K­was­ke­na­des

Anlie Janse van Rensburg en haar man, Har­dus, se knus hui­sie het ’n in­stap­kas met hort­jies­deu­re in die kom­buis-leef­ver­trek. Har­dus het raad ge­soek om die deu­re op te kik­ker en in plaas van ’n seer oog ’n fo­kus­punt te word

Vrouekeur - - TUIS - Deur ELDALEEN HUGO en HAR­DUS JANSE VAN RENSBURG

Har­dus het ’n oog vir mooi de­kor en het die muur rond­om die deu­re met faux-bak­ste­ne ge­clad, wat reeds ’n groot ver­skil gemaak het. Hier­die pro­jek het ge­groei soos ons ge­werk het.

Ek en hy het met Gran­ny B’s Old Fashi­o­ned Paint in­ge­spring en so tus­sen die ver­we­ry deur het ons oor die bin­ne­kant van die kas ge­praat. Die re­sul­taat van ons plan­ne het ’n deur­me­kaar stoor­kas in ’n ek­stra ver­trek­kie om­skep waar Har­dus en Anlie hul glas­wa­re bê­re en hul wyn stoor.

Har­dus het die glas­rak­ke vir die gla­se en ’n blad bo-ôp die wynys­kas in­ge­sit. Vir die ruim­te langs die ys­kas het Har­dus ’n kas­sie vir ek­stra bê­re­plek gemaak (ge­verf met Gran­ny B se Black Bet­ty). Die ou le­li­ke lig het hy met ’n mooi een ver­vang. Die geel mu­re bin­ne het grys ge­word en ’n T­re­t­chi­koff-af­druk wat uit Anlie se kin­der­ja­re kom, het sy laat raam en dit gee die kas som­mer nu­we ka­rak­ter. Bat­te­ry let­ter lig­gies bo die deu­re pas by die New York-styl van hul bly­plek en een­vou­di­ge kris­tal hand­vat­sels op die deu­re rond als mooi af.

VOORBEREIDING

Maak die deu­re o­ral­oor sil­wer­skoon met spi­ri­tus. Ge­bruik die grow­we kant van ’n op­was­spon­sie vir dié doel en vee die deu­re daar­na be­hoor­lik met ’n klam lap skoon.

VERF

Ons het eers ’n laag van Gran­ny B se Mushroom op die deu­re ge­verf om ’n skoon pa­let te kry so­dat ons kon be­oor­deel wat­ter kleur gaan werk. Ons het ’n paar kleu­re ge­toets en be­sluit op ’n blou wat met die blou van die muur teen die trap op in­ska­kel. Hier­voor het ons

Gran­ny B se Mid­nig­ht Blue en I­ci­cle Blue in ge­ly­ke hoe­veel­he­de ge­meng, ’n tit­sel Grain Sack by die meng­sel ge­voeg en laas­tens so drie gooie van Gran­ny B se Ar­mour by­ge­voeg.

Ons het net een laag van die blou meng­sel op­ge­verf en die kan­te en hoe­ke van die hort­jies lig­gies met skuur­pa­pier ge­skuur toe die verf goed droog was om ’n ef­fen­se ver­weer­de ef­fek te skep en de­fi­ni­sie te gee. Daar­na het ons o­ral­oor met sui­wer Gran­ny B Ar­mour ge­se­ël.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.