’N VA­DER SE I­DEN­TI­TEIT

Was Fie­ter­ja­sie te­vre­de? Jy sal jou wat ver­beel! Hy het al­tyd kom­men­taar ge­had. En had die man­ne­tjie duur smaak! Net die bes­te was goed ge­noeg

Vrouekeur - - SÊ AMEN - Deur SOFIA SMIT

Faan­tjie Fie­ter­ja­sie was “’n wil­de loot”. Hy het ma­triek deur­ge­skraap na­dat sy en­kel­lo­pen­de ma, Ma­rie­tjie, haar vin­gers deur­ge­werk het om vir kos op die ta­fel te sorg. En het die buk­sie dit waar­deer? Moe­nie deur ’n ver­keer­de bril met ge­tin­te len­se na hom kyk nie. Al­les was van­self­spre­kend. Wan­neer hy tuis­kom, was daar al­tyd kos wat Ma­rie­tjie met haar ek­stra naald­werk­geld by­me­kaar kon skraap. Nie­mand het ooit ge­weet wie sy pa was nie.

Was Fie­ter­ja­sie te­vre­de? Jy sal jou wat ver­beel! Hy het al­tyd kom­men­taar ge­had. En had die man­ne­tjie duur smaak! Net die bes­te was goed ge­noeg. Hy het die een of an­der re­ke­naar­spe­le­tjie ont­werp waar­mee hy goed geld ver­dien het, en op daar­die ma­nier kon hy da­rem vir hom­self luuk­ses koop. Let wel: nie nood­saak­lik­he­de soos skeer­goed en reuk­weer­der nie. Al­les wat hy nié no­dig ge­had het nie.

Toe ge­beur die on­af­wend­ba­re. Hy kry ’n mei­sie, Cyn­thia. Maar sy het die stil­stui­pe ge­had. Praat nooit ’n woord nie. En as sy praat, was dit ’n on­der­lang­se ge­mom­pel. Wan­neer sy by Ma­rie­tjie kom eet, het sy soms die bord te­rug­ge­stoot en ka­mer toe ver­kas – nie ’n woord ge­sê nie. As ie­mand waag om te vra wat fout is, het sy bin­nens­monds ge­fluis­ter: “Ek eet nie vis nie.” Waar­na die lie­we tan­nie Ma­rie­tjie vir haar so­waar hoender gaar­maak! Mens kry nog goeie men­se.

Cyn­thia, die stil­le, het Faan­tjie aan­ge­hits om ’n sweef­tuig te koop. Nie­mand hier kan ’n sweef­tuig be­kos­tig nie, maar met die geld wat hy ver­dien het, en met sy kon­tak­te, kon Faan­tjie een aan­skaf. “Ek’s mal oor jou hang g­li­der,” was die mees­te woor­de wat ek Cyn­thia ooit hoor sê het. Maar sweef­tuie het die ma­nier om men­se se koe­ra­sie, hu­meu­re en mae on­der­ste­bo te seil.

So ver­jaar Ma­rie­tjie gis­ter en ek maak die fout om vir Faan­tjie te sê: “Fie­ter­ja­sie, jy kan jou ma ge­rus op haar ver­jaar­dag ver­ras.”

“Waar­mee, Tan­nie?” as­of ek hom ge­vra het hoe om pie­ter­sie­le op Plu­to te plant.

“Ek weet nie. Sy doen baie vir jou. Ver­ras haar!” Want ek weet toe sy gaan vir hom ’n spe­si­a­le mid­dag­e­te bui­te maak wat ver­on­der­stel is om ’n ver­ras­sing te wees.

Wat ek nie ge­weet het nie, was dat Fie­ter­ja­sie daar­die dag soos ’n waf­fer­se Su­per­man met sy sweef­tuig ag­ter in Ma­rie­tjie se groot erf aan die bui­te­kant van die dorp wou land en skree: “Sur­pri­se!” Na­tuur­lik was stil­stui­pe-cyn­thia nie in sig toe tan­nie Ma­rie­tjie moes be­gin kos­maak nie. Sy sit net aan en ver­dwyn dan dik­mond in ’n ka­mer as sy nie van die kos hou nie.

So nooi tan­nie Ma­rie­tjie en­ke­le dor­pe­naars, waar­on­der die uwe, om te kom eet. Ek trek my vro­li­ke blom­nom­mer­tjie aan en sit af na Pa­pa­wer­straat 89a, wel we­ten­de wat wag. So maak Ma­rie­tjie ’n voor­slage­te, on­der­steun deur ou­ma Ma­lie se soet­ge­bak, tant Lie­lie se spe­si­a­le koek­struif en me­vrou Ban­ner­man se I­ta­li­aan­se ge­reg­te. Fan­jan laat weet hy sal la­ter “in­val”.

Ons sit nog so lek­ker na die Ka­rook­op­pies en kyk, toe Ma­rie­tjie be­duie dat ’n reu­se­vo­ël van­af een van die kop­pies aan­ge­vlieg kom en reguit op pad is hier­na­toe. Ek kom o­rent en sien toe dis Fa­nie met sy spog­ge­ri­ge sweef­tuig op pad om ’n sen­sa­si­o­ne­le lan­ding ag­ter in sy ma se groot erf te doen met sy Su­per­man-uit­rus­ting aan en ’n man­tel wat wild ag­ter hom aan­waai.

Die dorp het hul­le in ’n an­der dis­trik in ge­skrik. Ger­tjie het ge­dink die en­gel Ga­bri­ël het hul­le kom waar­sku dat die laas­te der dae aan­ge­breek het, Tie­nie dag dis ’n pre­his­to­rie­se vo­ël wat uit ’n grot ont­snap het en neem net sel­foon­fo­to’s en El­ma­rie pre­wel dat ’n klein vlieg­tui­gie op die dorp gaan neer­stort of dat Do­nald Trump ons in­ge­val het. Kon­ster­na­sie het ge­heers!

Toe steek ’n wind­jie op. Fa­nie het goed ge­mik, maar die wes­te­wind­jie het hom van koers af ge­dwing so­dat hy nie sy draai be­hoor­lik kon maak nie en ka­doef! land hy in die mid­del van die swaar­ge­laai­de ta­fel. Jy sien net kos waai.

Dis toe Faan­tjie met ’n spag­het­ti-ge­vul­de ge­sig o­rent­kom dat sy ma sê: “Haai, ek sien nou eers, hy lyk nes sy pa!” voor­dat die ta­fel da­we­rend in­me­kaar­stort.

En so het ons uit­ge­vind: sy pa was al die tyd die des­tyd­se I­ta­li­aan­se sjef wat so ’n uit­land­se re­stau­rant op ons dorp be­gin het ...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.