DIE TYD TUSSEN JOU GEBOORTEEN STERFDATUM

Vrouekeur - - REDAKTEURSBRIEF -

En hier is ons by­kans aan die ein­de van die jaar. Ons sê el­ke jaar die­self­de: S­joe, die jaar het vin­nig ver­by­ge­gaan. Dis nie al­te­mit nie – dit voel in­der­daad hoe ou­er ’n mens raak hoe vin­ni­ger gaan die tyd ver­by.

Ek was gis­ter nog 30 en oor twee jaar is ek 60! Hoe het dit ge­beur?

Ty­dens my on­lang­se be­soek aan In­dië (’n er­va­ring waar­oor ek nog in de­tail sal skryf) het ek een mid­dag in ’n be­graaf­plaas by ’n klein Rooms-ka­to­lie­ke ker­kie ge­loop.

In In­dië is daar ver­skeie ge­lo­we wat men­se sin aan die le­we gee. Die meer­der­heid men­se is Hin­does, maar

Islam, Boed­dhis­me, Sik­his­me, D­jai­nis­me en Chris­ten­skap is ook deel van dié wê­reld.

Hoe­wel o­pen­ba­re ver­as­sing die norm in In­dië is, kry jy ook be­graaf­pla­se waar Chris­te­ne ter rus­te ge­lê word.

’n Be­graaf­plaas gee my ’n rus­tig­heid as ek tussen die graf­ste­ne loop en kyk wie se sto­ries klaar ge­skryf is, maar dit maak my ook van my eie sterf­lik­heid be­wus.

Die ou­er men­se se ge­boor­te- en sterf­da­tums wat op die graf­ste­ne aan­ge­dui is, se sto­ries was lan­ger as die kin­ders s’n, en dis nie vir my ont­stel­lend nie.

As ek eg­ter sien dat ie­mand se le­we as kind of jong­mens kort­ge­knip is, maak dit my hart­seer.

Soos dié klein men­sie wie se le­we op 19 Sep­tem­ber 2002 be­gin het en op 20 Fe­bru­a­rie 2016 be­ëin­dig is. Of dié jong­man wat op 19 ge­sterf het. Ons al­mal ken ie­mand, of weet van men­se wat hier­die jaar ge­sterf het.

As daar een ding is waar­van ons se­ker kan wees, is dit die dood. Maak nie saak wat ons ge­loof of on­ge­loof is nie.

Die stre­pie tussen ’n mens se geboorteen sterfdatum op ’n graf­steen of die “tot” tussen die twee da­tums is kort, kor­ter as die da­tums en is sim­bo­lies van hoe kort ’n mens se le­we is.

In­dië en Ma­hat­ma Gand­hi is on­los­maak­lik deel van me­kaar. Dit was aan­doen­lik om dié ne­de­ri­ge mens se laas­te bly­plek te be­soek en te sien waar hy ge­loop het voor hy ge­skiet is en sy sto­rie tot ’n ein­de ge­kom het.

Ty­dens my wan­de­ling deur die tuin waar Gand­hi ge­loop het, het ek van sy le­wens­wys­he­de raak­ge­lees. Dis u­ni­ver­se­le mer­kers vir die kom­pas van jou le­we, maak nie saak aan wat­ter ge­loof jy be­hoort of nie be­hoort nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.