KIES ’n %2(.

Wil­lie Bur­ger kyk na die nu­we boe­ke van Mo­ha­le Mashi­go en Sue Ny­a­thi

Vrouekeur - - KEN JOU STORIE -

Mo­ha­le Mashi­go se bun­del kort­ver­ha­le, In­tru­ders, be­vat 12 kort­ver­ha­le wat nie so­seer oor in­drin­gers han­del nie, maar die ver­ha­le self is as ’t wa­re in­drin­gers. Die ver­ha­le is in­drin­gers in die sin dat hul­le ken­ne­lik fik­sie is, uit die ver­beel­ding­dings­wê­reld kom, en ons leef­wê­reld bin­ne­dring.

Baie van die ver­ha­le het ’n ge­voel van spro­kies en sluit by die tra­di­sie van dits­ho­mo of volks­ver­ha­le aan, maar dis volks­ver­ha­le wat ons teg­no­lo­gie­se wê­reld bin­ne­ge­dring het, wat as in­drin­gers uit ’n an­der era vreemd voor­kom, maar wat te­ge­lyk, soos dit met volks­ver­ha­le gaan, ook be­kend is.

In som­mi­ge ver­ha­le word her­in­ne­rin­ge, die ver­le­de, op ’n roe­ren­de ma­nier on­der­soek, soos in The Par­le­mo (ja, dit is hoe dit ge­spel is, nie Pa­ler­mo nie, want wie ont­hou al­les reg?), ’n klein ka­fee in die mid­del van die s­tad wat, vol­gens oor­le­we­ring, deur ’n ver­loop­te I­ta­li­aan­se krygs­ge­van­ge­ne ge­ves­tig is en waar­heen ou­er men­se steeds graag gaan, maar wat in­tus­sen van naam en ei­e­naar ver­an­der het en wat ook deur jong­men­se be­soek word. Die ka­fee is ’n soort “kluis” waar­in men­se se her­in­ne­rin­ge be­waar word en wan­neer mens din­ge ver­geet het, kan jy daar­heen te­rug­keer om her­in­ne­rings uit die kluis op te diep.

Mashi­go sluit by stads­le­gen­des van ons eie tyd en by ei­e­tyd­se ge­beur­te­nis­se aan. Die ver­ha­le is vol van die jong­ste mo­des en teg­no­lo­gie, maar ter­self­der­tyd is daar e­le­men­te van ’n ma­gie­se wê­reld van reu­se wat kin­ders wil eet en s­lim ma’s wat hul kin­ders pro­beer be­skerm. Die kon­sep van “ma­gie­se re­a­lis­me” kom on­wil­le­keu­rig by mens op, maar hier­die is nie die­self­de soort ma­gie­se re­a­lis­me as wat in Suid-a­me­ri­kaan­se fik­sie voor­kom nie. Dit is eg Suid-a­fri­kaans en ’n oor­spronk­li­ke en on­der­my­nen­de meng­sel van die be­ken­de en die on­be­ken­de.

Mashi­go het reeds in 2016 die Uj-de­buut­prys vir haar ro­man The Ye­ar­ning ge­wen

(in Ju­nie 2016 op dié blad be­spreek (https:// www.vrou­e­keur.co.za/funk­sie-ar­ti­kels/kie­sn-boek-the-ye­ar­ning). In daar­die ro­man het die in­vloed van die ver­le­de ook ’n be­lang­ri­ke rol ge­speel en sy is in som­mi­ge van hier­die kort­ver­ha­le weer met die ver­le­de ge­moeid. Sy stel eg­ter in die voor­woord ook dui­de­lik dat die ver­ha­le eint­lik oor die toe­koms gaan.

Die voor­woord dra die ti­tel: A­fro­fu­tu­rism: Ay­ashis’ A­ma­te­ki. “A­fro­fu­tu­rism” is ’n be­grip wat deur A­fri­ka-a­me­ri­ka­ners ge­bruik word om fik­sie te be­skryf waar­in hul­le as ’n uit­ge­slo­te min­der­heids­groep as tuis en toon­aan­ge­wend in ’n teg­no­lo­gies-ge­vor­der­de toe­koms uit­ge­beeld word (soos Black Pant­her). Mashi­go wil nie die be­grip oor­neem nie en re­de­neer dat dit on­van­pas in ons si­tu­a­sie is. Soos wat té klein tek­kies ’n mens se voe­te laat brand, so pas die A­me­ri­kaan­se be­grip nie pre­sies haar be­hoef­te en wat sy met haar ver­ha­le ten doel stel nie. Sy wil be­ken­de, nom­mer­pas tek­kies aan­trek, en dit be­hels ’n aan­slui­ting by haar be­ken­de wê­reld ten ein­de die toe­koms te ver­ken. Sy wil die rol van teg­no­lo­gie in die toe­koms ver­ken die moont­lik­heid dat teg­no­lo­gie slegs be­voor­reg­te men­se gaan baat en dat die mees­te uit­ge­sluit daar­van sal moet leef (soos Yu­val Ha­ra­ri ook in sy be­skou­ing van die vol­gen­de eeu be­weer in Ho­mo Deus

– be­spreek in Mei (https://www.vrou­e­keur. co.za/nuus-ver­maak/ho­mo-deus).

Mos­hi­go se ver­ha­le be­to­wer met hul spro­kies­ag­ti­ge ver­tel­wy­se, maar hul­le gee in­sig in ons leef­wy­se om­dat hul­le in die re­a­li­teit ge­an­ker is. Die ver­ha­le is on­der­soe­kend, ge­rig op moont­li­ke toe­koms­ti­ge ma­nie­re van be­staan, maar met se­ke­re waar­des en ’n eie i­den­ti­teit wat nie ver­lo­re durf raak nie, wat juis ’n sin­vol­le be­staan in ’n teg­no­lo­gies ge­vor­der­de wê­reld moont­lik maak. (Uit­ge­gee deur Pi­ca­dor)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.