14 jaar kan baie lank of baie kort wees

Vrouekeur - - REDAKTEURSBRIEF -

El­ke jaar dié tyd sê ons: “Kan jy glo dis al De­sem­ber? Die jaar het ge­vlieg!” Kers­ver­sie­rings is o­ral te sien, Jingle Bells speel luid in win­kels en ons werk teen die tem­po van wit lig om als klaar te kry voor die kan­toor vir ’n kort va­kan­sie sluit.

Wê­reld­wyd, maar ook op per­soon­li­ke vlak, was 2018 ge­wis nie ’n ge­lyk­ma­ti­ge jaar nie. As ek ’n gra­fiek van die jaar se ge­beu­re moes trek, sou die lyn nie ef­fen­se op- en af­waart­se ly­ne toon nie, want 2018 se mer­kers het nie in ’n reg­uit lyn ge­loop nie. Die jaar was in­der­daad ge­beur­te­nis­vol.

Na­ta­sha en Dané, twee van ons ge­lief­de kol­le­gas, het hier­die jaar ge­trou en ons het hul lief­li­ke fo­to’s op hier­die blad ge­deel.

As jy vir my ver­le­de jaar hier­die tyd ge­sê het daar gaan ’n der­de troue in die Vk-span wees, het ek ge­sê die kan­se is skraal. Dié sto­rie be­gin so ...

Ja­re ge­le­de, as kind in die Son­dag­skool­klas het die sto­rie van Lea en Ra­gel, La­ban se twee dog­ters, vir my geen sin ge­maak nie. In die He­breeu­se By­bel, die To­ra, en die Ou Te­sta­ment in die Chris­te­li­ke By­bel, is die sto­rie die­self­de. La­ban se dog­ter Ra­gel word aan Ja­kob as bruid be­loof, sou hy se­we jaar vir haar (maar eint­lik vir La­ban) werk. La­ban be­raam ’n skelm plan en Ja­kob trou toe al die tyd met Lea son­der dat hy dit weet, want hy het haar nie ag­ter haar slui­er her­ken nie. Tot Ja­kob se on­stel­te­nis moet hy ’n ver­de­re se­we jaar vir Ra­gel werk om ook met haar te kon trou.

Dié sto­rie het my op baie vlak­ke ge­pla: 1 Hoe kies ’n pa vir ’n dog­ter ’n man? (Jy moet mos self kies met wie jy wil trou.) 2 Hoe­kom moet ’n mens vir die pa werk om met die dog­ter te trou? (In my gees­tes­oog het ek ge­sien hoe die ar­me Ja­kob vir 14 jaar lank swoeg en sweet. Ek het ge­dog hy mag nie eens vir Ra­gel in dié tyd ge­sien het nie.) 3

Hoe kon Ja­kob nie deur die slui­er sien dis Lea nie? (In my kop was die slui­er ’n deur­sig­ti­ge wit slui­er soos ’n mo­der­ne We­ster­se bruid sou dra en ek het geen i­dee ge­had dat vroue be­hoor­lik be­slui­er was nie – soos se­ke­re Mos­lem­vroue van­dag nog be­dek is.) 4

Hoe kon ’n mens twee vroue te­ge­ly­ker­tyd hê? (Gits, eg­skei­ding was dan ’n ta­boe daai tyd. Men­se is uit pos­te ge­skors as hul­le ge­skei en weer ge­trou het – laat staan twee vroue te­ge­ly­ker­tyd!) 5 As ’n mens se­we jaar moet werk om te trou en dan om die bos ge­lei word en dan weer se­we jaar moet werk om met die vrou van jou dro­me te trou, is jy stok­oud teen die tyd wat die 14 jaar ver­by is. ’n Jaar in ’n kind se le­we is lan­ger as in ’n groot­mens se le­we.

Wat ons nie in die Son­dag­skool­klas ge­leer het nie, is dat hier­die sto­rie nie sin ge­maak het nie om­dat ons nie die kul­tuur­ge­skie­de­nis daar­mee saam ge­leer het nie. Ons wê­reld as kin­ders was vir ons die e­nig­ste wê­reld en dié sto­rie het nie daar­in ge­pas nie. Dis ’n de­bat vir ’n an­der keer.

Wat het hier­die sto­rie met my sto­rie te doen?

Een van die ge­beur­te­nis­se in 2018 in my per­soon­li­ke le­we, is dat ek toe die der­de Vk-span­lid is wat dié jaar ge­troud is. Op 7 No­vem­ber van­jaar het ek en my ge­lief­de be­sluit om ons lief­de van die af­ge­lo­pe 14 jaar (dit het ver­by­ge­vlieg!) amp­te­lik te maak. An­ders as Ja­kob, het Jo­han­nes ge­weet met wie hy trou, het ons me­kaar ge­kies en werk ons saam aan ’n lief­des­ver­hou­ding wat ons koes­ter, en ons is glad nie oud nie.

Ek en my ge­lief­de Jo­han­nes Vor­ster saam met vl­nr: Da­vid Hugo Ja­cobs en sy vrou, Lou­isa Lee, U­ni­ce Vor­ster, Ja­na Ja­cobs en haar man, Mar­co Mi­nie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.