Klok­kies vir jou tuin

Vrouekeur - - TUIN - P­hy­ge­li­us a­e­qua­lis P­hy­ge­li­us ca­pen­sis

Die Kaap­se fuch­sia (fok­sia of ri­vier­klok­kies) is lid van die P­hy­ge­li­us-fa­mi­lie en in­heems aan Suid-a­fri­ka. Hier­die blom­me sal jou tuin lek­ker le­we gee met daar­die sien­my-raak-kleu­re en sal boon­op van die mid­del van die len­te tot herfs­tyd blom.

Die naam is ef­fe mis­lei­dend, want hoe­wel Kaap­se fuch­si­as ook buis­vor­mi­ge blom­me­tjies het soos dié van die ge­wo­ne fuch­si­as, is hul­le bo­ta­nies nie aan me­kaar ver­want nie.

Daar is slegs twee spe­sies van P­hy­ge­li­us en dit is P. a­e­qua­lis en P. ca­pen­sis.

Die groot­ste ver­skil tus­sen die twee is dat P. ca­pen­sis blom­me het wat e­we­re­dig om die stam­me­tjie ge­spa­si­eer is ter­wyl P. a­e­qua­lis se blom­me na die een kant toe hang.

Oor die al­ge­meen is P. a­e­qua­lis die ge­wil­der een en ook die kor­ter een van die twee spe­sies.

Die plant is ge­woon­lik kor­ter as ’n me­ter. Dit is ’n prag­ti­ge, vin­nig­groei­en­de, im­mer­groen meer­ja­ri­ge met blom­ste­le wat trom­pet­vor­mi­ge rooi of geel blom­me dra en ’n lang blom­tyd het. Die blom­me kom na­tuur­lik van K­wa­zu­lu-na­tal tot Lim­po­po voor en word ge­woon­lik van klip­pe­ri­ge stroom­oe­wers tot oop bos­wê­reld en wou­de ge­vind. Dit maak hul­le juis i­de­aal om langs fon­tein­tjies of lo­pen­de water te plant.

Met sy gro­ter bla­re en dig­ter, meer kom­pak­te blom­ste­le as P. ca­pen­sis, is dit ’n or­na­men­te­le plant wat die oog vang. Dit is vir ge­meng­de rand­ak­kers ge­skik, maar lyk ver­al tref­fend in hang­mand­jies en groot pot­te om­dat die bes­te hoog­te om die plant werk­lik te waar­deer, op oog­hoog­te is.

P. ca­pen­sis is ’n lief­li­ke, we­li­ge, vin­nig­groei­en­de, im­mer­groen meer­ja­ri­ge plant met trom­pet­vor­mi­ge rooi of geel blom­me en ’n lang blom­tyd. Hier­die blom­me word in tros­sies aan die bo­punt van ste­wi­ge stam­me­tjies ge­dra. Dit kan nog­al ’n groot struik word, ver­al as dit teen ’n muur groei, goed ge­voed word en ge­reeld water kry. Dit kan dan hoog­tes van 1,8 m be­reik. Die blom­me wis­sel van li­go­ran­je tot don­ker­rooi.

Daar is heel­wat va­ri­ë­tei­te wat van hi­brie­de van die twee spe­sies ge­kweek word, en daar word ge­woon­lik as P. × rec­tus daar­na ver­wys.

Som­mi­ge hi­brie­de wat by ons kwe­ke­rye en tuin­sen­trums be­skik­baar is, is ‘Co­ral P­rin­cess’ (salm­kleu­ri­ge blom­me met ’n lig­geel keel), ‘Pur­ple P­rin­cess’ (dof­pienk tot pers blom­me), ‘S­now P­rin­cess’ (wit blom­me met ’n room­kleu­ri­ge keel) en ‘Yel­low So­ve­r­eign’ (lig­geel blom­me­tjies).

Om­dat hier­die plant om­trent hom­self ver­sorg, is dit ’n goeie plant vir be­gin­ner­tui­niers.

Hul­le is won­der­lik vir in­heem­se tui­ne om­dat hier­die fok­si­as ’n kleurin­spui­ting kan bied.

Plant dit in groot pot­te, maar ont­hou net om hul­le in warm, droë weer goed nat te lei.

Vind ’n plek vir jou plan­te in ’n son­ni­ge plek of ’n plek met lig­te ska­du. As hul­le te veel ska­du­wee kry, kan die plan­te ’n bie­tjie on­net word.

Hul­le vaar die bes­te in kom­pos­ver­ryk­te, vrug­ba­re grond wat vir die groot­ste ge­deel­te van die jaar vog­tig bly.

Gee van len­te tot herfs ’n ge­reel­de do­sis al­ge­me­ne tuin­mes­stof, ver­al dié wat ryk in ka­li­um is. Dit sal jou plan­te in die bes­te toe­stand hou en sal sorg dat jy ’n kon­stan­te ver­to­ning van prag­ti­ge blom­me het.

K­nip dooie blom­me af om meer blom­me aan te moe­dig en om die plan­te net­jies te hou.

Vo­ëls, ver­al sui­ker­bek­kies, en ver­skeie kruis­be­stui­wers soos skoen­lap­pers is mal oor die nek­tar­ry­ke blom­me.

Kaap­se fuch­si­as hou nie van die koue nie. As jou om­ge­wing dus tot ryp ge­neig is, gooi ruim molm in die win­ter oor om hul­le teen die koue te be­skerm. S­noei eers te­rug in die len­te – jy kan dan die hou­te­ri­ge stam­me om­trent half­pad of selfs tot op grond­vlak te­rug­sny.

P­hy­ge­li­us ver­sprei deur lo­te, so ver­wy­der hier­die as jy nie wil hê die plant moet te veel ver­sprei nie. Jy kan dit ook mak­lik ge­bruik om nu­we plan­te te kweek, gra­we dit net op en k­nip hul­le van die moe­der­plant af en her­plant dit in vrug­ba­re grond. Dis al­tyd ’n bo­nus om gra­tis plan­te te kry! Jy kan dit ook met steg­gies kweek.

In die mid­del­so­mer kan jy ge­son­de steg­gies in wor­tel­hor­mo­ne druk en dit be­hoort bin­ne drie we­ke wor­tel te skiet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.