DUB­BEL­GAN­GER

Wat voor­af ge­beur het An­dra ver­tel vir An­na­bel (La­lie) dat Hans af­fairs ge­had het, en dat sy aan dob­bel ver­slaaf was. La­lie gaan sien haar dok­ter vir ’n op­volg­on­der­soek. Hy is die e­nig­ste mens wat be­kend voel ná die on­ge­luk waar­in sy ge­heu­e­ver­lies op­ge­doe

Vrouekeur - - VERVOLGVERHAAL - Deur DEBORAH STEINMAIR

La­lie weet dat sy niks meer weet nie. Sy ver­trou nie­mand be­hal­we haar­self en die kin­ders nie. Sy sit by Hans se les­se­naar. Met vin­gers wat lig­gies be­we, haal sy ’n klein ge­raam­de fo­to uit haar hand­sak. Sy het dit so pas ge­steel. Toe sy die fo­to, wat sy in ’n te­rug­flits ge­sien het en waar­van sy al ge­droom het, op dok­ter Ber­nard se boek­rak sien, het sy ys­koud ge­word. Hy het haar be­sorgd ag­ter­na­ge­sit toe sy by die spreek­ka­mer uit­storm, haar aan die arm te­rug­ge­lei, in die stoel laat sit en uit­ge­gaan om ’n glas sui­ker­wa­ter te kry. In daar­die half­mi­nuut het sy die fo­to ge­gryp en in haar hand­sak ge­prop. En spo­re gemaak.

Sy streel oor die fo­to, oor die ge­sig van die dog­ter­tjie. Daar is on­se­ker­heid op die skraal ge­sig­gie, en ook vas­be­ra­den­heid. Sy weet dat dit sy is, sy wéét dit een­vou­dig net. ’n Mens her­ken jou eie oë, soos in ’n spie­ël. Die kin­ders is klein. Vyf, ses? Dus ken dok­ter Ber­nard haar en ook haar be­krui­per. En die sielkundige wat haar so on­ge­mak­lik laat voel het. Hul­le al­mal ken me­kaar al ’n leef­tyd. En die ge­me­ne de­ler is Na­mi­bië.

Sy, La­lie, was van Na­mi­bië af, of waar­skyn­lik van die lug­ha­we af, op pad om An­na­bel te gaan soek. Haar dub­bel­gan­ger. Sy wens sy kan ont­hou.

Die ge­boor­te­ser­ti­fi­kaat! Sy moet weet waar An­na­bel ge­bo­re is. Die ge­sin se do­ku­men­te is, waar­skyn­lik deur Hans, net­jies ge­li­as­seer. Ge­boor­te­ser­ti­fi­ka­te is on­der ‘G’. Haar hand be­we toe sy An­na­bel s’n uit­haal. Ba­ba se naam: An­na­bel S­chic­ker­ling. Ou­ers: Ro­se­ma­rie S­chic­ker­ling. Geen ver­mel­ding van die va­der nie. Ge­boor­te­da­tum: 31 Maart 1983. Ge­boor­te­plek: Ma­rien­tal, Suid­wes-a­fri­ka. En sie­daar: weer duik dit op: Na­mi­bië. Des­tyds Suid­wes.

Is sy tóg An­na­bel? Maar haar duim­af­druk kon nie toe­gang tot An­na­bel se foon gee nie. An­na­bel het nie ju-jit­su ge­ken nie.

Sy het nie ’n op­ge­he­we let­sel bo haar reg­ter­heup nie.

La­lie kyk op. Kap­tein sit haar en dop­hou met sy kop ge­kan­tel, as­of hy self baie vrae het. As­of hy won­der waarom sy so ra­di­kaal ver­an­der het. As­of hy won­der wat sy met sy nooi gemaak het.

“Dit maak twee van ons, Kap­tein.”

Sy kan nie sê waarom sy die fo­to wou hê nie. Sy móés dit net van na­der­by be­skou. Dis so be­kend. Sy kyk vir die eer­ste keer na die ag­ter­grond. Ag­ter die kin­ders, op ’n af­stand, is iets be­kends. ’n Lang, reg­op klip. Die vin­ger­klip! kom dit by haar op. Sy goo­gle dit. Sy lees dat dit in De­sem­ber 1988 in­een­ge­stort het, die vin­ger van God. Die fo­to is dus voor De­sem­ber 1988 ge­neem.

Sy tas rond. Wat is die vermiste ska­kel, die sleu­tel wat al­les kan ont­sluit?

“Dr Wolf­gang van der S­puy,” sê sy hard­op.

Kap­tein se oor­tjies staan reg­op­per. Hy grom diep.

Hy het aan die U­ni­ver­si­teit van Na­mi­bië ge­do­seer, in­dien Ber­nard sy stu­dent was. A­ka­de­mi­ci is mak­lik om te on­der­soek, want hul­le laat o­ral spo­re ag­ter; ge­pu­bli­seer­de ar­ti­kels en so aan. Sy gaan dr Van der S­puy se spoor sny.

Die ag­ter­deur gaan oop. Sy het so­waar ver­geet om die kin­ders by die skool te gaan haal! Die skool is bin­ne sta­p­af­stand, maar sy het so on­vei­lig be­gin voel dat sy haar oor die kin­ders se vei­lig­heid ook be­kom­mer het.

“Jis, La­lie, ek neem aan jy’t te be­sig ge­raak? No big­gie, daai groot hai­ry du­de dod­ge my nou to­taal. Jy het die blou waks uit al­mal ver­skrik. Ek is vei­lig,” merk Kurt in die deur van Hans se ka­mer op. “Nog iets: ek het daai du­de, die stal­ker, se ge­sig ge­tra­ce. Po­li­sie­re­kord. In Na­mi­bië. Kon­rad de Lan­ge.’

Die naam da­wer deur haar. Laat haar ys­koud word.

“Dan­kie. En daar’s nog meer.”

Ter­wyl sy mid­dag­e­te aan­me­kaar­slaan; vis­vin­gers en ka­pok­aar­tap­pels uit ’n pak­kie – sy be­speur nie juis ’n kook­aan­leg in haar­self nie – ver­tel sy hul­le van die fo­to en van dr Wolf­gang van der S­puy wat meer van haar weet as wat hy be­hoort te weet. Meer as wat sý weet.

Kurt stem saam dat dit mak­lik sal wees om meer oor hom uit te vind. Hy bied aan om dit te doen.

“Nog iets, Kurt. Sou mens sy re­ke­naar kon … kraak? Kan mens dit van ’n af­stand af doen, of moet jy die re­ke­naar self on­der han­de kry?’ vra sy.

Kurt leun ag­ter­oor, ry kra­kend op die kom­buis­stoel se ag­ter­po­te.

“Mmmm. Daai’s moont­lik, as hy dom ge­noeg is om ’n dod­gy mail oop te maak en op ’n link te kliek. Dalk, as ons hom sê dit be­vat in­lig­ting oor jou. Maar jy praat met die ver­keer­de ou, La­lie. Ek is nie die hac­ker in die fa­mi­lie nie.”

Sy staar na die kin­ders. “Wie? Was dit ook een van An­na­bel se ta­len­te?”

“Nee, du­de. Dis C­har­lie. Sy het mad skills. Ons kan net hoop sy kry dit reg om uit die tronk te bly.”

“Ek be­plan om my ta­len­te wet­tig te ge­bruik,” ver­klaar C­har­le­ne pleg­tig. “Maar hier­die is soos in ’n uit­son­de­ring. Ek sal dit doen. Ons moet Ma op­spoor en die stal­ker van La­lie se rug af kry.”

Stil­te heers in die Van S­ta­den-huis.

Al­mal is op hul re­ke­naars aan die delf toe An­dra soos ’n herfs­wind in­waai.

“Jul­le is so­waar ’n spul nerds! Maar iets het ver­an­der – vroe­ër het elk­een in sy eie klein hoe­kie ge­werk, nou sit jul­le al drie by die kom­buis­ta­fel, by­me­kaar, am­per skou­er aan skou­er! Ek neem aan Hans is nog op reis.”

La­lie sein met haar oë vir die kin­ders dat An­dra niks van haar ver­moe­dens weet nie, en sy sien dat hul­le be­gryp. Ons het selfs al te­le­pa­tie aan die gang, dink sy met ’n warm ge­voel om haar hart. Ons is ’n span, ho­pe­lik ’n for­mi­da­be­le span.

Kurt staan soos ’n wa­re heer op om vir An­dra kof­fie te maak. C­har­le­ne lyk soos ie­mand wat in ’n ton­nel ver­dwaal is, heel­te­mal op haar eie sta­sie, to­taal ver­diep in haar taak.

An­dra tel die ge­raam­de fo­to van die drie kin­ders, wat nog op die toon­bank staan, op.

“Wie is dié? Die dog­ter­tjie lyk soos jy, Bel­la. En soos C­har­lie toe sy klein was. Vin­ger­klip. Was jul­le in Suid­wes met va­kan­sie? Wie is die seun­tjies? Hul­le lyk nie na me­kaar of na jou nie. S­kool­uit­stap­pie?”

“Jy het meer vrae as ’n kleu­ter, An­dra. En, jam­mer om te her­haal: Ek kan nie ont­hou nie,” skerm La­lie.

“Dis net, ek het dit nog nooit ge­sien nie. Maar jy was al­tyd baie ge­heim­sin­nig oor jou kin­der­ja­re. Geen ba­ba­fo­to’s nie. Dan­kie, Kurt, jy weet pre­sies hoe ek van my kof­fie hou. Moet nou net nie ook gaan staan en ge­heu­e­ver­lies kry nie.”

Daar­die nag lê La­lie soos ge­woon­lik lank wak­ker. Sy dink oor die dag. Van der S­puy se e-pos­a­dres is op­ge­spoor en C­har­le­ne het vir hom die lok­pos ge­stuur. Maar wat La­lie se kop ver­al be­sig hou, is die stuk­kie in­lig­ting oor Van der S­puy se spe­si­a­lis­ge­bied, waar­oor hy sy ver­han­de­ling ge­skryf en ver­skeie ar­ti­kels ge­pu­bli­seer het, hier en in die bui­te­land: die in­vloed van oor­er­wing en om­ge­wings­fak­to­re op i­den­tie­se twee­lin­ge.

Dit voel vir La­lie as­of die woor­de “i­den­tie­se twee­lin­ge” uit klip ge­kap is en drie­di­men­si­o­neel teen haar oog­le­de gro­ter en gro­ter word. Is sy en An­na­bel ’n twee­ling? As An­na­bel ’n twee­ling­sus­ter het, hoe­kom weet nie­mand daar­van nie? Hoe­kom lui dit geen klok­kie by La­lie nie? Sou mens so iets nie ont­hou het nie? Waar­skyn­lik nie, as jy nie eens jou­self kan ont­hou nie. Het sy P­re­to­ria toe ge­kom om haar twee­ling­sus­ter te kom soek?

Skie­lik is daar ’n klop aan haar ka­mer­deur. Sy kyk op die wek­ker. Half­een. Sy kom reg­op.

“Ja?”

“La­lie, dis ek, Kurt.” Hy k­link ont­steld, hoogs ont­steld.

Sy trek haar ka­mer­jas aan, loop by hom ver­by kom­buis toe, sit die ke­tel aan.

Kurt se oë is groot.

“Sy het my ge­bel. Op my sel. Nou net. An­na­bel. My ma.”

Ver­lig­ting spoel deur La­lie. Sy le­we.

Kurt ver­tel die op­roep was kort, ge­jaagd. An­na­bel het ge­sê sy is op ’n plek waar sy ge­help word om be­ter te word. Sy het nie ge­sê waar­mee sy ge­help word nie, en daar was nie tyd vir Kurt om te ver­dui­de­lik dat hy van haar dob­bel­ver­sla­wing weet nie. Of oor La­lie nie. An­na­bel het ge­sê hul­le mag geen op­roe­pe maak of ont­vang nie, het geen in­ter­net­ver­bin­ding nie, geen af­lei­dings nie. Maar sy is be­kom­merd oor die kin­ders. Sy het glo wel vir Hans ge­vra om vir hul­le te sê sy gaan vir ’n ruk weg, maar sy is vei­lig en kom weer te­rug.

“En hy het ons niks ge­sê nie. Zilch,” mor Kurt.

“Wel, toe ek ge­rief­lik op­duik, het hy se­ker ge­dink dis nie meer no­dig nie. Ten min­ste weet ons nou sy is vei­lig. Waar dink jy is sy?”

“Se­ker ’n soort re­hab. Al­le ver­sla­wings is mos maar si­mi­lar. Maar ons weet nie waar nie en ek sche­me ook nie sy wil ge­kry word nie. Any­way is dit een wor­ry min­der. Moer­se re­lief.”

‘Ek be­plan om my ta­len­te wet­tig te ge­bruik,’ ver­klaar C­har­le­ne pleg­tig. ‘Maar hier­die is soos in ’n uit­son­de­ring. Ek sal dit doen. Ons moet Ma op­spoor en die stal­ker van La­lie se rug af kry’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.