DIE BE­GRAF­NIS

Die kis­sie val skuins om en die dek­sel breek los. O­sie gryp ver­skrik na die een hoek van die kis, maar dit het reeds om­ge­rol, en die bon­del­tjie wit lap­pe val uit en sprei soos ge­skeur­de vler­ke oor die grond

Vrouekeur - - KORTVERHAAL - Deur MARLISE JOU­BERT

Die wind moet tog nie nou lol nie. Dit bring net stof, dink sy. En die stof laat haar oë nog meer brand. Ems leun met haar rug teen die grow­we stam van die ou a­pies­do­ring. ’n Warm wind pluk tel­kens aan die lang, son­ver­bleik­te ha­re en waai dit in slier­te oor haar ge­sig. Sy kyk na O­sie waar hy hurk en stel­sel­ma­tig die een ná die an­der spy­ker in die Out­span-kis­sie in­slaan. Sy kyk na die an­der, die klom­pie ver­skrom­pel­de swart ge­sig­gies, elk­een sta­rend en af­wag­tend vir O­sie om klaar te maak.

Die houe ha­mer in haar ore, nes die dorp se kerk­klok­ke in die ver­te op ’n stil og­gend. “Jy moet gou maak, Oos.” Die wind se stof druk die woor­de in haar keel te­rug.

Lien krap stil­swy­end met haar groot­toon ’n gleu­fie in die grond. Sy won­der of sy troos moet gee of ook vir O­sie moet aan­jaag.

“Ja, man. Jis, gee ’n ou net ’n kans,” sê O­sie en kor­rel fron­send na die spy­ker op die kis­sie. “Hier­die spy­kers is hel­uit skeef en hul­le vat nie so mooi op die dun plan­kies nie.” Ems moet hom nie nou staan en aan­jaag nie. “Ga haal hom maar, Sus, dan slaat ons nou die dek­sel vas.”

Ems loop saam met Lien in die huis se rig­ting. Sy het Cas­per gis­ter­aand dik toe­ge­rol in ’n klomp ou lap­pe en hom vir die nag langs die kool­stoof neer­ge­lê. Ma was so vies daar­oor, maar Ma ver­staan ook nie al­tyd nie. ’n Kat is nie som­mer ’n ding nie. El­ke dier het ook ’n siel en pas in die Groot Plan van die heel­al in.

Sy tel die vorm­lo­se bon­del­tjie langs die stoof op. Hy was ’n goeie kat, dié ou Cas­per. As hy tog maar net wou luis­ter en nie snags so wou rond­loop nie. En ou Pe­toors dog wrag­gies hy’s ’n haas, het Oos haar nog ver­tel. Hoe kon hy dog haar kat is ’n haas! Hy wat selfs di­a­ken in die kerk is?

“Vat hom, Lien. Dè, gaan sit hom in die kis. Ek … ek wil nie sien nie.”

Ems kyk hoe die wind­vlae Lien se flen­ter­rok­kie gryp en op­waai, weer laat val. Die swart be­ne is dun, té dun, be­sef sy skie­lik.

Sy gaan sit op die kom­buis­trap­pie. Dis so warm soos ’n wond waar­in sy sit. En stil. Net die slae van die ha­mer op die plan­kies k­link dof oor die vlak. Dit kon sy nog ver­staan, dat Pa laas vir Kop­pieskat moes skiet. Al het dit so seer­ge­maak hier bin­ne. Maar dat ou Pe­toors daar op sy hoe­we som­mer vir Cas­per gaan skiet het, net om­dat hy dog dit is ’n haas, dit is een­vou­dig te erg. En hy was eint­lik haar lief­ling­kat, twee jaar al. Dan staan sy op en pluk ’n paar blom­me langs die kom­buis­muur af.

Toe O­sie al­mal in ’n ry laat staan, stap sy te­rug na hul­le toe.

“Ems, jy moet voor loop, soos laas. Dis tog jou kat en jy spiets mos by die graf.” Hy kyk na haar en glim­lag ver­ma­ke­rig.

“Nee, ek gaan nie weer praat nie,” sê sy en pers haar lip­pe teen­me­kaar. “Jy moet van­dag vir my praat.”

O­sie skud sy kop hef­tig. “Aikô­na! Jy is nie ver­niet ver­le­de week as hoof­mei­sie ge­kies nie. En jy is nog nie eens in die groot skool nie. Toe, jy loop voor. En jy Fi­le­mon, Lien en Si­las, jul­le help my dra.”

Ems bied nie ver­der weer­stand nie. Dis tog haar kat, ja. Sy be­gin weer huil.

“Loop nou! Ons kan net­nou ga staan en tjank by die graf!” O­sie stamp haar vo­ren­toe en tel een van die toue op. Hy kyk om na die an­der drie ag­ter die kis. “Be­gin sing,” be­veel hy kort­af. “Sing!”

Hul­le sing. “Soos ’n hert in dor­re stre­ke …” Traag en on­der­langs. Kop­pe ge­knak. Sta­dig be­weeg die Out­span-stoet vo­ren­toe. Ems klem die paar A­fri­ka­ners voor haar bors vas. Hul­le sing, te­me­rig, son­der rit­me.

On­der die yl koel­te van die a­pies­do­ring

kom die groe­pie tot stil­stand. Ems loop oor die sand­hoop en gaan staan aan die an­der kant van die gat. Sy kyk af in die diep­te. ’n Paar mie­re kruip sta­dig teen haar voet op. Haar keel voel droog en toe­ge­swel, as­of ie­mand ’n groot hout­le­pel teen haar ver­he­mel­te bly vas­druk.

Dan be­gin sy praat. S­kor en hak­kel­rig. Sy praat som­mer maar net. Al­les wat voor­kom. Praat oor Kop­pies en Cas­per. Praat oor Po­te wat daar an­der­kant on­der die ho­pie gruis lê. En Cas­per met sy kol­stert. Hy sal nooit weer soos ’n warm kom­ber­sie oor haar voe­te kom lê nie. Sy dood sal ge­wreek word.”

“Kom na­der,” roep sy, “ons moet die kis nou laat in­sak.”

Sy pers haar lip­pe saam. O­sie ken die ri­tu­eel al goed. Hy skree: “Sing!” Hy be­gin vo­ren­toe be­weeg. “Loop vo­ren­toe, jul­le. Fi­le­mon, sing har­der!”

Die groe­pie be­weeg on­ge­lyk vo­ren­toe, oor die sand­hoop. Die stem­me tril in die warm lug, sker­per en val­ser. “Soos ’n hert in dor­re …”

En toe ge­beur dit.

Lien strui­kel oor die sand­wal, gly en val hard op haar knieë neer. Fi­le­mon, wat ag­ter haar was, tui­mel bo-oor haar kop en ploeg met sy mond eer­ste die sand­wal in. Die kis­sie val skuins om en die dek­sel breek los. O­sie gryp ver­skrik na die een hoek van die kis, maar dit het reeds om­ge­rol, en die bon­del­tjie wit lap­pe val uit en sprei soos ge­skeur­de vler­ke oor die grond.

Ems staar woor­de­loos na die lap­pe. En die pop. Haar bes­te pop. Die praat­pop. Die lap flad­der los van die kop. Die wind ruk die blom­me uit haar han­de los. Sy gil. Met een sprong is sy bo-oor die gat en gryp O­sie voor aan sy hemp vas.

“Waar is Cas­per dan?” skreeu sy be­noud teen die blink voor­kop vas. “Waar is hy? Waar!?”

“Ek … ek wou … som­mer ’n grap­pie maak.”

Sy gryp sy lig­te ha­re tus­sen haar vin­gers vas. Ruk daar­aan. Haar oë rek gro­ter en hy kyk ver­bou­e­reerd na die swart pu­pil­le; haar ge­sig is ei­en­aar­dig van woe­de ver­trek.

“Ei­na, jy maak my seer. Dit was net ’n grap!”

“Jy lieg dit, Oost­hui­zen! Jy lieg al­tyd vir my! Waar is hy? Hoe­kom is hy nie in die lap­pe nie? Hoe­kom wil jy my pop be­gra­we? My bes­te pop! Jou lieg­bek!”

O­sie vee oor sy mond. Die stof klou soos skerp kat­na­el­tjies aan sy tong. Hy sluk aan die vrees in sy keel. “Ek het Cas­per in die put ge­gooi. Dit was nie as­pris nie, rê­rig nie. Mis­kien was dit. Ek weet nie. Maar jy en al die an­der, laas keer, toe ons in die dorp die K­ris­mis­lied­jies moes gaan sing – jul­le het my som­mer net so laat staan!’

Sy kyk lank en deur­drin­gend na O­sie. Half uit die veld ge­slaan. Vra dan hy­gend: “Wat be­doel jy? Waar het ons jou laat staan?”

“Jy maak of jy ver­geet het. Die aand voor K­ris­mis. Ons het in die stra­te van huis tot huis ge­sing. Oom Pe­toors met die bak­kie by. En toe kom ons by doom­nie se huis. Ek het vir jul­le ge­sê doom­nie is nie daar nie, ons hoef nie te sing nie. Maar jy het som­mer le­lik met my ge­praat en al­mal be­veel om te sing. Ek het daar eenkant ge­staan, my bek ge­hou, ja. En toe die sin­ge­ry klaar was, het jul­le in die bak­kie ge­klim. Net voor ek kon in­klim, het jy op oom Pe­toors ge­skree om te ry. En jy het ge­lag! Jul­le het my al­leen daar ge­los. En ek moes kyk hoe die bak­kie se ag­ter­lig­te in die straat af ver­dwyn!’

“Oos, boe­tie, dit was mos maar net ’n grap!”

“Ja, su­re, ek kan dan mos ook ’n jo­ke met jou maak!’

“Maar dis my kat! Dis die dood van ’n ar­me dier!”

“En ek dan?” vra O­sie en skuif drei­gend na­der teen haar. “Wat van my? Is ek nie so cool soos ’n rond­lo­per­kat nie? Het ek nie ook fee­lings nie? Hel! Jy het my al­leen ge­los in die pik­don­ker­te! Daar was nie eens straat­lig­te nie. En jy en al­mal het ge­lag. Ter­wyl jul­le so weg­ry, het jul­le net ge­lag. Ek moes vier ki­lo­me­ter stap om weer by die huis te kom! Vier! Ie­mand kon my ver­moor het. Ek glo nie daai sie­le van jou kat­te word ge­red nie. Ek glo niks meer van jou nie … ek glo flip­pen niks van jou din­ge nie!”

Ems hoor nie meer wat hy sê nie. Die wind suis in haar kop. Sy strom­pel te­rug oor die vlak. Sy be­gin op­styg, sweef tus­sen dik stof­sui­le deur. Dit spoel haar oë vol. Dit brand.

Sag pre­wel sy: “Soos ’n hert in dor­re stre­ke.” Sy sweef ver­strin­geld deur die wit slier­ti­ge baard van die mid­dag­son. “Skreeu­end dors na die ge­not van die hel­der wa­ter­be­ke.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.