Kyk­ge­not

Vrouekeur - - REDAKTEURSBRIEF -

Met San­dra Bul­lock en

Ca­te Blan­chett

Re­gis­seur Ga­ry Ross

KOMEDIE

Hier­die is so ’n reg­te Kers­fees­fliek om uit­ge­ra­fel­de Kers­se­nu­wees te laat ont­span! ’n Groep blink, slim vroue, wat ge­frus­treerd raak om­dat mans kwan­suis al­tyd ge­waag­de roof­tog­te uit­voer, pro­beer kos­ba­re ju­we­le by die New York Met Ga­la steel. Al­les loop ver­keerd, maar hul ver­me­tel­heid voer die bo­toon. Dan volg ’n kin­kel in die ka­bel en gou stort al­les da­we­rend in­me­kaar. Ver­ge­sog, maar snaaks en vol tin­te­len­de komedie en kwink­slae. Dit is ver­al die ver­skei­den­heid vroue (en die­we!) wat die draai­boek­skry­wer (’n vrou) uit­ge­dink het wat jou sal laat lê soos jy lag ter­wyl jy na­els byt. (War­ner Bros)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.