm van hi­a­lien mem­braan siek­te ge­bo­re en die eer­ste drie maan­de van sy le­we was ui­ters uit­da­gend. Hier­die toe­stand kom voor wan­neer daar nie ge­noeg stof (sur­fak­tant) in die lon­ge is nie en die aan­vank­li­ke op­bla­sing en nor­ma­le uit­set­ting van die lon­ge ver­eis hier­die stof wat die op­per­vlak­span­ning van die long­sak­kies (al­ve­o­li) ver­min­der. Dit toe­stand kom baie al­ge­meen en erns­tig by pre­ma­tu­re ba­bas voor.

“Ek was die eer­ste drie maan­de van my le­we in die hos­pi­taal. Die dok­ters het glo aan my ou­ers ge­sê hul­le moet bid dat God my weg­neem, aan­ge­sien die kan­se skraal was dat ek sou oor­leef. Wel, dis nou 46 jaar la­ter en hier is ek steeds.” Ri­chard ont­hou sy groot­word­ja­re as baie ge­luk­kig en ge­se­ënd. “Ek het lief­de­vol­le ou­ers ge­had, hul­le het al­les vir my en my broer ge­doen; ons on­der­steun, aan­ge­moe­dig en ge­help om ’n po­si­tie­we grond­slag vir ons toe­koms te ont­wik­kel, op a­ka­de­mie­se ge­bied so­wel as op die sport­veld.” Dié grond­slag het in Ok­to­ber 1991 in­een­ge­stort.

SY LE­WE Ná SKOOL

Ná Ri­chard se ma­tri­ku­la­sie in 1990, is hy deur die Suid-a­fri­kaan­se Weer­mag vir na­si­o­na­le diens­plig in die Suid-a­fri­kaan­se In­fan­te­rie­ba­tal­jon op U­ping­ton op­ge­roep. Ge­du­ren­de dié tyd­perk was daar ’n keu­rings­pro­ses vir ’n be­perk­te aan­tal men­se om in die Suid-a­fri­kaan­se po­li­sie op­ge­neem te word. Op­lei­ding sou by Ma­le­o­s­kop net bui­te Gro­blers­dal in die des­tyd­se Noord-trans­vaal plaas­vind.

“Hier­die po­li­sie op­lei­ding s plaas word deur baie ont­hou as ’n fi­siek en gees­te­lik uit­da­gen­de plek, ge­lei deur in­ter­na­si­o­naal er­ken­de in­struk­teurs. Dit het ’n per­ma­nen­te merk in my le­we ge­laat – hier­die her­in­ne­rin­ge is in my siel in­ge­prent.”

Dit en wat op Maan­dag 14 Ok­to­ber

1991 ge­beur het. Ri­chard en sy pa het ’n he­wi­ge ar­gu­ment ge­had. Ri­chard het sy pa be­le­di­gings toe­ge­snou, die deur toe­ge­gooi en uit die huis ge­storm.

“My pa het ’n paar uur la­ter aan ’n hart­aan­val ge­sterf. Ek het nooit die ge­leent­heid ge­had om om ver­sko­ning te vra nie. Dít was die be­gin van my ui­ters ver­nie­ti­gen­de reis.”

Ri­chard het ’n aan­bod van die hand ge­wys om ’n ver­de­re vier jaar in die po­li­sie te bly.

Hy sê hy was op ’n reis waar­in hy nie die wa­re be­te­ke­nis van die le­we ver­staan het nie; ’n reis met ’n lae self­beeld en van self­ver­nie­ti­ging.

In 1992 het Ri­chard 11 maan­de lank reg­oor Eu­ro­pa ge­ry­loop en sy sor­ge in al­ko­hol en dwelms pro­beer ver­drink.

“Tus­sen 1992 en 1998 het ek meer mis­luk as e­nig­iets an­ders en as ge­volg van my roe­ke­loos­heid het ek ge­wel­di­ge druk op my fa­mi­lie ge­plaas. In 1998 het ’n ver­de­re e­mo­si­o­ne­le on­der­vin­ding my oor die af­grond ge­stoot: ko­ka­ïen het my ma­nier van leef ge­word. Dit was twee bit­ter don­ker ja­re in my le­we.”

Met so­veel mis­luk­kings ag­ter die blad, het Ri­chard nooit ge­fo­kus op wat die diep ge­wor­tel­de pro­bleem was en waarom hy so ’n ver­nie­ti­gen­de le­we ge­lei het nie.

“My le­we van dwelm­ge­bruik was ’n ge­heim en ek was af­hank­lik van dag­ga vir ont­span­ning en om my span­ning te ver­lig en van ko­ka­ïen vir self­ver­troue.

Die pro­bleem was be­sig om my fi­nan­si­eel te ru­ï­neer as ge­volg van my on­ver­ant­woor­de­lik­heid en swak be­slui­te.” Ri­chard het op Ou­jaars­aand 2000 vir die laas­te keer ko­ka­ïen ge­bruik.

“Dit was ’n oom­blik toe ek ge­weet het as ek nie nou stop nie, ek nie my sto­rie sou kon ver­tel nie. As ek nie daar­die aand op­ge­hou het nie, sou ek nie die won­der­li­ke ge­sin ge­had het wat ek van­dag het nie.”

’N NU­WE BLAADJIE

Ge­du­ren­de 2000 het Ri­chard sy vrou, C­han­tel­le, ontmoet en van­dag is hul­le die trot­se ou­ers van twee seuns, Jar­red (14) en Mat­thew (2).

“My vrou, ’n voor­ma­li­ge mo­del wat al­te goed die erns van d­welm- en al­ko­hol­mis­bruik be­sef, het aan­be­veel dat ons uit Kaap­stad trek om op ons toe­koms te fo­kus.”

Die ge­sin se nu­we toe­koms en die feit dat Ri­chard met sy ver­le­de moes vre­de maak, was ’n voort­du­ren­de stryd wat tot sy boek, The Cha­os Fac­tor, ge­lei het.

“As eg­ge­noot en pa met ’n ge­sin wat ek met my he­le hart lief­het, motiveer dit my om my sto­rie met an­der te deel. As ek met my ver­nie­ti­gen­de le­wens­wy­se vol­hard het, sou ek nooit hier­die ge­sin ge­had het wat ek el­ke mi­nuut van el­ke dag koes­ter nie. Wan­neer ek na my vrou en kin­ders kyk, bring dit ’n ge­luks­fak­tor wat sel­de er­vaar word deur men­se wat dink hul­le het al­les in die wê­reld.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.